kykNET Portaal

Niggies op kykNET: ’n resensie

Maryke Roberts kykNET Portaal 2025-03-25

"Ek is trots op hierdie wenproduksie en glo dit doen pionierswerk in hierdie genre in Suid-Afrika en dít boonop in Afrikaans."

Reënboogrant op TV: ’n onderhoud met Paul Strydom

Naomi Meyer, Paul Strydom TV 2025-03-12

"Dis ’n reeks, dis vermaak, maar dis ook kuns. Dit wys vir mense ’n spieël. Die meeste reekse help ons om te escape. Die ouers wat dit kyk, sal wel agterkom: die tieners in slegte situasies het nie altyd beheer oor hulle omstandighede nie. Hulle wil graag die regte ding doen."

Blou Fiësta-toekenning vir die Suidoosterfees se 21-projek: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jana Hattingh Suidoosterfees 2025-03-05

"Vir die 21ste Suidoosterfees in 2024 het ons ’n projek saamgestel waarmee ons werk vir kunstenaars en teaterwerkers in ’n verskeidenheid genres kon skep en wat bekostigbaar vir gehore is. Dié 21 produksies van 21 minute teen ’n kaartjieprys van R21 het genres soos teater, komedie, dans, musiek en kabaret ingesluit."

Niggies: Die waremisdaadreeks is ’n eerste vir kykNET

Maryke Roberts, Saartjie Botha, Philip Rademeyer TV 2025-03-03

"Dis nie net kykNET se eerste waremisdaadreeks in Afrikaans nie, maar ook die eerste maal dat daar ná elke twee episodes ’n potgooi gemaak word, waar Kabous Meiring met akteurs, vervaardigers en ander kundiges gesels oor die reeks." Maryke Roberts het met Saartjie Botha en Philip Rademeyer gesels oor hul reis as draaiboekskrywers vir Niggies, wat in Maart op kykNET debuteer.

Persverklaring: kykNET Fiëstas 2025 – hier is die wenners!

LitNet kykNET Portaal 2025-02-28

Die wenners van vanjaar se Fiëstas is op 27 Februarie by ’n glansryke toekenningsgeleentheid in die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad bekendgemaak. Hier is die wenners!

Persverklaring: Hier is die lokprent én res van die rolverdeling van Niggies

LitNet kykNET Portaal 2025-02-25

Van die bekendste name in teater, film en TV in Suid-Afrika is deel van die rolverdeling van Niggies, die nuwe dramareeks wat op 25 Maart op kykNET (DStv-kanaal 144) begin. Niggies is gegrond op ware gebeurtenisse en vertel die verhaal van die twee twaalfjarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, wat in 1965 in die rustige dorpie Odendaalsrus in die Vrystaat ontvoer en vermoor word. Issie se broer, André, sweer daarna om alles in die stryd te werp om die skuldige aan die pen te laat ry, maar dit sou hom byna 20 jaar kos.

Persverklaring: Oudtshoorn skitter met kykNET Fiësta-benoemings

LitNet kykNET Portaal 2025-02-05

Die swartmerrie, ’n plekspesifieke drama deur die KKNK se Karoo Kaarte-span, is vir drie kykNET Fiësta-pryse benoem.

Persverklaring: kykNET-kanale – Februarie-hoogtepunte

LitNet kykNET Portaal 2025-01-31

Splinternuwe seisoene van Kokkedoor: Vuur en vlam en Kyk wie praat is maar net twee van die hoogtepunte op Februarie se skedule.

Persverklaring: Fiëstas 2025 – hier is die benoemdes

LitNet kykNET Portaal 2025-01-23

Die Fiëstas-paneel het in 2024 sewe kunstefeeste – KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Klein-Karoo Klassique, Momentum Beleggings Aardklop en Toyota Stellenbosch Woordfees – bygewoon om al die debuutproduksies te sien wat op die planke gebring is. Die benoemdes vir die kykNET Fiëstas vir die feesjaar van 2024 is nou bekend.

Rugby of niks: Interskole kraai koning in die Boland en op jou TV

Annette Havenga kykNET Portaal 2025-01-02

"Die agt episodes verken onder meer wat dit verg om vir die eerste span van Gimmies of Boishaai uit te draf, wat daardie trui vir die seuns beteken, en waar geloof en toewyding inpas."

