Kokkedoor: vuur en vlam – ’n onderhoud met Kobus Botha

  • 0

Kobus Botha en Bertus Basson (foto: verskaf)

Kobus Botha praat met Naomi Meyer oor Kokkedoor: vuur en vlam, waarvan hy saam met Bertus Basson, ’n beoordelaar is.

Kobus, ons kyk reeds lekker aan Kokkedoor: vuur en vlam. Is dit vir jou ook lekker om beoordelaar hier te wees? Vertel asseblief gou vir lesers meer van waarmee julle nou besig is.

Ek is klaar met ’n fantastiese, besige eerste helfte van my braaiseisoen, en nou hou ek vakansie. Ek verkeer rustig met boeke, vure en die Franse lowergroen, fyn natuur in ons landelike familiehuis in Normandië. Augustusmaand is woes in Europa, Almal is met vakansie en hier is moers baie mense. So dis lekker om ’n rustige rusplek te hê. Volgende week gaan ek na vriende by die Cote de Azur, so minder rustig, maar mens moet darem so af en toe ook ’n bietjie uitrafel. Wat vir my beteken om na kunsmuseums en lekker seekosrestaurante te gaan. En af en toe later as 9.30 te gaan slaap … En ja, ek het die beoordeling en gepaardgaande proses geweldig baie geniet.

Kom ek vertel jou wat vir die kykers moeilik is: Om te sien hoe gaan deelnemers huis toe! Mens se hart gaan na elkeen van hulle uit. Hoe is dit vir jou, as beoordelaar – die soet en die suur?

.........
Baie dinge op stel was heerlik. Ek en Bertus wat aan die lag raak van ons nonsenspratery sodat ons hyg na asem, trane rol en die hele produksie opgehou word. Die ondervinding op stel was merkwaardig.
.............

Baie dinge op stel was heerlik. Ek en Bertus wat aan die lag raak van ons nonsenspratery sodat ons hyg na asem, trane rol en die hele produksie opgehou word. Die ondervinding op stel was merkwaardig. Sanet Olivier (regisseur), wat die produksie met ’n sagte hand en ’n wye glimlag lei ... al 120 mense (insluitende ek, wat vol stront is) staan gereed om enigiets vir haar te doen. Die uitsien om Bathoni Robinson (kunsregisseur) se begaafde en baie mooi stelinkledings elke dag te bekyk en geniet. Herman Lensing (kosvervaardiger), onvermoeibaar, wat die lekkerste kos maak, al is dit net vir uitstal en nie vir eet nie (dit was altyd geëte). En Errieda du Toit (inhoudvervaardiger), slim, snaaks, ingelig en altyd ’n bok vir sports. Die plesier van saamwerk met al die hoogs bevoegde mense op stel. Die nie-lekker-nie was die medisinale koeksoda na party proesessies. En selfs as ons ’n professionele afstand probeer hou van die deelnemers, is daar hier en daar een wat jy weet jy gaan mis wanneer hulle huis toe gaan. Die keersy van hierdie proses is die plesier wat mens kry van die ekstase op die wenners se gesigte.

Julle albei het al geregte in ander lande geproe en jy woon en werk oorsee. Hoe verskil Suid-Afrikaners se manier van kos maak en hulle style van mense oorsee?

In 'n land soos hierdie, waar almal nie elke dag genoeg het om te eet nie, kan mens ook juis leer hoe om die beste geregte te maak met so min moontlik bestanddele? Praat ’n bietjie met my oor die verskille in kookstyle en sosio-ekonomiese agtergronde wat dit beïnvloed, in verskillende lande?

...........
Diere moet nie net doodgaan vir die sogenaamde primasnitte nie. Eet die hele ding. Dis lekker, gesond en goedkoop.
..............

Hier in Frankryk eet mense tripe (afval) met smaak. Jy kan by enige slagter instap en ris de veau (kalfpankreas), cervelle (brein), langue (tong), oë, lewer, niere, pote, koppe, couilles (testikels), harte,  ens koop. Of soos ons boeremense sê, hart-lewer-long-poephol-en-tong. Van alle plaasdiere. Dit kom van die Tweede Wêreldoorlog se tekort aan vleis. En aangesien hulle Franse is, het hulle seker gemaak dat hulle dit fokken heerlik gaarmaak. Een van my gunstelingmaaltye is pied de cochon, oftewel varkvoete. Ek gaan eet dit in ’n groot restaurant, Au Pied de Cochon, in Parys, wat sedert 1947 heeldag en heelnag oop is – en mens is gelukkig om sitplek te kry. Diere moet nie net doodgaan vir die sogenaamde primasnitte nie. Eet die hele ding. Dis lekker, gesond en goedkoop.

Lees ook:

In die sop: ’n Onderhoud met Bertus Basson

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top