Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Twee Suid-Afrikaners kan die wêreld iets leer: ’n lesersindruk
2023-02-09"Ek voel sterk dat die antwoord in Suid-Afrika lê. Jaco Wolmarans se Ivoor en Dibi Breytenbach se Buit sal nie net die leemte vul nie, maar sommer ook die genre upgrade."
In the midst of it all by Thabile Shange: a book review
2023-02-09"This book is an important literary contribution to the discourse on xenophobia in South Africa. With love at the centre, In the midst of it all demonstrates just how we’re all more alike than what we might think."
Vernuwende werk: ’n lesersindruk van A quiet man deur Tom Wood
2023-02-08"Dit is tyd dat skrywers van huurmoordenaars en koverte operateurs as antihelde dieper delf om nuwe lewe in die genre, wat sedert die oorlog teen terrorisme ’n ongekende bloeitydperk beleef, te blaas."
Our poisoned land: living in the shadows of Zuma’s keepers deur Jacques Pauw – ’n resensie
2023-02-07"Die lees van Our poisoned land was vir my ’n moeilike ervaring. Dit het my genoegsaam ontstel dat ek net ’n paar bladsye op ’n slag kon lees. Dit wil voorkom asof min of meer elke deel van die staat tot aan die stingel verrot is van die korrupsie, en asof nie net die wil nie (dis al sleg), maar algaande ook die vermoë (dis erger) om hierdie kanker te klop, by die Suid-Afrikaanse staat ontbreek."
60 op 60 deur Clinton V du Plessis, ’n genuanseerde bundel
2023-02-06"Afrikaans en die Suid-Afrikaanse ervaring staan sentraal in Du Plessis se verse, maar agter al die dokumentasie van stories en karakters skuil daar ’n boodskap in Du Plessis se verse, ’n mens kan sê ’n metanarratief, wat spreek van die mens se ewige soeke na konneksie, sin, betekenis; in kort: stories."
The presidents. From Mandela to Ramaphosa, leadership in the age of crisis deur Richard Calland en Mabel Sithole: ’n resensie
2023-02-02"Op die keper beskou is hierdie boek bepaald die lees en die aankoop werd. Hoewel dit nie asembenemende nuwe insigte bring nie, is dit ’n bruikbare opsomming en bestekopname van presidensiële leierskap in ’n demokratiese Suid-Afrika. Dis nie ’n briljante boek nie, maar beslis ’n baie goeie een."
Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging onder redaksie van Karen de Wet – ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2023-02-01"Wat ek wel besef het met die lees van Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, is dat hierdie huldigingsbundel (en eweneens dié oor enige ander voormalige groot literêre geeste) volle sin sal maak alleen as mens dit met al haar publikasies byderhand kan lees."
Gender equity and reconciliation: Thirty years of healing the most ancient wound in the human family: ’n resensie
2023-01-31"Maar dis nie net ’n belangrike bydrae tot die akademiese diskoers oor gender nie. Dis ook ’n maklik-leesbare teks wat die beginner wat belangstel in verhoudinge tussen mans en vroue (en is dit nie ons almal nie?), sal voorsien van ’n stewige basis van waar ons kan begin dink oor versoening tussen genders."
Drake deel nooit deur Nicola Kinnear: ’n resensie
2023-01-25"Die doel van die storie is om kinders meer te leer oor die belangrike beginsel van deel. Skrywers word gewoonlik gewaarsku dat dit ’n doodsonde is om ’n les in ’n kinderstorie in te werk, maar die groot geheim is om dit só te doen dat jy nie jou lesertjies se intelligensie onderskat en boonop prekerig oorkom nie. Die les moet op ’n heel natuurlike wyse onontbeerlik deel van die storie vorm."
’n Dagreis ver deur Zarine Roodt: ’n resensie
2023-01-24"Vir ander kan sy nou sê: Die Camino-avontuur, veral die potensiaal vir insig, is net ’n dagreis ver, soos ook die titel suggereer. Ėlke dag van die staptog was trouens ’n nuwe reis. So ook elke dag wat vir elkeen van ons begin."
’n Lesersindruk van Hunter Killer deur Brad Taylor
2023-01-24"Gewere kletter sonder end, almal ken hul wapens en die boeke is deurdrenk van inside inligting – hierdie boek is geen uitsondering nie."
Die tweede wenner van die R1 500-prys
2023-01-24"Enige joernalis kan beaam dat as mens moeilikheid wil soek, jy dit die maklikste sal regkry deur oor godsdiens te skryf, en spesifiek ’n wenkbrou te lig oor die aard en relevansie van die Bybel vir die moderne leser."
’n Resensie van The Cedarville shop and the wheelbarrow swap deur Bridget Krone
2023-01-23"Dit alles skep ’n sensitiewe, speelse en plek-plek snaakse verhaal vol deernis, liefde en genade."
Heimwee deur Sophia Kapp: ’n lesersindruk
2023-01-20"Dit is ’n wonderlike getuigskrif van ’n ma, nie die stereotipiese goeie of slegte moederfiguur nie, maar van ’n vlees-en-bloed-ma. Met al haal foute en haar tekortkominge. Dit maak Heimwee besonders."
AfvlerkMens deur Grant Jefthas: ’n lesersindruk
2023-01-20"Die digter waag om die bundel in kombinasies van Standaardafrikaans, Engels en Kaaps aan te bied en wend die variasies doeltreffend aan om die onderskeid in lewenstadiums te illustreer. Die gedigte wissel eweneens tussen tradisionele rymvorme en vrye verse en dis veral by laasgenoemde waar die digter se talent rou en onbeskroomd geopenbaar word."
Quality itself, a review of The quality of mercy by Siphiwe Gloria Ndlovu
2023-01-17"This is indeed a novel not only about the quality of mercy, but with that quality itself."
Goed-geskryfde familiedrama, ’n resensie van Uit die donker deur Santie van der Merwe
2023-01-17"Santie van der Merwe slaag uitstekend daarin om mense se emosies te ontleed. Sy het ’n goeie begrip van hoe oud en jonk dink en optree. Sy verstaan hoe ’n tiener se kop werk."
Terug na ’n plek van gebed, ’n resensie van Die net is gebreek deur Chris van der Merwe
2023-01-17"Hierdie boek maak die menslike ervarings waarmee ons almal worstel, werklik en verstaanbaar. Verder lei die skrywer die leser stap vir stap aan die hand en volgens die Bybel terug na ’n plek waar gebed weer ’n toevlug kan word."
Die geskiedenis word lewendig in Chris Karsten se Op pad na Moormansgat
2023-01-17"En natuurlik kan jy nie onaangeraak bly deur Karsten se ongelooflike talent as woordkunstenaar nie. Sy vermoë om iets doodgewoons só anders te stel, terwyl die sosiale kommentaar so half onopsigtelik saam geabba word, is iets wat ek regtig van sy boeke geniet."
Moerstaāl deur Loit Sōls: ’n resensie
2023-01-16"Hierdie bundel laat Afrikaans sing en huppel en ween en lag met ’n soepelheid wat ek lanklaas gesien het. Dis ’n viering van taal wat weier om kop te sak vir die andersheid van uitspraak en uitkyk."
