kykNET Portaal

Persverklaring: Wie word ’n miljoenêr?-wenner is hittete ’n miljoen rand kwyt

LitNet TV 2023-07-05

In Woensdagaand se uitsending het Susan Booyens (55) slegs die tweede deelnemer geword sedert die afskop van die gewilde kykNET-vasvrareeks Wie word ’n miljoenêr? wat R500 000 met haar algemene kennis losgeslaan het.

Persverklaring: TV-benoemings vir die eerste Silwerskermfeestoekennings vir Film en Televisie

LitNet kykNET Portaal 2023-06-28

Wat was vir jou die TV-oomblik van die jaar? Besluit self uit die volgende benoemings! Lees ook nog inligting oor al die benoemdes.

Splinternuwe oorgeklankte Turkse telenovela vir kykNET&kie: Verbode liefde

LitNet kykNET Portaal 2023-06-27

Die oorgeklankte Turkse telenovelas op kykNET&kie het die afgelope tyd behoorlik harte gesteel en met Verbode liefde, wat op 5 Julie om 20:00 begin, gaan dit ook nie anders wees nie. Verbode liefde is die nuwe reeks in die plek van Jy is my seun wat tot ’n einde kom.

Persverklaring: Hartklop, kykNET se eerste hospitaaldrama, gaan kykers boei

LitNet kykNET Portaal 2023-06-22

Kykers kan uitsien na storielyne met mediese gevalle wat hulle by tye stom van verbasing sal laat by die blote gedagte dat dit op werklike gebeure gegrond is.

Persverklaring: Liefdadigheid is die grootste wenner tydens Wie word ’n miljoenêr

LitNet Leefstyl 2023-05-12

Ses van die land se bekendstes op die kassie en oor die radiogolwe het Woensdagaand teen mekaar meegeding om seker te maak hul gekose liefdadigheidsorganisasie gaan by hul algemene kennis baat.

Persverklaring: Die Voetspore-span reis na die oorsprong van die Zambezi

LitNet kykNET Portaal 2023-05-12

In Voetspore: Zambezi reis die span onder leiding van Johan Badenhorst noord vanaf Suid-Afrika na die oorsprong van die magtige Zambezi.

Persverklaring: Cedwyn Joel groet Suidooster

LitNet kykNET Portaal 2023-05-03

In ’n hartroerende toneel moes Suidooster-kykers Woensdagaand afskeid neem van AB Samsodien (Cedwyn Joel), wat onverwags in die teenwoordigheid van sy vrou Mymoena (Jill Levenberg) gesterf het, ná hy Maandag deur ’n sluipmoordenaar geskiet is.

Persverklaring: Antoinette Kellerman te sien as Ouma Olive in hartroerende Moedersdagfliek

LitNet kykNET Portaal 2023-05-03

kykNET se speelfilm Ouma Olive die ongelooflike, wat spesiaal vir Moedersdag vervaardig is, gaan beslis die hartsnare roer. Dit word Saterdag 13 Mei 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Persverklaring: kykNET Silwerskermfees loods opwindende ontwikkelingsprojek vir minidokumentêre

LitNet kykNET Portaal 2023-05-03

Alle passievolle dokumentêrefilmmakers van môre wat egte Suid-Afrikaanse stories kreatief wil vertel, kan nou inskryf.

Donkerbos en Menseregtemaand: ’n onderhoud met Nico Scheepers

Naomi Meyer, Nico Scheepers kykNET Portaal 2023-03-27

"My verantwoordelikheid as die skrywer en regisseur is om ’n storie te vertel so goed soos ek kan, niks meer of minder nie. Die dinge wat die storie aangrypend maak, dra by tot die diskoers, maar dit is nie die uitgangspunt nie. Vertel die storie reg, laat die mense iets voel, en hulle sál lank daaroor nadink."

Persverklaring: Vyf dinge wat jy móét weet van Jy is my seun

LitNet kykNET Portaal 2023-03-20

Dié nuwe titel vervang die gewilde Kind van die noodlot wat ná 148 episodes Donderdag 16 Maart tot ’n einde gekom het.

