LitNet en hoofvennoot Suidoosterfees se Stemme-projek wen Blou Fiësta!

  • 0

Stemme, LitNet se monoloogprojek wat in samewerking met die Suidoosterfees (hoofvennoot), KKNK en NATi aangebied is, het die Blou Fiësta by die kykNET Fiësta-toekennings gewen.

Melt Myburgh, wat die projek namens LitNet bestuur het, het die toekenning in ontvangs geneem.

Hierdie geleentheid het op 9 Maart 2023 by die Waterfront in Kaapstad plaasgevind.

Die Blou Fiësta word jaarliks toegeken vir verdienstelike werk wat nie in een van die ander kategorieë val nie.

Vir hierdie monoloogprojek is 15 gevestigde en opkomende dramaturge genader om kort, kragtige monoloë in Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu en Sotho te skryf. Die monoloë is deur bekende Suid-Afrikaanse akteurs opgevoer, deur die Suidoosterfees verfilm en op LitNet vrygestel in video- en teksvorm.

Waldimar Pelser van die kykNET-kanale oorhandig die toekenning aan Melt Myburgh, wat die projek namens LitNet bestuur het. In die middel staan Jana Hattingh, uitvoerende hoof van die Suidoosterfees. (Foto: Menán van Heerden)

Melt Myburgh en Jana Hattingh (Foto: Menán van Heerden)

Melt Myburgh met die Blou Fiësta (Foto: Menán van Heerden)

Gys Loubser, Stemme se kameraman en redigeerder, en Melt Myburgh (Foto: Menán van Heerden)

Menán van Heerden en Melt Myburgh van LitNet (Foto: Gys Loubser)

Kyk en lees ook:

Persverklaring: Die wenners van die 13de kykNET Fiëstas

Stemme | Voices | Amazwi

Stemme: LitNet se monoloogprojek met Suidoosterfees, KKNK en NATi

Stemme

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top