kykNET Portaal

Commendatio: kykNET-Rapport Herman Binge-filmprys 2024

Beer Adriaanse Boeke en skrywers 2024-09-21

"Vuurvoël benut ’n verskeidenheid groot temas, maar waar dit werklik uitstyg, is in die aanwending van ’n deurweekte en skalkse humorsin wat, soos met enige chemiese verbinding, in baie presiese mates bygevoeg moet word om te werk. Dit is die soort materiaal waaroor ’n filmmaker droom."

Commendatio: Jan Rabie-Rapportprys 2024

Francois Smith Boeke en skrywers 2024-09-21

"Dit is nogal seldsaam dat ’n wildvreemde nuweling op die literêre toneel met soveel beheer en trefsekerheid skryf."

Commendatio: kykNET-Rapportprys vir niefiksie 2024

Lindie Koorts Boeke en skrywers 2024-09-21

"Die binneland in is ’n Nissan 1400-bakkie van ’n boek: klein, onopgesmuk, ’n bekende en betroubare werkesel, maar sy eenvoud is bedrieglik."

Commendatio’s: kykNET-Rapportpryse vir Boekresensent van die Jaar 2024

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2024-09-21

"Nathan Trantraal se bespreking van Vlug van ’n vreemdeling, Bester Meyer se omdigtings van Magmoed Darwiesj se gedigte in Afrikaans, is ’n lig waarby die boek gelees kan word. [...] Lindie Koorts se resensie van Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk is kragtig, weldeurdag, diepgaande en oorspronklik."

Aardklop 2024: Magda Louw – ’n les in kletterkunde: ’n onderhoud met Desiré Gardner

Yolanda du Toit, Desiré Manthey Gardner Aardklop 2024-09-13

"Die kykNET-storiefilm, en toe uiteindelik die reeks, hou vir seker die karakter konstant aan die lewe, want ek is óf besig om te skryf, óf besig met voorbereiding vir skiet; of ek is besig om dit uiteindelik te ontleed op die kassie. So dit voel amper of Magda heeltyd so half lewe in my agtergrond, hetsy preproduksie, huidig, of postproduksie. En daar is min dinge so lekker soos dit."

Skermgreep: kykNET Silwerskermfees 2024 – ’n blik op die pas afgelope fees

Leon van Nierop kykNET Portaal 2024-09-12

"Tevore is versigtig met die nuwe vryheid omgegaan. Maar vanjaar het daar ’n uitbundigheid en manhaftigheid (vrouhartigheid!) geheers waar die meeste produkte stylvol en verantwoordelik afgerond is, maar altyd gedissiplineerd met respek vir die filmmedium."

Persverklaring en uitnodiging: Voorleggings ingewag vir die 2025 kykNET-Rapport Boekpryse

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-09

Uitgewers word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die 2025 kykNET-Rapport Boekpryse. Let wel: Vanjaar se spertyd vir ontvangs van boeke is vervroeg na 30 Oktober 2024 om beoordelaars meer leestyd te gun. Boeke wat na hierdie datum verskyn, moet teen 3 Januarie 2025 die sameroeper bereik.

Persverklaring: Kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-resensiepryse bekend

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-05

Die kortlyste vir dié pryse, waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2023 verskyn het, is pas bekend gemaak. Nagenoeg 100 resensies wat op ’n verskeidenheid platforms verskyn het, is vanjaar ingeskryf.

Glans en glorie op 12de kykNET Silwerskermfees

Maryke Roberts kykNET Portaal 2024-09-03

"Dit kan nie méér glansryk as die Silwerskermfees nie. Die uitsig oor die see aan die voorkant van The Bay Hotel in Kampsbaai, die berg in die agtergrond, wiegende palmbome en die room van die land se fliek- en filmmakers wat vanjaar vir die 12de fees daar gekuier het. Die fees het Saterdag ’n hoogtepunt bereik, toe die land se wenners in televisie en film met die pragtige kristal-rolprentkamera-trofeë vereer is." 

Persverklaring: Suid-Afrika se ryke oes aan talent skitter by kykNET Silwerskermtoekennings vir film en TV

LitNet kykNET Portaal 2024-09-02

Vanjaar is die gesogte Silwerskermbeeldjies weer uitgedeel aan akteurs, aanbieders en persoonlikhede wat tussen 1 April 2023 en 31 Maart 2024 vir uitmuntende vermaak op die kykNET-kanale gesorg het.

