Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Leo deur Deon Meyer: ’n lesersindruk
2023-11-22"Wat is ’n speurder sonder ’n misdaad om op te los of Bennie sonder dranklus om te onderdruk? In Leo word sy troudatum ingespan om ekstra spanning op te bou."
Die kerkseun deur WA Janse van Rensburg: ’n lesersindruk
2023-11-21"Die ander deel van die storie word sommer op die (baie mooi) voorblad uitgespel. Willem ontmoet ’n wulpse vrou en daar word ’n appeltjie gepluk, wat natuurlik ook konflik teweeg bring."
Voorblad deur Hannes Visser: ’n lesersindruk
2023-11-21"As joernalis is Alex gewoond daaraan om boodskappe met nuus uit verskeie bronne te ontvang. Wanneer hy boodskappe uit ’n onbekende oord ontvang, raak dinge gou vreemd."
Joernaal deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk
2023-11-16"Du Plessis se sukses as digter is waarskynlik veral daarin gesetel dat sy verse spreek tot ’n veel minder tradisionele lesersgehoor, mense wat dalk nie aldag tipies gelok voel tot poësie nie. Anders gestel, dit is verse wat waarskynlik as meer toeganklik vir die gemiddelde leser beskryf kan word."
Son of a whore by Herman Lategan: a review
2023-11-13"For those few hours that you read the book, and hopefully afterwards as well, you feel less mad and less alone."
Leeskringresensie: I am Ella: a remarkable story of survival, from Auschwitz to Africa deur Joanne Jowell
2023-11-10"En die Ella wat van Warskou gekom het en in Brakpan haar lewe kom maak het, praat ’n bietjie Afrikaans! Sy noem haarself ’n boeremeisie en verklaar uitbundig hoe mal sy oor haar lewe in Brakpan was."
Openbarend: ’n resensie van Minder as water deur Morné Malan
2023-11-06"Die denkbeeldige Noord-Kaapse dorpie Bitterwater moet ontruim word om plek te maak vir ’n groot dam, en dis konstabel Cheslin Fielies, verbonde aan die Viooldrif-grenspos, se werk om seker te maak dat die inwoners betyds verwyder word."
’n Lesersindruk van Deur die tonnel van twyfel, Koos Kombuis se jongste boek
2023-11-06"Die boek se titel verraai ’n tweërlei opset: Dit is eerstens ’n vertelling oor Koos se eie lewe en oor hoe hy sy twyfel oorkom het (Deur die tonnel), maar deur sy vertelling probeer hy ook ’n gesprek oor waardes aanwakker (op soek na waardes)."
Die geheime klippieklub deur Erla-Mari Diedericks: ’n lesersindruk
2023-11-02"Laag op laag, elke een op sy eie met unieke eienskappe, maar as geheel vorm dit ’n perfekte balans. My oerwonde wat heelgemaak word daardeur, vind weerklank uit die gevoel van Die geheime klippieklub."
Die Feetjie-Polisiediens deur Leon-Ben Lamprecht: ’n lesersindruk
2023-11-02"Nou, wanneer jy die tradisionele sprokies lees, het jy al ooit gewonder: Is daar nie polisie in feetjieland wat al die misdade wat gedurig plaasvind, probeer bekamp nie? Is daar nie reg en geregtigheid nie?"
Die laaste kanariegeel notaboek deur Anchien Troskie: ’n resensie
2023-11-01"Anchien skram nie weg van moeilike onderwerpe nie. Haar eie lewe getuig van ’n diepgewortelde ken, en sy wéét hoe diep mishandeling op alle vlakke kan sny. Hoe jy daardie ervaringe in jou onderbewussyn kan bêre om jouself te probeer beskerm, maar hoe dinge van die verlede hulle nie vir altyd laat begrawe nie."
Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger, ’n lesersindruk
2023-11-01"Die titel Kammawaarwêreld gee ’n leidraad dat hier ’n ruimte is waar 'kamma' (fiksie) en 'waar' (feit) vermeng word."
Wanneer skaduwees kantel deur Elize Parker: ’n lesersindruk
2023-11-01"Die verhaal speel af in die Laeveld met die drie niggies Lenore, Tarien en Bella se wedervaringe wat sentreer rondom die plaas Bateleur waar die tragedie van ’n skietongeluk van jare gelede by die familie bly spook en patriargoupa Tjaart van der Walt vanuit die graf steeds sy gewig laat geld."
Dan sien ons mekaar deur James Scott: ’n resensie
2023-10-30"Dit wat dié sielkundige daagliks in sy tuiskantoor beleef, gee hom nie net insig in die lewens van ander nie, maar ook die geleentheid om die lief en leed van sy eie lewensreis te deel."
Hartsmense, ’n kortverhaalbundel deur Cliffordene Norton: ’n resensie
2023-10-26"Hartsmense is nog ’n trappie in Cliffordene Norton se ontwikkeling as ’n bekwame en veelsydige skrywer. Sy beskik oor ’n helder skryfstem wat hopelik nog dikwels in die toekoms in Afrikaans gehoor sal word. Die bundel word sterk aanbeveel vir lesers met ’n liefde vir kortverhale, maar ook vir enige leser wat beperkte tyd vir lees beskikbaar het."
Lewensreis deur die teater sit in my bloed deur Mari Mocke: ’n lesersindruk
2023-10-25"Dit is vir jou as jy ’n toneelliefhebber is, iemand met of sonder dramaopleiding, met moontlike ervaring van spel, regie, verhoogbestuur, kostumering, grimering, stelontwerp en -bou, beligting, reklame en resensering."
Each mortal thing by Michiel Heyns: a review
2023-10-25"The wheels obviously come off, or we wouldn’t have a story. I won’t give anything away, but trust me when I say that Heyns is a masterful storyteller and the narrative often veers off in quite unexpected directions."
Avenues by train by Farai Mudzingwa: a review
2023-10-24"There’s an inherent risk of disharmony in this, but most amazingly the symphony of the book is melodious, and it fluently overlaps in a pleasing manner that doesn’t tax the reader’s concentration powers. I am sure it owes that not only to the writer’s skills, but also to those of the book editor. It is superbly achieved."
Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n resensie
2023-10-18Kammawaarwêreld is ’n roman waarby talle lesers aanklank sal vind. Met die einde van die jaar wat nader kruip, is hierdie die ideale roman om tydens die vakansie te lees en te reflekteer oor die lewe en die betekenis daarvan. Want soms wil elke mens dalk net vir ’n wyle van sy of haar eie “storie” ontsnap en die nagmerrie in ’n sprokie omskep."
Sirkelgang deur Johann Lodewyk Marais: ’n resensie
2023-10-18"Marais het veral as ekodigter bekend geword en in Sirkelgang kom die groter spektrum van die Antroposeen en spesieverse aan bod. Ter bewaring, ter optekening, ten einde insig en begrip te verkry, bou die digter bundel vir bundel aan ’n geheel wat verrys soos ’n argief of ’n diorama teen die horison."
