Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Die lewe is ’n plek deur Estelle Brits: ’n lesersindruk

Trisa Hugo Lesersindrukke 2024-04-23

"Daar is meer verhale wat jy met ’n knop op die maag lees en die einde wil uitstel, maar jy kan nie. Die lewe gebeur en die lewe is ’n plek. Die liefde in verskeie vorme is inderdaad deel van die lewe en die bundel sluit dit ook in."

Bloedsomer deur Sidney Gilroy: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2024-04-17

"Wat die meeste beïndruk, is hoe op aarde Gilroy, ’n sterk, gespierde Afrikaanssprekende man, dit oortuigend regkry om in ’n vrou se kop te klim. Dit moes moed en emosionele insig gekos het. En dan nog boonop iemand van ’n ander ras en kultuur as syne."

Laaste kans deur Marita van der Vyver: ’n resensie

Yolanda du Toit Resensies 2024-04-11

"Marita slaag daarin om die leser ’n voyeur te maak in elke karakter se lewe en spoel gemaklik heen en weer tussen die bladsye tot op die laaste (foto-) blad."

’n Huldiging: Karel Schoeman, stiltes en stemme deur Willie Burger – grootse skrywer se lewe en werk veelkantig belig

Gerda Taljaard-Gilson Resensies 2024-04-10

"Schoeman was ’n grootse skrywer wat nie net gemarginaliseerde historiese figure aan die vergetelheid ontruk het nie, maar ook homself, danksy sy onveergeetlike boeke."

Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n lesersindruk oor juridiese perspektiewe

Willem Krog Lesersindrukke 2024-04-10

"In Gebeente gebruik Van Heerden op ’n uiters innoverende manier kernelemente uit die regsfilosofiese werklikheid, soos regspositivisme, pandektisme, regsnihilisme en die postmoderne manifestasie van verskillende (en dalk uitgediende) regsfilosofieë."

Darlings of Durban by Shafinaaz Hassim: a book review

Imraan Coovadia Books and writers 2024-03-28

"But it is fantastical, in ways which aren’t entirely positive, to read a contemporary novel which treats the very thin bubble of glamour in the city without asking about the facts lying right within the bubble ..."

Love and fury, a memoir by Margie Orford: a book review

Nancy Richards Books and writers 2024-03-28

"[I]n this book she has less 'chosen' the events of her own life than been strong enough to grasp, grapple with and capture them – laid them, you might say, as if on a mortuary slab. Except, mercifully, she didn’t die."

Vlug van gister deur Jan Bonthuys: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2024-03-25

"Bonthuys neem die leser op ’n empatiese wyse op reis met ’n vernielde vrou wat haar weg na ’n veilige plek soek."

Geheime op Philadelphia deur Riaan Grobler: ’n lesersindruk

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2024-03-25

"Dis vir my verfrissend om in hierdie genres iets te lees wat deur mans geskryf is, en boonop agter te kom dat hulle siening oor die liefde nie noodwendig anders as vrouens s’n is nie."

Bloedsomer deur Sidney Gilroy: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2024-03-19

"Waarvan Gilroy nie wegbreek nie, is sy wenresep om sterk sosiale temas aan te pak. Dit gaan oor meer as armoede en domestic noir. In Bloedsomer vlek hy nie net die tema van afwesige vaders oop nie, hy sny ook in die gedagte van vaders wat liefs afwesig moes wees. Ons kry ook ’n indiepte kyk in die soeke na manwees en ’n verlore siel wat enigiets sal doen om te behoort."

It’s always Friday somewhere in the universe deur Joe Kitchen: ’n resensie

Stefaans Coetzee Resensies 2024-03-06

"'Lees die verdomde boek!' Dit sal egter nie werk nie, tensy die Gordon Ramsay van resensente (lees Joan Hambidge) dit verkondig."

Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n interpretasie

Chris van der Merwe Leeskringe 2024-02-29

"Die boek lewer diepsinnige kommentaar op ons tyd, maar vertel ook ’n boeiende storie, soos Fermi dit wou hê. Die spanning word gewek en volgehou deur die wisseling tussen vertelperspektiewe, deur verrassende openbarings en boeiende wendings, tot by die aangrypende hoogtepunt van die slot."

aalmoes vir die bootman deur Andries de Beer: ’n lesersindruk

David Carlo Steyn Lesersindrukke 2024-02-28

"aalmoes vir die bootman is ’n bundel van rou maar fyn verse, asook ander mediums soos visuele stukke en vrye uitbeeldings van die Afrikaanse gees, wat sonder pretensie of die algemene stoere hekwagtervorm, meevoer."

Kanniedood deur Joha van Dyk: ’n lesersindruk

Irma Steffens Lesersindrukke 2024-02-27

"In Kanniedood fokus die skrywer veral op bendes en kry die leser ’n goeie idee hoe gevaarlik dit werklik is wanneer bendes in gebiede bedrywig is. Soos die verhaal ontvou, trek die knop op my maag al hoe stywer, want die gevaar raak al hoe groter."

A sociological analysis of Breaking the bombers by Mark Shaw

Deon Pretorius Books and writers 2024-02-23

"Shaw provides excellent evidence to show that wherever and whenever different societal agents and agencies started moving towards cooperation and collaboration, they started becoming effective. When the agencies of the state started talking to one another and when leadership compelled the institutional actors to collaborate, the situation changed positively."

Die rooi boks deur Piet van Rooyen: ’n lesersindruk

Marieta McGrath Lesersindrukke 2024-02-20

"Tydens ’n familiekuier in Australië het Van Rooyen se dogter ’n rooi boks gekoop. Binne-in die boks was ’n reeks 'gesprekspyskaarte' (conversation menus) met die doel om ’n groep mense sover te kry om oor dieper dinge te gesels en mekaar te leer ken."

Beyond the door of no return by David Diop: a book review

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2024-02-20

"If you’ve loved the sparse ironic tone of Amor Towles’s A gentleman in Moscow, you’ll love Beyond the door of no return."

Manifesto: A new vision for South Africa by Songezo Zibi: a review

Rory Riordan Books and writers 2024-02-13

"With his having written Manifesto, his patriotism and determination to make South Africa a better place are indisputable. And his willingness to abandon an obviously successful career to see through his ideals is very unusual in a country now dedicated to 'What’s in it for me?'."

Dark Horizon deur James Swallow: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2024-02-13

"Van die beste spioenasierillers skep spanning deur ’n gewone mens in ’n agent te verander te midde van ’n dodelike samesweringskomplot. Lesers identifiseer makliker hiermee as met die hoogs opgeleide black ops-operateurs, aangesien ons almal daarvan hou as die underdog triomfeer."

Die fantastiese mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman: ’n lesersindruk

Irma Steffens Lesersindrukke 2024-02-05

"Asof ’n nag in die selle nie reeds erg genoeg is nie, stap mevrou Smit die volgende oggend haar nuwe tuiste binne en vind die liggaam van die vermoorde eiendomsagent, Suzette Pelser, op haar kombuisvloer. Is dit blote toeval dat die vermoorde redelik baie na ’n jonger en maerder weergawe van mevrou Smit lyk?"

Top