
Dolf van Niekerk, bekroonde filosoof, digter en dramaturg, is op Oujaarsdag in die ouderdom van 93 oorlede. As huldeblyk saai kykNET op Sondag 8 Januarie 20:30 ’n Stroom Op-episode uit wat handel oor sy lewe en die bydrae wat hy tot die Suid-Afrikaanse literêre wêreld gelewer het.
In die dokumentêre reeks Stroom Op word daar gekyk na mense wat oor die jare heen hul eie pad beginselvas en vreesloos geloop het. Die regisseur was Jan Horn en die toesigvervaardiger was Marida Swanepoel.
“Ons wys graag vir kykers ’n kosbare kort dokumentêr oor Van Niekerk uit ons argiewe, wat in 2013 reeds vervaardig is. Dit is belangrik om diegene wat ons taal en letterkunde en denke help vorm het, te huldig,” sê Waldimar Pelser, M-Net Direkteur vir kykNET-kanale.


Kommentaar
Dolf van Niekerk was 'n uitmuntende skrywer en digter. Sy Gannavlei het my as matriekleerling geboei. Hoe kan ek ooit vir Duif vergeet? Ek was bevoorreg om hom as mens te leer ken. Nederig, opreg en iemand met onkreukbare integriteit. Hierdie begaafde man sal voortleef in Afrikaans se geheue. Ek eer sy nagedagtenis en menswees. Opregte simpatie met sy geliefdes.