Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Vir eensgesindes en gelykgestemdes: Jerzy Koch se Polkadraai

Karen de Wet Resensies 2023-04-04

"Polkadraai gooi die net van die poësie en van taal met ’n wye Kaapse draai en sal ’n aandagtige leser ruim beloon."

Bot deur Carien Smith: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2023-04-04

"Smith draai nie doekies om nie en ontbloot sonder skroom die moontlikheid van ’n toekomstige Suid-Afrika waarin iets soos beurtkrag as onbenullig afgemaak sal word vergeleke met ’n distopiese samelewing wat moontlik ons daaglikse realiteit kan wees."

Ver in die wêreld, saamgestel deur Frederik de Jager: verpligte leesstof vir voornemende emigrante

Marni Bonthuys Resensies 2023-03-30

"Maklik is emigrasie gewis nóóit nie. Dít is dan presies wat hierdie bundel so knap maak: Dit benader ’n komplekse gesprek genuanseerd en bewus van die voor- en nadele ter sprake."

’n Resensie van The incredible beat of my heart en Geruisloos, ongemerk deur Henali Kuit

Irene Schoonwinkel Resensies 2023-03-29

"Die naasmekaarstelling van realisme en surrealisme in dieselfde verhaal beklemtoon die gebruik van surrealisme soos dit die kontras van wat werklik en onwerklik is, teenoor mekaar stel."

A book of personalised histories, a review of The inheritors by Eve Fairbanks

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2023-03-29

"In this era of historical revisions by both white conservatives and radically woke activists who’re obsessed with trying to use history as another weapon of politics, perhaps this recalling of our lived experiences beyond mere ideologies is what will free us from these demagogues."

Omgee vir slagoffers: ’n lesersindruk van Michael Connelly se Desert star

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-03-29

"Ek kon nooit my vinger daarop sit waarom Connelly se boeke vir my so uitstaan nie. Dalk is dit sy indiepte-waarneming van speurders en sy gesels met moordenaars wat sy boeke geloofwaardig maak en die leser deel van die ondersoekspan laat voel."

Ghost limb deur Almini van der Merwe, ’n resensie

Susan Booyens Resensies 2023-03-23

"Sy besin as volwassene oor die impak wat hul huiswerker, Johanna, kleintyd op hulle as gesin gehad het en hoe sy steeds aan die periferie van haar bewussyn bly, ten spyte van volgehoue pogings deur die res van die familie om haar te vergeet."

Die seemeeu kom sit: E Kotze voltrek die skrywersirkel met Hulle noem haar Carminda

François Verster Resensies 2023-03-22

"Soos dit ’n skrywer betaam, al het sy nooit dié titel nagejaag nie, het sy dus geslaag waarin betreklik min ander storievertellers én woordkunstenaars al kon slaag: Sy het eenvoudig geskryf, en van dié eenvoud dan lewendige, gelaagde en geslaagde metafore van Die Lewe geskep."

LitNet Akademies-resensie-essay: Toegepaste taalkunde in Afrikaans, WAM Carstens & TJ van Dyk (redakteurs)

Roné Wierenga Resensies 2023-03-16

"Deur bevordering van ’n toegepaste benadering tot taalkunde kan die uitdagings rondom taal in Suid-Afrika op ’n effektiewe en praktiese manier aangepak word."

Geloofsgesprekke in die Tsitsikamma deur Julian Müller, ’n lesersindruk

Jean Oosthuizen Lesersindrukke 2023-03-14

"Hierdie belydenis van onder andere Jesus wat gebore is 'uit die maagd Maria', 'die opstanding van die vlees' en die 'ewige lewe' maak vir baie gelowiges nie meer sin in die wêreld waarin ons vandag leef nie."

Wraak! ’n Lesersindruk van Hunting time deur Jeffery Deaver

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-03-13

"Die skrywer stel gewoonlik sy plot soos ’n ervare bommaker saam – booby trap op booby trap."

Boeiend en met deernis: The price of mercy deur Sean Davison, ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-03-09

"’n Mens sal ’n fout maak om te dink dat hierdie onderwerp een is waarby jy geen belang het nie. Die mens se lewe kan in ’n oogwink verander na aanleiding van ’n motorongeluk, ’n diagnose, of wat ook al die geval mag wees. Dit is inderdaad wat met talle mense gebeur het wie se stories in hierdie boek gedokumenteer word."

Aangeraak in die maalstroom van die Paasgebeure deur Jopie Coetzee, ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2023-03-02

"Elkeen van hierdie 42 verhale staan op sy eie, maar vorm saam ’n geheel as roman. Wat opvallend is, is hoe die skrywer in al hierdie verhale met slim taktiek en fyn nuanses die leser lok om dieper te lees, dieper na te dink en emosies te ervaar asof die leser self dáár was."

Demensie en alzheimersiekte: Ervaringsindruk van twee boeke

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2023-03-02

Louise Viljoen het persoonlike ervaring van die versorging van ’n persoon wat hulp nodig het. Sy resenseer hiermee twee boeke, Beurtelinge deur Pirow Bekker en Tussen die hamer en die aambeeld … met alzheimers deur Wilna Hugo. Sy skryf die resensie in die vorm van twee ervaringsindrukke.

Power in the New Testament deur Pieter GR de Villiers en Annette Merz (redakteurs): ’n resensie

Chris L de Wet Resensies 2023-03-02

"Hierdie boek lewer belangrike nuwe bydraes oor hoe die diskoers van mag in die Nuwe Testament gefunksioneer het. Die inleidende en oorsigtelike studies, sowel as die spesifieke gevallestudies, toon duidelik die kompleksiteit van magsdiskoers, en hoe mag op intersosiale en intragodsdienstige vlakke gewerk het."

Mike Nicol se roman The rabbit hole is trots Suid-Afrikaans, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-03-02

"Alhoewel Fish, die surfer / privaatspeurder wat dagga smous, my sterk aan Vachss se Burke laat dink, is dit sy newekarakters wat die boek as eg Suid-Afrikaans brandmerk en ’n outentieke geur gee."

Time shelter deur Georgi Gospodinov, ’n lesersindruk

Johan Schoeman Lesersindrukke 2023-03-01

"Die lees van die boek het my herinner aan ’n moderne Milan Kundera (The book of laughter and forgetting). Time shelter speel aanvanklik met die kwessies van onthou, vergeet en die persoonlike belewenis hiervan, veral by mense wat aan Alzheimer se sindroom begin ly."

Iets vir baas én Klaas: ’n lesersindruk van Impossible bosses

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-02-23

"Wat nogal verfrissend is, is dat daar in die boek op ’n heel genuanseerde manier na hierdie 'moeilike bestuurders' gekyk word. Die klem word gelê op die feit dat eienskappe nie noodwendig altyd inherent goed of sleg is nie. Alles word bepaal deur die situasie en konteks."

Wimpers op lakens belig vrouwees: ’n lesersindruk

Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2023-02-16

"Die vertellinge begin gewoonlik waar die vroue ’n afspraak maak sodat Bredenhann hulle afneem. Reeds dán al vorm hy ’n idee van die vrou wat vir sy kamera gaan poseer, maar hy word telkemale verras, want vroue is soveel meer as hoe hulle lyk en wat hulle sê."

Project Paperclip: a reader’s impression of Bridget Krone’s youth novel, The Cedarville shop and the wheelbarrow swap

Irene Schoonwinkel Books and writers 2023-02-16

"This is definitely a novel I would recommend to anyone who wants to read something that embodies traditional South African words, phrases and sayings. It would certainly make an excellent gift for non-South African readers!"

Top