
https://silwerskermfees.co.za
kykNET se Silwerskermfees in Kampsbaai sluit gewoonlik met ’n glansryke toekenningseremonie af waartydens die fees se beste films vereer word. Vanjaar is dié spoggeleentheid dubbel die grootte en nóg blinker, want vir die eerste keer deel kykNET ook Silwerskermfeesbeeldjies aan die akteurs, aanbieders en persoonlikhede uit wat tussen 1 April 2022 en 31 Maart 2023 vir puik televisievermaak gesorg het.
Boonop kan televisiekykers elke oomblik van die eerste en skouspelagtige kykNET Silwerskermfeestoekennings vir Film en Televisie meemaak. Die gala-aand, wat op Saterdag 26 Augustus by die CTICC in Kaapstad plaasvind, is ook ’n televisie-opname wat die volgende aand (Sondag 27 Augustus) om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 uitgesaai word.
Die CTICC se 1200-sitplek ouditorium gaan volgepak wees met die bekendste gesigte en grootste name op ons skerms, uitgedos in spoggerige uitrustings. Tussendeur al die senuwees wat knaag voor die wenaankondigings en die kenmerklike trane van blydskap van sulke seremonies, gaan die land se top Afrikaanse musiekkunstenaars ook die verhoog aan die brand sing.
“Dit is tyd dat ons naas die voortreflike werk in film ook uitsonderlike prestasies in televisie op ons kykNET-kanale vier,” sê Waldimar Pelser, M-Net-Direkteur: Premium Kanale. “Sonder dié uitsonderlike talent kan ons nie ons kykers vasgenael voor die kassie hou nie. Dit is ’n voorreg om vir hulle met die benoemings en toekennings dankie te sê.”
Die TV-deel van die Silwerskermfeestoekennings vir Film en Televisie strek oor ’n allemintige 20 kategorieë. Daarbenewens is daar toekennings vir lewensbydraes. Die legendes aan wie daar só hulde gebring word, is die geliefde akteur Cedwyn Joel, Freek Robinson, wat al vir 40 jaar die hoogste standaard stel en handhaaf in die nuusmedia, en die vervaardiger André Scholtz, wat al meer as ’n halfeeu films maak. Scholtz se toekenning sal die Saterdagoggend by die Silwerskermfees se Tegniese Toekennings in Kampsbaai oorhandig word.
Alhoewel ’n onafhanklike paneel kundiges moet koppe krap om die Silwermskermfees vir Film en Televisie se wenners te bepaal, kan kykNET-kykers hul sê in twee van die televisiekategorieë sê: TV-oomblik van die jaar en Persoonlikheid van die jaar.
Om te stem, moet jy jou keuse maak op die kykNET-webwerf. Dié kykerstemme sluit op 31 Julie 2023.
Wat was vir jou die TV-oomblik van die jaar? Besluit self uit die volgende benoemings: toe ons in Binnelanders gehoor het dat aartskurk At, wat al van die begin van die reeks vol skelmstreke was, skielik oorlede is; ’n klein knapie se redenasie oor waarom kinders betaal moet word om skool toe te gaan in Kyk wie praat; Dian wat hoor dat hy sy sout werd was om Plaasjapie se wenner te wees; Mnr en Mev Samsodien se troue op Suidooster; die spanningsvolle kinkel in die kabel in Spoorloos 4: Die Eiland se slottoneel.