Persverklaring – Silwerskermfees TV nominasies: die beste reaksies

LitNet kykNET Portaal 2024-08-28
Die Afrikaanse filmbedryf kom hierdie Saterdag, 31 Augustus 2024, in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum byeen om die 12de kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV te vier. Dié glansgeleentheid sal die volgende aand, Sondag, 1 September 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word. Met Vrouemaand wat afsluit, het Cindy Swanepoel, Melissa Myburgh, Mienke Ehlers, Beáta Bena Green, Marion Holm, Marguerite van Eeden en Llandi Beeslaar oor hul benoemings gesels.

kykNET Silwerskermfees 2024: ’n tweetalige onderhoud met Quanita Adams, skrywer-regisseur van Hier.Na

Naomi Meyer, Quanita Adams kykNET Portaal 2024-08-28

"It is never entirely one's own movie. It's such a collaborative process to make it. And maybe because I am an actor first, I am so accustomed to having things be fluid, and change, that I loved the way the story evolved when people – crew, or cast – brought their own contributions. It's magic. Alchemy."

kykNET Silwerskermfees 2024: ’n onderhoud met Zelda Bezuidenhout, skrywer van Die dekonstruksie van Retta Blom

Naomi Meyer, Zelda Bezuidenhout kykNET Portaal 2024-08-21

"’n Storie op die silwerskerm bereik ’n mark wat die boek nie noodwendig sal bereik nie. Die feit dat al hoe minder mense boeke lees, is hartseer maar waar. En daar is stories wat eenvoudig met daardie wyer mark resoneer. Ek dink Die dekonstruksie van Retta Blom is so ’n verhaal."

Persverklaring: Lewensbydrae-toekennings vir drie legendes by Silwerskermfees

LitNet kykNET Portaal 2024-08-14

Twee het naam gemaak voor die kamera en die ander agter die skerms en vanjaar word hierdie TV-legendes by die Silwerskermfees vir hulle lewensbydrae vereer. Hans Strydom van Binnelanders, Denise Newman van Suidooster en die vervaardiger Roberta Durrant word tydens die Silwerskermtoekennigs vereer.

Persverklaring – Een keer om die son: Die musiek agter die emosie

LitNet kykNET Portaal 2024-07-23

Die klankbaan van ’n TV-reeks of fliek is een van die belangrike elemente om nie net die storie oor te dra nie, maar die emosie in tonele ektra oemf te gee. Toe Ivan Botha en Donnalee Roberts iemand gesoek het om die musiek vir Een keer om die son te doen, het die vervaardiger hulle van die talentvolle Almero Welgemoed vertel. 

Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig: Selah | Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight: Selah

LitNet kykNET Portaal 2024-07-19

Die veelbekroonde regisseur en vervaardiger, Brett Michael Innes (Sink, Fiela se kind), bring met Selah ’n ingetoë, ontstellende verkenning van postnatale depressie (PND) na die Silwerskermfees. Brett het meer van die kortprent vertel. | From the award-winning director and producer, Brett Michael Innes (Sink, Fiela se kind), comes Selah, a contained and disturbing exploration of postnatal depression (PND). Brett shared more about the film.

Persverklaring: Een keer om die son se talentvolle jongspan

LitNet kykNET Portaal 2024-07-16

Een keer om die son spog met heelwat jonger akteurs – sommige het reeds hulle merk gemaak, ander is besig om stadig maar seker bekendheid te verwerf. Een keer om die son wys op Dinsdagaande om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.

Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig: In die verloop van | Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight: In die verloop van

LitNet kykNET Portaal 2024-07-15

’n Groot verlies en die impak daarvan op twee mense se verhouding, is die spilpunt waarom Emma Kotze en Philip Rademeyer se kortfliek, In die verloop van, wentel. Hulle het ’n paar vrae oor die fliek beantwoord. | The impact of a terrible loss on the relationship between two people is the theme of In die verloop van, a short film by Emma Kotze and Philip Rademeyer. They answered some questions about the film.

Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig: O, Griet! Sy’s droog | Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight: O, Griet! Sy’s droog

LitNet kykNET Portaal 2024-07-10

Zandélle Meyer en Anje Barkhuizen, die regisseurs, gesels oor die kunswerke wat die karakters geïnspireer het, en die emosie wat kuns kan ontlok. | Zandélle Meyer and Anje Barkhuizen, the directors, talk about the artworks that inspired the characters, and how art can stir emotions.

Persverklaring: Een keer om die son ‒ Familiebande op én van die skerm

LitNet kykNET Portaal 2024-07-09

In vanaand se episode, episode 3 van die reeks van 12 episodes, is dit Maartmaand en word Markus (Liam Bosman) se 18de verjaardag gevier en Ruan (Jacques Bessenger) gaan terug werk toe. Amé (Donnalee Roberts) krap in Lani (Jana Kruger) se verlede en besef Joshua (Ludwig Binge) steek vir haar iets weg. Lani en Markus se ouers, Elma (Joanie Combrink) en Sebastian (Albert Maritz), se huwelik is steeds in die weegskaal al weet Sebastian glad nie hoekom nie. 

Top