Lesersindrukke
Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.
Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.
Ek & jy: verhoudings wat werk deur Louis Awerbuck en Lise Swart: ’n lesersindruk
2018-05-23"Dis nie ’n boek van komplekse filosofie nie. Die filosowe word baie vlugtig besoek, en dan begin die nare waarhede uit die blaaie uitklim. Mense trou met vreemdelinge."
Sterre en planete: ’n lesersindruk
2018-05-16"Dit is ’n uitdaging om die sterrekunde toeganklik te maak vir die leek, en die boek vul ’n belangrike gaping in daardie opsig."
Confessions oor kerkwees deur Jaco Strydom: ’n lesersindruk
2018-05-10"Vir vyf, party weke ses, dae per week, werk ek vir agt ure skouer aan skouer saam met Suid-Afrikaners van elke ras, net om die sewende dag vir ’n uur elkeen in ons eie kerkie te gaan sit. Ons kan saam werk, maar ons kan nie saam ’n godsdiens beoefen nie."
The book club cookbook by Louise Gelderblom: reader impression
2018-04-24"If you love books and are hosting a book club evening where you also want to treat your guests to a culinary feast, look no further than this delightful cookbook by Louise Gelderblom."
Die Groenkloof-Rabies – Vyf reise deur Johan Krige: ’n lesersindruk
2018-04-24"Dit is ’n pragtige versameling wat bydra tot die bewaring van beide geskiedkundige gebeurtenisse en kultuurelemente. Dit laat ’n mens wonder oor jou eie erfenis en die bewaring daarvan."
Die Babalela-storieboek deur Martie Preller: ’n lesersindruk
2018-04-23"Die storielyne van die vier verhale is bedrieglik eenvoudig, maar die hope aksie en skitterende dialoog sal enige kinderhart steel."
How Heather got her HAT’ness back by Heather Costaras: reader impression
2018-04-16"How Heather got her HAT’ness back is a quick read, but its powerful message will stay with you long after you have put the book down."
South Africa can work by Frans Rautenbach: reader impression
2018-04-12"In the midst of what seems like a doubling down of authoritarianism by the South African government – from draconian proposed limits on free speech in the Hate Speech Bill to expropriation without compensation – an antidote arises: a blueprint and vision for a successful and open society. All it takes, simply, is freedom."
My low carb kitchen by Vickie de Beer: reader impression
2018-04-11"Paging through this book, I am struck by the huge variety of easy recipes that consist largely of everyday basics. The colour photographs by Craig Fraser do justice to the delectable food. I cannot wait to try out a few recipes!"
My Portuguese feast by Mimi Jardim: reader impression
2018-03-28"I am impressed by the wide and carefully chosen selection of mouth-watering recipes in My Portuguese feast. My favourite recipe by far is the golden koeksisters on page 48. Another firm favourite is the chicken and chickpea soup on page 104."
Vroue van Atlantis saamgestel deur Anastasia de Vries en Eldridge Jason: ’n lesersindruk
2018-03-20"Alhoewel elke vrou haar eie soort voorbeeld vir die gemeenskap is, het al twaalf van hulle die brandende begeerte om hoop terug in die gemeenskap van Atlantis te ploeg. ’n Gemeenskap waaraan hulle geheg is."
Rian: 16 dinge wat ek nié moes sê nie deur Rian van Heerden: ’n lesersindruk
2018-03-19"Soos ek deur Rian: 16 dinge wat ek nié moes sê nie gelees het, het ek besef dat hy, weliswaar orator van formaat, ook maar net ’n gewone mens is wat soms worstel met homself, met ander en met die ou lewe."
Geloof alleen deur André Pretorius: ’n lesersindruk
2018-02-27"Hierdie is ’n kragtoer. Nie alleen was dit ’n skitterende idee om in die Hervormingjaar 500 op die spoor van Luther en andere soos Calvyn sy reise te boek te stel nie, maar die beplanning en besinning oor waarheen die skrywer wil reis, is briljant."
Oor berge en dale deur Jackie Grobler: ’n lesersindruk
2018-02-09"Die boek dokumenteer die reise van die skrywer deur Suid-Afrika, op soek na enige monumente, insluitend grafte. Dan word die spesifieke monument kortliks in historiese konteks geplaas: Wat het daar gebeur? Wie was betrokke?"
Drie vroue en ’n meisie deur Hans du Plessis
2018-02-07"Du Plessis se roman is met ander woorde ’n hartseer en swaar uitbeelding van ’n harde en genadelose wêreld, maar terselfdertyd ’n pragtige uitbeelding van hoe arm mense mekaar in moeilike tye ondersteun."
Juliana. Een vorstin in een mannenwereld deur Jolande Withuis: ’n lesersindruk
2018-02-01"Jolande Withuis verleen gravitas en konteks aan ’n inderdaad buitengewone vorstin in ’n manswêreld. Juliana was ’n pionier en passievolle humanis wat die rol van die Europese konstitusionele monarg aansienlik verander het."
Die beste lesersindruk van 2017 aangekondig
2018-01-17Alle lesersindrukke wat tot en met 15 Desember op LitNet verskyn het, het in aanmerking gekom vir ’n
R1 000-kontantprys. Bibi Slippers het die inskrywings beoordeel en hier is die wenner!
Voor ons vergeet: sodat ons kinders ook kan weet: ’n lesersindruk
2018-01-16"Voor ons vergeet vertel die verhale van mense wie se stemme dikwels in die verlede nie geduld was nie. Die boek bied ’n mens ’n venster in die komplekse verhouding van die NG Kerk-familie – ’n familie wat vandag nog steeds net so broos is as tydens die jare van apartheid."
Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk: ’n lesersindruk
2018-01-05"Die laaste woord oor die dood is dit sekerlik nie, maar hierdie boek is ’n unieke en vars bydrae oor ’n onderwerp wat nog nooit, sover ek weet, op dié manier in Afrikaans aangepak is nie."
Weerlose weerstand – Die gaydebat in die NG Kerk deur André Bartlett: ’n lesersindruk
2018-01-03"Bartlett se boek volg die spoor van die sinodesittings en studiekommissies wat oor die jare in die NG Kerk gehou is rondom die kwessie van homoseksualiteit, en al die drama en intrige wat daarrondom ontvou het."
