Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Derde Taalbeweging
2020-04-16"Van land tot verre land
kom ons geslote kloosterorde
elektronies in beweging"
Marina Tsvetajeva skryf
2020-04-15"vir maande al eet ons
nou perdevleis
ook net die goedkoopste snitte"
Foto uit Wuhan: 4 April 2020
2020-04-08"ek gee twee kersies aan
deur die hek
ontsmet die glitterpop dis al wat ek vandag het"
To fly a mockingbird
2020-04-03"hold out thy hand so they could rest,
the night would die, the endless sky."
Regtig
2020-03-31"Is daar regtig ’n haas in die maan
en is hy alleen of het hy ’n maat?
Is daar regtig ’n Vader Kersfees
of is dit net ’n leuen van kindwees?"
Vensters
2020-03-31"Buitekant die vensters tussen hulle en ons,
daar waar kar-uitlate en toeters gons,
dwaal die asemlose spoke."
Ring around the rosies
2020-03-30"ons gorrel sout en asyn
oorleef op lou water
was die velle van ons hande af"
Vlug van die draakvoël
2020-03-30"Die draakvoël se woede wat nou
’n durende afstand bring
tussen mens
en mens"
Tuiskwarantyn
2020-03-30"Binnenshuis is families
na mekaar gekeer,
buite is gemaskerde emoji's
op straat
Ons probeer paniek kalibreer"
Pêrels van geluk
2020-03-30"Vir jou, my liefste kind
stuur ek die mooiste seënwense
uit my moederhart gekerf …"
Korona
2020-03-23"Sonder visum is Hy Italië toe om haweloses
op te spoor; Hy vind oral kreunende sterwendes
en doodsengele wie se vlerke oor kwylendes flapper"
Kwarantyn
2020-03-23"Gemaskerdes bring nooiensbesoeke aan leë katedrale
padskrapers dreun deur vakansieoorde
Om die stil as van die aarde vermenigvuldig Covid-19"
Isolatorium
2020-03-23"todat ons die virus se kriptoniet vind, dit verstaan,
is die nuwe halflewe van ons bestaan
net skoon PI-bindings in tuisbly-energie"
