Persverklaring: Die Real Housewives van die Wynlande: Wat jy móét weet van die reünie-episodes | Press release: What you should know about Die Real Housewives van die Wynlande reunion episodes

  • 0

Die Real Housewives van die Wynlande: Wat jy móét weet van die reünie-episodes

Die finale twee episodes van Die Real Housewives van die Wynlande word op 13 en 20 Julie uitgesaai en soos gewoonlik is hierdie ’n reünie waar niemand gaan terughou nie.

Die reünie-episodes van die Housewives 'franchise'-program bied ’n geleentheid vir die huisvroue om hul laaste sê te sê oor enige bespiegelinge, opmerkings in hul videodagboekkameras en om onopgeloste situasies uit te klaar met mekaar.

Ons het die afgelope tyd die ses vroue – Amy Kleinhans-Curd, Mariska Thorpe, Karen Schwentke, Candice Bester, Michelle van Zyl en Anita Lloyd – ontmoet en hulle het behoorlik die land laat gons. Tog het hulle die beste vir laaste gehou!

1. Wat is ’n Housewives-reünie sonder ’n sjarmante aanbieder?

Die aanbieder van die reünie-episode is die aantreklike Armand Aucamp wat nie net voor die kameras as akteur en aanbieder werk nie, maar ook kookboeke skryf en vir die maatsoek-app Koer verantwoordelik is.

“Om gevra te word om die gasheer te wees, was ’n enorme voorreg,” sê Armand. “Kykers kan uitsien na ’n perfekte einde van ’n omstrede, maar baie gewilde reeks. Daar is hittige oomblikke, oorgenoeg humor, maar ook deernis en versoening; ’n dieper verstaan van wie en wat ons is. Dit wys net weer dat ons met sagter harte met mekaar moet omgaan.”

2. Die reünie is verfilm in die hartjie van die wynlande

Die reünie-episode is by Haute Cabrière in Franschhoek verfilm. Haute Cabrière is onder meer die tuiste van Pierre Jourdan, een van Suid-Afrika se voorste Méthode Cap Classique-vonkelwyne, en is vernoem na die Franse Hugenoot wat die plaas in 1694 gevestig het. Haute Cabrière, met sy asemrowende natuurskoon en indrukwekkende geboue, was die perfekte keuse vir hierdie spesiale episodes aangesien die wynlande self so 'n groot rol in die prag en praal van die reeks gespeel het.

3. Diamante, hakskoene en glansrokke

Die stilering van die program, die vroue se ontwerpersrokke, hare en grimering dra by tot die glans. “Ons het besluit ons wil ’n winter-, maar stylvolle-, voorkoms hê,” sê Efraine du Toit, hoof van die stilering- en grimeerspan. “Dit was belangrik dat die vroue gemaklik moes voel. Ons het werklik vir elkeen probeer gee waarin hulle die beste en glansrykste sou voel. Ek glo ons het dit goed reggekry.”

4. Een huisvrou kon nie die verfilming van die reünie-episodes bywoon nie

Karen kon ongelukkig nie die reünie-episodes bywoon nie aangesien sy ’n week voor die verfilming haar sleutelbeen gebreek het en eers ’n dag voor die verfilming uit die hospitaal gekom het. Sy is egter deel van die episodes – ’n filmspan was by haar huis en sy het kans gekry om haar kant te stel op die ander vroue se aanmerkings oor haar.

5. Waaroor word daar nog gepraat?

Sedert die verfilming van die reeks tot ’n einde gekom het, was daar steeds ’n paar onopgeloste onderonsies tussen sekere van die huisvroue. Gaan Anita en Amy vrede maak na daardie opmerking van Amy in Mauritius? En hoe voel Mariska en Karen nou oor mekaar?

Die einde van die reeks het ook op ’n ongemaklike noot vir Michelle en Candice geëindig. Gaan Candice tydens die reünie meer verklap oor hoekom sy nie Michelle se buie kan hanteer nie? En Michelle noem prontuit haar eie gevoelens oor die skeiding in die groep met Anita, Karen en Michelle aan die een kant, en Amy, Mariska en Candice aan die ander kant – wat volgens haar baie struweling veroorsaak het.

