Dinge van ’n kind (kykNET-reeks) na aanleiding van ’n braaibroodjie

  • 0

https://kyknet.dstv.com/program/dinge-van-n-kind/gewilde-boek-die-dinge-van-n-kind-omskep-in-tv-reeks/nuus

...........
Voor die braaibroodjietoneel bespreek word, moet die swembadtoneel genoem word. Die een maak voorbrand vir die ander.
.........

Voor die braaibroodjietoneel bespreek word, moet die swembadtoneel genoem word. Die een maak voorbrand vir die ander.

Somervakansie langs die swembad. Als is bedek in ’n oranjegeel 1970’s-somergloed. Twee tienerlatte, drie tienermeisies. Die seksuele spanning loop hoog. Die onderwerp onder bespreking is dagga en borste. Dagga rook lei tot groter borste onder mans, beweer ’n koerantartikel. Dalene wonder of dit van toepassing is op vrouens. Simon sê haar borste is perfek en sy sak onder die water weg.

Sy sê sy kan lank onderwater bly, want sy oefen al vir jare in die bad. Enige iets om seker te maak sy lewe nog. Simon trek haar uit die swembad uit. Sy sit tussen die twee jong latte. In ’n onbewaakte oomblik sê sy: “My kop raak partykeer net so swart. Net soos ’n groot swart gat.”

Die twee latte kyk nou anderpad. Die drie meisies word geroep om te kom braaibroodjies maak.

Goed, ons is nou in die kombuis. Die eerste skoot is die kombuistafel van bo af. Vreeslik mooi belig. Oranje tafeldoek met blomme. Die botterbak is glas, die rasper is ’n pragstuk uit die ’70’s uit. Al die bestanddele is daar – uie, tamatie, kaas, sout en wit plaasbrood. Jy moet mooi kyk na die detail.

.......

Jy moet mooi kyk na die detail.
........

Volgende skoot is die drie meisies besig om brood te smeer, tamaties te pak en hulself te verlustig in tienerskinderstories. Onder bespreking is Hein en Jolene wat in die bed gevang is, virgins, jagse seuns, maar op dieselfde trant ook die Broederbond en die Voortrekkers. Jy moet mooi luister vir die nuanses.

Die drie meisies verteenwoordig die argetipes. Jy het die boekwurm (Mart), die lewenswyseslet (Dalena) en die gawe, maar effe vae, derde wiel (Suna). Die vertolkings is eg. Jy moet elke volronde karakter geniet.

Daar word genoeg braaibroodjies gemaak vir die familie, plus ’n rugbyspan, want die regisseur gee vir elke karakter, elke sin ruimte om te wees. Jy kan asemhaal.

In die agtergrond, en uit fokus, was die bediende in ’n bediende-uniform die kombuisvenster. Sy staan buite hul lewens, sy dien hulle stil-stil. Daar is ook elders ’n tuinier wat ’n kruiwa stoot, ’n ry buite ’n restaurant. Jy moet oplet na die simbole.

..........
Die braaibroodjie-toneel is een van talle wonderlike tonele wat saamgeryg word om ’n ongelooflike reeks te skep, ’n reeks wat heeltemal onafhanklik staan van die boek en die toneelstuk.
...........

Die braaibroodjietoneel is een van talle wonderlike tonele wat saamgeryg word om ’n ongelooflike reeks te skep, ’n reeks wat heeltemal onafhanklik staan van die boek en die toneelstuk.

Hier is baie om oor opgewonde te wees

 

 

  • Dinge van ’n kind begin Dinsdag 10 Mei 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks sal ook op DStv Catch-Up beskikbaar wees.

 

Lees ook:

Toyota US Woordfees 2020: 'n onderhoud oor Die dinge van 'n kind

Die dinge van ’n kind in Februarie by HS Jan van Riebeeck ná COVID 2021-speelvak pootjie

Boekresensie: Die dinge van 'n kind deur Marita van der Vyver

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top