
Foto van Bertus Basson: bertusbasson.com
Die restaurantbedryf kry swaar.
Maar moet die pandemie en die ekonomie al die skuld kry vir eetplekke se probleme? Het dit nie dalk ook te doen met swak diens, verouderde spyskaarte en oninspirerende dekor nie? Eienaars kan dalk erken dat hulle hard werk en alles gee, maar aan die einde van die maand wil die boeke net nie klop nie.
In die sop is ’n kykNET-realiteitsreeks wat ondersoek waarom sekere restaurante in die sop is, en watter planne beraam kan word sodat mense by hulle kan kom aansit vir ete.
Aan die stuur van die program, en ook as aanbieder, is die bekroonde sjef Bertus Basson. Hy word deur ’n span deskundiges ondersteun wanneer hy by verskillende restaurante in die land inloer.
“Ek het al groot sukses gesmaak, maar oor die jare het ek ook baie foute gemaak en duur lesse geleer,” sê hy. “Nou wil ek graag daardie insigte met ander restaurant-eienaars deel.”
Naomi Meyer het vir Bertus ‘n paar vrae oor die restaurantbedryf en oor In die sop gevra.
Bertus, dink jy mense wil vandag ten spyte van alles nog steeds soms gaan uiteet?
Mense wil nog steeds uiteet. Restaurante tref baie voorsorgmaatreëls om seker te maak die personeel en gaste is veilig.
Hoe beïnvloed die voortdurende aanpassings – alkoholverkope, restaurante wat vroeër toemaak, deftige restaurante wat toegemaak het of dalk nou wegneem-etes aflewer – mense se gedrag?
Restaurante het ’n wonderlike voordeel dat almal nog steeds wil eet. Alhoewel daar voortdurend veranderinge is, het ons geleer hoe om aan te pas en te verander om nog steeds besigheid te kan doen sover ons kan.
Vertel my van jou reis met die restaurante - wat jou opgeval het, en wat jy raakgesien het. En wil jy dalk uitbrei op uiteet in hierdie ongelyke land van ons? Is dit net iets wat die ryker/welaf mense beskore is?
........
Dit is belangrik om vir alle Suid-Afrikaners relevant te wees.
..........
‘n Paar van die plekke was baie vuil en ongeorganiseerd. Enigiemand kan dit maak werk, maar dit is harde werk. As jy die regte sisteme het en goeie personeel op wie jy kan vertrou, is dit makliker, maar ’n mens moet jou vinger op die pols hou. Dit is belangrik om vir alle Suid-Afrikaners relevant te wees. Dit sal ook help as Suid-Afrika ’n groter uiteetgemeenskap bou oor tyd.
Anthony Bourdain het gesê dat passie alleen nie veroorsaak dat mens ‘n restaurant kan begin nie. Dis immers nie dieselfde ding om ’n lekker ete op ’n Sondagmiddag te kan maak en dan op grond van ’n paar komplimente ’n restaurant te wil begin bedryf nie.
Dit is die net een Sondagmiddag nie, dit is elke dag en elke Sondag. Om vir ’n klomp mense te kook is ook anders om net vir een tafel te kook! Jy moet nie net lekker kan kook nie, ’n restaurant is ook ’n besigheid en daar is personeel. So jy is nie net ’n sjef nie, jy is ook ’n personeelbestuurder en besigheidspersoon.
........
Dit is die net een Sondagmiddag nie, dit is elke dag en elke Sondag. Om vir ’n klomp mense te kook is ook anders om net vir een tafel te kook! Jy moet nie net lekker kan kook nie, ’n restaurant is ook ’n besigheid en daar is personeel. So jy is nie net ’n sjef nie, jy is ook ’n personeelbestuurder en besigheidspersoon.
..........
Wat vir my uitgestaan het in al die programme wat ek tot dusver gekyk het: Mens kies ’n fokus. En as jy daardie fokus gekies het, kom die bemarking amper vanself. Mense wíl daar gaan eet. Ek wonder of die restaurante wat jy besoek het, dit so ervaar het. Wat is die terugvoer van die restaurante waar julle al was?
Ek hoop so! Daar is van die restaurante wat die veranderinge wat ons gemaak het, met ope arms aangegryp het. Ander was wel meer skepties. Doen minder en doen dit goed is waaraan ek glo.
Kom ons praat oor die verlede, oor die krake wat reeds bestaan het. Het die pandemiemaatreëls dalk net ’n kollig geskyn op alles wat reeds verkeerd was? Wat hinder jou die meeste van die kosbedryf en van eetplekke in die verlede – wat wil jy uitwys? Restaurante het al voor Covid gesukkel.
.........
As jy nie sterk was voor Covid nie, was dit baie moeilik.
..........
As jy nie sterk was voor Covid nie, was dit baie moeilik. Daar sal altyd ’n plek wees vir spesiale eetplekke wat ’n great ondervinding aan gaste bied, maar restaurante moet ’n manier vind om aan te pas in hierdie moeilike tyd (beter kostes met byvoorbeeld minder personeel) en ’n klem lê om meer plaaslik te wees.
Die toekoms ... Ons weet nou al die wêreld het verander en is voortdurend aan die verander. Is daar hoop vir die restaurantbedryf in die algemeen?
.........
Mense soek ontvlugting, en ’n restaurant bied dit vir mense.
.........
Ja, daar is hoop. Mense wil vir seker nog uiteet. Mense soek ontvlugting, en ’n restaurant bied dit vir mense.
Is daar ’n plek vir uiteet as die ekonomie swaarkry en daar so baie mense is wat nie juis kos in hulle huise kan bekostig nie, wat nog te sê van uiteet elders? Kan julle program ook lekker ontvlugting bied of idees gee vir entrepreneurs? Watter opmerkings het jy hieroor te maak?
Declutter. Kyk na jou kostes. Fokus.
Kommentaar
I've loved watching "In die sop".
It's a pity the series has finished .
Are you planning to make more?
Baie geluk met die reeks! Hoop daar is 'n volgende seisoen. Mag restaurante voortleef.
'In die sop' was 'n ongelooflike goeie program! Puik, puik, puik. Lanklaas so trots Suid-Afrikaans gevoel.
Asseblief... ons wag in spanning vir seisoen 2,3,4,5...
Baie baie insiggewend. Sal graag meer inligting wil hê oor hoe dit werk om aan die program deel te neem.
Goeiedag aan die In-die-sop-span.
Ek wil graag verneem hoe om 'n plek te nomineer om in die program te verskyn. Dis 'n karige "coffee shop" / restaurant by 'n aftreeoord.
Wil graag weet wat die proses is om 'n koffiewinkel te nomineer vir die program.
Môre, wil ook graag weet wat die proses is om 'n pub of Pizzarestaurant te nomineer vir die program?
Dit is in die mooie Riebeek-vallei.
Groete