Persverklaring: Belinda en ’n paar nuwe gesigte gaan oplui dat dit klap!

LitNet kykNET Portaal 2023-03-18

Wanneer die kykNET-komedie Lui maar op, Belinda vroeg in April weer na die kassie terugkeer, gaan kykers vir Chris van Niekerk in die rol van Frans, die geliefde karakter in die reeks, sien. Eric Nobbs, wat voorheen die rol van Frans vertolk het, het tydens die produksie van die reeks op 23 Oktober 2022 gesterf.

LitNet en hoofvennoot Suidoosterfees se Stemme-projek wen Blou Fiësta!

LitNet Stemme | Voices | Amazwi 2023-03-10

Stemme, LitNet se monoloogprojek wat in samewerking met die Suidoosterfees (hoofvennoot), KKNK en NATi aangebied is, het die Blou Fiësta by die kykNET Fiësta-toekennings gewen. Melt Myburgh, wat die projek namens LitNet bestuur het, het die toekenning in ontvangs geneem. Hierdie geleentheid het op 9 Maart 2023 by die Waterfront in Kaapstad plaasgevind.

Persverklaring: Blink nuwe Turkse telenovela vir kykNET&kie – Jy is my seun

LitNet kykNET Portaal 2023-03-09

Telenovelas uit Turkye het kykers die afgelope tyd oorrompel en hulle kan nie genoeg kry van dié reekse met hulle beeldskone vroue, aantreklike mans, Turkse landskappe, intriges en drama nie. En goeie nuus is dat daar ’n splinternuwe telenovela, Jy is my seun, op 20 Maart begin wat beloof om kykers nes die vorige wegholsuksesreekse te boei.

Persverklaring: Twee kultuurlegendes vereer by 13de kykNET Fiëstas

LitNet kykNET Portaal 2023-03-08

Die skrywer, digter en aktivis Diana Ferrus en die musiekmaestro Hubert van der Spuy word vanjaar by die 13de kykNET Fiëstas vir hulle lewensbydraes tot die kunste vereer. Vanjaar se Fiëstas-toekenningsgeleentheid word op 9 Maart in Kaapstad gehou.

Persverklaring: Romantiese fliek spesiaal vir Valentynsdag op kykNET

LitNet kykNET Portaal 2023-02-09

Nie net ’n liefdesbrief aan Kaapstad nie, maar ook ’n liefdesbrief aan almal – selfs dié wat al deur die meul is – wat nog in liefde glo.

Mooiweer en warm ’n bruisende rivier op pad see toe

Schalk Schoombie TV 2023-02-09

"Wanneer dit vloei (in vlooimarktonele en by die dam) is Mooiweer en warm ’n lekkerte; ’n bruisende rivier op pad see toe. Wanneer dit opdam en sloer (in melodramatiese binnetonele), begin die krake wys."

Persverklaring: En die benoemdes vir die 13de kykNET Fiëstas is ...

LitNet kykNET Portaal 2023-02-03

Die wêreld het stadig maar seker weer in 2022 uit sy dop gekruip en die kunste in Suid-Afrika het weer eens gewys dat niks ons veerkragtige kunstenaars sal keer om werk van wêreldgehalte te vervaardig nie.

Persverklaring: ’n Bus uit Oekraïne Maandag 9 Januarie uitgesaai

LitNet kykNET Portaal 2023-01-05

Maandag 9 Januarie 20:30 kan kykers vir die aangrypende dokumentêre program, ’n Bus uit Oekraïne, op kykNET (DStv-kanaal 144) inskakel. Die fokus is die merkwaardige verhaal van die Suid-Afrikaner, Johan Oldenburg, wat 52 Oekraïniese vlugtelinge gered en vervoer het na Nederland.

Persverklaring: Dolf van Niekerk op kykNET gehuldig

LitNet kykNET Portaal 2023-01-05

Dolf van Niekerk is op Oujaarsdag in die ouderdom van 93 oorlede. As huldeblyk saai kykNET op Sondag 8 Januarie 20:30 ’n Stroom Op­-episode uit wat handel oor sy lewe en die bydrae wat hy tot die Suid-Afrikaanse literêre wêreld gelewer het.

Top