Persverklaring van die kykNET Silwerskerm-toekennings vir film en TV: Hier is die wenners

  • 0

Freek Robinson saam my sy vrou, Liza (links) en Heindrich Wyngaard (regs) by die Silwerskerm-toekennings in Kaapstad op Saterdag, 26 Augustus 2023. Foto’s: Clifford Roberts

Blink tabberds, flitsende kameras, gesogte beeldjies, trane van vreugde, spitsvondige aanbieders, fantastiese musiekkunstenaars: die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie het Saterdag 26 Augustus by die Kaapstad Internasionale Konfensiesentrum plaasgevind aan die einde van ’n bedrywige Silwerskermfees in Kampsbaai waar die jongste Afrikaanse films vertoon is.

Maar vir die eerste keer het die fees ook televisie omarm, met televisieloodsprogramme by die fees, en die insluiting van Silwerskermbeeldjies aan die akteurs, aanbieders, en persoonlikhede wat tussen 1 April 2022 en 31 Maart 2023 vir uitmundende vermaak op die kykNET-kanale gesorg het.

Waldimar Pelser, Direkteur: M-Net Premium kanale het die opwindende nuwe toekenningseremonie by die CTICC, kykNET se grootste viering nóg van film en TV genoem, en oor al die sterre in die gehoor gesê:  Die mense wat vanaand hier sit, inspireer ons en voer ons mee. Hulle laat ons onsself, ons mense en ons land ook beter begryp.”

Buiten die 31 toekennings by die CTICC, is die twee legendes Freek Robinson en Cedwyn Joel vereer vir hul lewensbydraes tot die plaaslike vermaaklikheidsbedryf. Die vervaardiger André Scholtz is ook Saterdagoggend by die Silwerskermfees se Tegniese Toekennings in Kampsbaai vereer.

Hier is die lys van die wenners vir Film en Televisie:    

Speelfilm: Beste produksie-ontwerp     
Dean Abrahams – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste oorspronklike klankbaan         
Edward George King – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste draaiboek       
Elanie Rupping, Bibi Slippers – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Speelfilm: Beste klankontwerp 
Tim Pringle – Blindelings 

Speelfilm: Beste kinematografie           
Johannes Pieter Nel – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Speelfilm: Beste redigering       
Eva du Preez – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Kortfilm: Beste kinematografie 
Alfonzo Franke – Die Blokke 

Kortfilm: Beste oorspronklike klankbaan           
Edward George King – Volle bors

Kortfilm: Beste klankontwerp   
Adriaan Drotsché (Audiopimps) – Die Swart Draak ontwaak

Kortfilm: Beste redigering         
Johannes Pieter Nel – Die Swart Draak ontwaak

Kortfilm: Beste produksie-ontwerp       
Burger Meyer – Karen

Kortfilm: Beste draaiboek         
Roxanne Blaise & Mujaahid Valley – Die Blokke

Kortfilm: Beste regie     
Emilie Badenhorst & Kanya Viljoen – ’n Doop om stilte

Beste dokumentêr        
Besmet

Dokumentêr: Beste regie          
Reginald Hufkie & Frankie Opperman – Langafstand

Dokumentêr: Beste redigering
Adi van der Walt – Besmet

Dokumentêr: Beste klankontwerp        
Call of the Wild – Renier van Niekerk

Spesiale Vermelding     Ensemble-spel – Straatrotte

Spesiale Vermelding     Garderobe – Old Righteous Blues

Spesiale Vermelding     Grafika – Straatrotte

Spesiale Vermelding     Choreografie en waaghalstoertjies – Die Swart Draak ontwaak

Spesiale Vermelding     Poppespel – Thrift tot die dood

Lewensbydrae  André Scholtz

Feesgunsteling Straatrotte                  

Beste ondersteunende rol in ’n drama  
Nicole Holm – Donkerbos

Speelfilm: Beste ondersteunende akteur           
Joshwin Dyson – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste ondersteunende aktrise          
Bianca Flanders – Frankie & Felipé

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie           
Devonecia Swartz – Arendsvlei

Beste aanbieder: Kookprogram 
Alfred Adriaan – Roer!

Beste aanbieder in ’n leefstylprogram   
Nataniël – Nataniël. Erik. Wolf.

Beste skurk in ’n telenovela of sepie     
André Odendaal – Binnelanders

Beste aanbieder in ’n speletjiesprogram           
Rian van Heerden – Wie word ’n miljoenêr

Kortfilm: Beste akteur  
Gershwin Mias – Die Blokke

Kortfilm: Beste aktrise  
Roeline Daneel – As

Beste aanbieder in ’n gespreksprogram 
Heindrich Wyngaard – KLOP!

Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram 
Bertus Basson – In die sop

Beste akteur in ’n telenovela of sepie   
Dann-Jacques Mouton – Arendsvlei

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie   
Cindy Swanepoel – Binnelanders

Beste TV-oomblik van die jaar   
Suidooster – Mnr. en Mev. Samsodien se troue

Beste akteur in ’n komedie       
Desiré Gardner – Magda Louw

Beste aanbieder in ’n buitelug-aktiwiteitsprogram        
Dewald Visser – Mal kamper

Beste aanbieder in ’n joernaalprogram 
Hannes van Wyk – Kwêla

Beste akteur in ’n drama           
Edwin van der Walt – Donkerbos

Beste aktrise in ’n drama          
Erica Wessels – Donkerbos

Beste TV-film    
Vuurdoop – André Velts Films

Beste ensemble-aanbiederspan 
La’t wiel

Beste aanbieder in ’n aktuele program  
Lourensa Eckard – In gesprek

Beste kortfilm  
’n Doop om stilte

Persoonlikheid van die jaar       
Jonathan Rubain – Koortjies

Speelfilm: Beste regisseur         
Corné van Rooyen – Hans steek die Rubicon oor

Speelfilm: Beste akteur 
Pierre van Pletzen – Hans steek die Rubicon oor

Speelfilm: Beste aktrise
Carla Smith – Die tragiese saak van Pamina Vermaak 

Speelfilm: Beste speelfilm
Hans steek die Rubicon oor

Lewensbydrae  
Cedwyn Joel
Commendatio: Dawie Carollisen

Lewensbydrae  
Freek Robinson
Commendatio: Wilma Alant

Sien nog foto’s hier:

In foto's | Gala-aand by die kykNET Silwerskermfees

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top