Die vroue het ook verskillende besighede begin tydens die verfilming van die reeks. Hoe voel Anita nou oor Amy se Cap Classique, Amelia? En Mariska het baie om op te verklaar oor daardie ‘Bitch stole my podcast’-kommentaar nadat Michelle die groep van haar eie podsending reeks vertel het. Candice gesels meer oor vordering aan haar en haar man se De Vier-restaurant in Stellenbosch en Mariska se aanlyn-klerewinkel, SELLfie, is goed aan die gang.

Dan word die drama met Karen by Enigma-huis herkou en die wegbreeknaweek in Hoedspruit kom ook onder die loep. En het Anita nog haar voodoo-pop?

Skakel in en hoor die huisvroue se antwoorde oor al die kontroversie in die media want sommige van die antwoorde gaan behoorlik die wenkbroue laat lig...

Die reünie-episodes van Die Real Housewives van die Wynlande wys Donderdae 13 en 20 Julie om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Stroomkyk die reeks vanaf episode 1 op DStv Catch Up.


What you should know about Die Real Housewives van die Wynlande reunion episodes

The final episodes of Die Real Housewives van die Wynlande will be on kykNET (DStv channel 144) on 13 and 20 July and as usual it is a reunion where nobody holds back.

The reunion episodes of the Housewives franchise shows give the ladies an opportunity to have their last say about any rumours, comments made in diary cameras and to clear up any unresolved situations.

We got to know the six women – Amy Kleinhans-Curd, Mariska Thorpe, Karen Schwentke, Candice Bester, Michelle van Zyl and Anita Lloyd – and they had the country talking. But they kept the best for last ...

1. What is a Housewives reunion without a charming presenter?

The presenter of the reunion episode is the handsome Armand Aucamp who is not only an actor and presenter, but also writes cookbooks and is the brain behind the dating app Koer.

“To be asked to be the host of the reunion, is an enormous privilege,” says Armand. “Viewers can look forward to a perfect ending to a controversial season. There are heated moments, more than enough humour, but also reconciliation and tenderness; a deeper understanding of who and what we are. It shows again that we must be kinder to each other.”

2. The reunion was filmed in the heart of the winelands

The reunion episode was filmed at Haute Cabrière in Franschhoek. Haute Cabrière is home to Pierre Jourdan, one of South Africa’s leading Méthode Cap Classiques that was named after the French Huguenot that established the farm in 1694. Haute Cabrière, with its spectacular natural beauty and impressive structures, was the perfect choice for the reunion as the winelands plays such a large role in the oppulance of the series.

3. Diamonds, stilettos, satin and sequins

The styling of the reunion episodes the women’s designer dresses, hair and make-up – all add to the glamour. “We decided to go for a stylish winter look,” explains Efraine du Toit, head of the styling team. “It was important for the women to feel comfortable and we tried to give each of them a look where they would feel glamarous and at their best.”

4. One Housewife couldn’t be there

Karen couldn’t be at the filming of the reunion episodes as she broke her collarbone and was only discharged from hospital the day before. But she is part of the episodes as a film crew went to her house in order for her to get a chance to tell her side of the story.

5. What else is on the menu?

Since filming on the show ended early March this year, there were still a few unresolved quarrels between the women. Will Anita and Amy get to peace after Amy’s comment in Mauritius? And how does Mariska and Karen feel about each other now?

The show also ended on an uncomfortable note for Michelle and Candice. Will Candice speak more about why she can’t handle Michelle’s moodswings? And Michelle clears up her feelings about the split in the group with Anita, Karen and Michelle on the one side and Amy, Mariska and Candice on the other that according to Michelle was part of the problem.

The women also started various businesses during the filming of the show. How does Anita feel about Amy’s Cap Classique, Amelia? And Mariska explains that ‘Bitch stole my podcast’ comment when Michelle announced to the group that she is also starting a podcast series. Candice tells more about progress of her and her husband’s De Vier-restaurant in Stellenbosch and Mariska’s online secondhand clothing store, SELLfie, is doing well.

They also talk about Karen’s drama at Enigma mansion and the trip to Hoedspruit. And does Anita still have her voodoo doll?

Tune in and hear the housewives answers to all of the controversy in the media. Some of their answers will shock viewers...

 Die Real Housewives van die Wynlande reunion episodes are on Thursday 13 and 20 July at 20:00 on kykNET, DStv channel 144. Binge the whole series from episode 1 on DStv Catch Up.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top