Volledige benoemingslys:
BESTE AKTEUR IN ’N KOMEDIE
Desiré Gardner – Magda Louw
Hannes van Wyk – Magda Louw
Ilse-Lee van Niekerk – Troukoors
Liane Heyl – Poena
Robbie Wessels – Poena
BESTE AKTEUR IN ’N DRAMA
Andahr Cotton – Dinge van ’n kind
André Samuels – Mooiweer en warm
Bobby van Jaarsveld – Spoorloos 4: Die Eiland
Edwin van der Walt – Fraksie
Edwin van der Walt – Donkerbos
BESTE AKTRISE IN ’N DRAMA
Erica Wessels – Donkerbos
Ira Blanckenberg – Mooiweer en warm
Izel Bezuidenhout – Spoorloos 4: Die Eiland
Melissa Myburgh – Dinge van ’n kind
Trix Vivier – Fraksie
BESTE ONDERSTEUNDENDE ROL IN ’N DRAMA
Andre Weideman – Dinge van ’n kind
Hannes van Wyk – Spoorloos 4: Die Eiland
Nicole Holm – Donkerbos
Pierre van Pletzen – Fraksie
Tinarie van Wyk Loots – Mooiweer en warm
BESTE AKTEUR IN ’N TELENOVELA OF SEPIE
Clint Brink – Binnelanders
Dean John Smith – Suidooster
Dan-Jacques Mouton – Arendsvlei
Justin Stydom – Diepe Waters
BESTE AKTRISE IN ’N TELENOVELA OF SEPIE
Cindy Swanepoel – Binnelanders
Jill Levenberg – Suidooster
Jolene Martin – Arendsvlei
Nadia Valvekens – Diepe Waters
BESTE SKURK IN ’N TELENOVELA OF SEPIE
André Odendaal – Binnelanders
Irvine van der Merwe – Suidooster
Rehane Abrahams – Arendsvlei
Sandi Schultz – Diepe Waters
BESTE NUWELING IN ’N TELENOVELA OF SEPIE
Char Carrie – Suidooster
David Viviers – Binnelanders
Devonecia Swartz – Arendsvlei
Liam Bosman – Diepe Waters
BESTE AANBIEDER IN ’N JOERNAALPROGRAM
Bonné de Bod – Bewonder en bewaar met Bonné de Bod
Ewan Strydom – Bravo!
Hannes van Wyk – Kwêla
Leah – Duidelik Dapper
Lisa van Rooyen – Trend
Tracey Lange – Bravo!
BESTE AANBIEDER IN ’N LEEFSTYLPROGRAM
Anzél Rabie – Anzél in die Boland
Erns Grundling – Elders
Gerrie Pretorius – Leef jou reis
Henck Conrey – Vat jou goed en trek
Jak de Priester – Koppieteefontein
Nataniël – Nataniël. Erik. Wolf.
Shari Kennedy – Hokaai my meisie
BESTE AANBIEDER IN ’N REALITEITSPROGRAM
Bertus Basson – In Die Sop!
Edrien Erasmus – Groenste Vingers
Ewan Strydom – Plaasjapie
Leandie du Randt – Slank
Marciel Hopkins – Boer Soek ‘n Vrou
Schalk Bezuidenhout – Op My Eish!
BESTE AANBIEDER IN ’N AKTUELE PROGRAM
Kabous Meiring – Prontuit
Lourensa Eckard – In Gesprek
Mia Spies – Wie's Nuus?
Theo Vorster – Sakegesprek
BESTE AANBIEDER IN ’N SPELETJIESPROGRAM
De Klerk Oelofse – Kyk wie praat
Early B – My Ma Kook Beter As Joune
Rian van Heerden – Wie word ’n miljoenêr?
Ricky Schroeder – Jol met Ricky
BESTE AANBIEDER IN ’N GESPREKSPROGRAM
Aden Thomas – Sê jou sê
Divan Botha – Winslyn
Heindrich Wyngaard – KLOP!
Suzaan Steyn – Spreekkamer
BESTE AANBIEDER IN ‘N BUITELUG-AKTIWITEITSPROGRAM
André de Villiers - 4x4 met André
Dewald Visser - Mal Kamper
Hennie Bosman – Wanderlus
Nicole Bosman – Wanderlus
Petri de Wet - Hier gaan ons alweer
BESTE AANBIEDER IN ’N KOOKPROGRAM
Alfred Adriaan – Roer
Henriëtte Marx – Net Koffie
Jan Scannell – Jan Braai
Tiaan Langenegger – Tiaan Proe
BESTE EMSEMBLE-AANBIEDERSPAN
eNUUS
Fiësta
Groot Ontbyt
L’at Wiel
Huppel in die stap
Ontbytsake
Oppiestoep
Toks & Tjops
Tussen Ons
Welvaartskeppers
BESTE TV-OOMBLIK VAN DIE JAAR
Binnelanders – At is dood
Kyk wie praat – moet kinders betaal om skool toe te gaan?
Plaasjapie – Dian se wenoomblik
Suidooster – Mnr en Mev Samsodien trou
Spoorloos 4: Die Eiland – Slottoneel van reeks.
PERSOONLIKHEID VAN DIE JAAR
Francois Jacobs – Op My Eish!
Jonathan Rubain – Koortjies
Kiki La Coco – Die Real Housewives van Pretoria
Mel & Peet Viljoen – Die Real Housewives van Pretoria
Nataniël
BESTE TV-FILM
Dina Dagbreek
Elsa en Magriet
Snuf in die Neus
Sonversamelaar
Vuurdoop
LEWENSBYDRAE
Cedwyn Joel
Freek Robinson
André Scholtz

