In foto's | Gala-aand by die kykNET Silwerskermfees

  • 0
Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie het Saterdag 26 Augustus by die Kaapstad Internasionale Konfensiesentrum in Kaapstad plaasgevind aan die einde van ’n bedrywige Silwerskermfees in Kampsbaai waar die jongste Afrikaanse films vertoon is.

Maryke en Clifford Roberts was daar.

Foto’s deur Clifford Roberts.

Bo: Die pragtige kristaltrofee wat elke wenner ontvang, is deur die beeldhouer Lothar Böttcher gemaak. Die trofee staan bekend as “Carving Light”.

Bo: Bykans 1500 mense het die glansgeleentheid in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum bygewoon. Dit was ’n geleentheid waaroor daar nog baie lank gepraat gaan word.

Bo: Nicola van Niekerk, Hoof van M-Net Premium-inhoud en ko-produksies en Waldimar Pelser, M-Net Direkteur: Premium-kanale by die geleentheid.

Bo: Lindi Herbst, skakelbestuurder kykNET en Marciel Hopkins, aanbieder van Boer soek ’n vrou en een van die gasaanbieders van die toekenningsgeleentheid.

Bo: Carla Smith is beste aktrise in ’n speelfilm vir haar rol in Die tragiese saak van Pamina Vermaak. Sy was verlede jaar die fees se beste aktrise in ’n kortfilm vir haar spel in Skyn

Bo: Glanssjef Bertus Basson saam met Mareli Basson. Bertus het die toekenning ontvang vir beste aanbieder in ’n realiteitsprogram vir In die sop.

Dann-Jacques Mouton is as aangewys as beste akteur in ’n telenovela of sepie in Arendsvlei.

Bo: Heindrich Wyngaard is aangewys as beste aanbieder in ’n gespreksprogram vir Kô lat ons praat.

Bo: Leandie du Randt skitter in ’n pragtige swart rok. Sy is tans te sien in Hartklop. Leandie is benoem vir beste aanbieder in ’n realiteitsprogram vir haar rol in Slank.

Bo: Jeremeo Le Cordeur en Lee Roodt, wat in die 11de kykNET Silwerskermfees se eerste gevegskunsfilm in Afrikaaps,“Die Swart Draak ontwaak, speel en ook die draaiboek geskryf het. Lee is ’n voormalige karate- en skopboks-Springbok. Hy het ook die choreografie behartig. Die film is benoem vir beste akteur, beste redigering, beste klankbaan, beste choreografie en beste regie.

Bo: Mel en Peet Viljoen saam met Rian van Heerden. Rian is bekroon as beste aanbieder in ’n speletjiesprogram: Wie word ’n miljoenêr?

Bo: Waldemar Schultz en Zenobia Kloppers. Zenobia is saam met Monique Siegels benoem vir beste draaiboek: kortfilm vir Helmhart.

Bo: Roeline Daneel en haar man, Werner Lotz. Roeline is bekroon as beste aktrise in ’n kortfilm vir haar rol as die treurende ma in As.

Bo: Craig Urbani en Zak Hendrickz.

Bo: Denise Newman, bekend as Bridgette October in Suidooster, was een van die gasaanbieders en staan hier by Sharon Paulsen.

Bo: Tiaan Langenegger van Tiaan proe en sy vrou, Nadia, saam met René van Rooyen. 

Corné en René van Rooyen se nuutste film, Hans steek die Rubicon oor, is aangewys as beste speelfilm. Corné van Rooyen is ook aangewys as beste regisseur vir dié film. Tiaan Langenegger is genomineer as beste aanbieder in ’n kookprogram.

Bo: André Odendaal en Erica Wessels met hul trofees. André is beste akteur in ’n telenovela of sepie vir sy rol as Andries in Binnelanders en Erica is beste aktrise in ’n drama vir haar rol in Donkerbos.

Bo: Lika Berning, Stephanie Baartman, Marcel van Heerden en Jana Celliers

Bo: Joe Martin (Jolene se pa), Jolene Martin en Charlton George. Jolene is bekend as die skoolhoof, Beatrice, in Arendsvlei en Chartlon is tans te sien in Arendsvlei.

Bo: Freek Robinson en sy vrou, Liza. Freek is vereer vir sy lewensbydrae omdat hy al vir 40 jaar die hoogste standaard stel en handhaaf in die nuusmedia.

Bo: Sean Cameron Michael wat in Ludik en Die byl te sien was en Jeanne-Mari Geldenhuys van Wraak my mooi.

Bo: Clayton Everson (oftewel Speurder Clint Smit) in Arendsvlei, Kade-Marie Brink, Anastasia Ruiters en Earl Kruger.

Bo: Gerrie Ferreira, Hannes van Wyk, Success Lakeba en Francois Booysen. 

Hannes van Wyk is aangewys as beste aanbieder in ’n joernaalprogram vir Kwêla.
Success Lakeba is een van die aanbieders wat genomineer is vir beste ensemble-aanbiederspan.

Meer oor vanjaar se kykNET Silwerskermfees:

Persverklaring van die kykNET Silwerskerm-toekennings vir film en TV: Hier is die wenners

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top