Hier.Na op DStv Box Office: ’n onderhoud met Trudy van Rooy

Naomi Meyer, Trudy van Rooy kykNET Portaal 2024-12-18

"But ultimately what helped me uncover Fairuz and all my characters in general, was working to discover our shared humanity." Trudy van Rooy gesels met Naomi Meyer oor haar rol in die kykNET Silwerskermfees-film Hier.Na, wat vanaf 16 Desember 2024 op DStv BoxOffice vir stroming beskikbaar is.

Persverklaring: kykNET vier 25 jaar van wêreldklas – in Afrikaans

LitNet kykNET Portaal 2024-11-26

Dit het soos soveel suksesverhale klein begin, maar die droom was groot: begin ’n TV-kanaal in Afrikaans vir almal wat die taal praat. Meer nog – skep inhoud in Afrikaans wat kan meeding met die beste in die wêreld, ontdek nuwe talent voor en agter die skerms en gee vir kykers die beste moontlike kykstof.

25 minute met Waldimar Pelser oor ’n kwarteeu van kykNET

Bibi Slippers, Waldimar Pelser kykNET Portaal 2024-11-26

"Op 15 November 1999 was kykNET ’n blinknuwe Afrikaanse kanaal wat vir die eerste maal sy gesig op TV gewys en sy stem op TV laat hoor het. Nou, 25 jaar later, gesels Waldimar Pelser, die kanaaldirekteur van M-Net se premiumkanale (wat kykNET insluit) met Bibi Slippers oor die afgelope kwarteeu se gehaltevermaak, en wat (moontlik) in kykNET se komende kwarteeu voorlê."

Persverklaring: Wie word ’n miljoenêr? en die miljoenrandvraag

LitNet kykNET Portaal 2024-11-21

Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. 

Persverklaring: Formidabele vroue: Huldeblyk aan Martie Retief Meiring – 12 Oktober om 21:00 op kykNET

LitNet kykNET Portaal 2024-10-11

Sy was ’n baanbreker en kampvegter. ’n Joernalis wat veral vir ander vrouejoernaliste die pad oopgemaak het. ’n Brugbouer, kultuurskat en iemand wat met dieselfde aandag kon praat met ’n akademikus as ’n student. In kort: Martie Retief Meiring was ’n formidabele vrou. Op 12 Oktober, ook die dag van haar begrafnisdiens in Stellenbosch, saai kykNET die program Formidabele vroue: Martie Retief Meiring om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit, met ’n herhaling om 15:30 op Sondag 13 Oktober.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Vergeet van my (en moenie vergeet van gratis of goedkoop vertonings nie)

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-02

"Dit kan die beeldmateriaal wees wat slim bymekaargevoeg is, of Beer se teks – wat gestroop is van onnodige woorde, en wat net die nodigste vertel of impliseer – wat hierdie film die moeite werd maak om te gaan kyk."

Marie se laaste dag by Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n kort resensie van ’n kortfilm

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-30

"Hoe moeilik om ’n komedie te laat slaag in ’n land met soveel sensitiwiteite vir mekaar. Hoe vars en eerlik en bitter ongemaklik-snaaks is hierdie kleinverhaal. Mens kan dit ook gaan kyk net ter wille van Mandri Sutherland se hoofrolvertolking."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud oor Marie se laaste dag

Naomi Meyer, Mercy Kannemeyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-23

"Met moontlik sensitiewe materiaal, al is dit ’n komedie, sal ek ook nooit doelbewus skok nie. Die skokfaktor is oud en goedkoop. Daar’s slimmer maniere om stories te vertel."

Persverklaring: kykNET-Rapport-boekpryse 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-21

Die kykNET-Rapport-boekpryse, wat altesaam R1 miljoen bedra, is op Saterdagaand 21 September 2024 in Kaapstad oorhandig. Met dié pryse word jaarliks erkenning gegee aan uitnemende Afrikaanse boeke en resensies wat die vorige kalenderjaar verskyn het. Hier is al die wenners!

Commendatio: kykNET-Rapportprys vir fiksie 2024

Ryan Pedro Boeke en skrywers 2024-09-21

"Die mooiste oomblikke in die boek sleur mee, en die hartverskeurendstes sny regdeur die been, tot by die murg."

Top