Lesersindrukke
Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.
Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.
Spertyd deur Elsa Joubert: ’n lesersindruk
2018-09-04"Joubert beskryf met patos die 'skimwêreld' waarin die ouerwordende persoon hom/haar al hoe meer bevind: die verwarring, die vergeet van die alledaagse gryp jou aan die hart."
Dowe gode deur Dibi Breytenbach: ’n lesersindruk
2018-09-04"Die storie van die roman handel oor ’n hele paar sensitiewe en moeisame temas. Breytenbach het dit egter reggekry om op ’n elegante en eerlike manier oor hierdie temas te skryf, wat reg aan die verskeie temas laat geskied."
Anglo-Boer War (South African War) 1899–1902: Historical Guide to Memorials and Sites in South Africa deur Jackie Grobler: ’n lesersindruk
2018-08-28"Dit was sy doel om vir die student, die reisiger deur Suid-Afrika en die publiek ’n publikasie saam te stel wat aanvullend tot studies, as reisgids of as interessante leesstof benut kan word."
Die lucky strike deur Steve Hofmeyr: ’n lesersindruk deur Barend van der Merwe
2018-08-28"Alles in ag genome sou ek egter ter samevatting sê dat Die lucky strike, presies nes sy voorganger, interessante en prikkelende misdaadfiksie is."
Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk
2018-08-10"Die sielkunde agter misdadigers kan ons soos legkaartstukke aanmekaar probeer pluis vanuit die veiligheid van ons eie huise. Hoekom is misdadigers soos hulle is? En in die geval van ene Ralph Haynes is die vraag: Wat het van hom geword?"
Kringloop deur Bets Smith: ’n lesersindruk
2018-08-10"Bets Smith se roman was lekker om te lees. Dit neem onverwagse draaie en Smith hou die leser goed in die duister oor wie die ontvoerder is."
Brugbouers deur Rudi Buys: ’n lesersindruk
2018-08-03"Die boek is nie ’n geskiedenisboek oor die gebeure rondom die Reitz-video nie. Dit is eerder ’n boek wat probeer om die breë beginsels daar te stel van gemeenskappe wat verander. En verandering is iets wat nooit voltooi word nie. Dat daar konflik sal wees, is gegewe."
Steinhoff en die Stellenbosse Boys deur James-Brent Styan: ’n lesersindruk
2018-07-30"Dit is kommerwekkend om te weet hoe maklik feite verskans kan word agter ’n gloeiende verslag, hoe maklik die mens inkoop op iets wat op die oog af in orde lyk, en hoe aangewese die gewone mens is op kenners vir finansiële raad."
Rand en sent deur Suzaan Steyn: ’n lesersindruk
2018-07-26"Rand en sent is een van daardie praktiese boeke waarna mens weer en weer sal kan terugkeer vir praktiese raad oor finansiële sake, en oor wat mens moet doen om slaggate te vermy."
Die lucky strike deur Steve Hofmeyr: ’n lesersindruk
2018-07-18"Steve Hofmeyr beloon die Afrikaanse leser met ’n viriele leksikon om aksietonele onder woorde te bring en bewys daarmee waartoe dié taal in staat is."
Wie gaan in 2019 regeer? deur Jan-Jan Joubert: ’n lesersindruk
2018-07-17"Hoewel dit nie ’n klinkklare antwoord bied op hoe die 2019 algemene verkiesing gaan uitspeel nie, bied dit soveel meer as ’n kristalbalvoorspelling. Dit kan inderdaad as ’n soort eerste konsepdokument van die toekomstige geskiedenisboeke gesien word."
The Odyssey of Homer: A Southern African Translation deur Richard Whitaker: ’n lesersindruk
2018-07-12"Wat maak Whitaker se nuwe vertaling van die Odusseia in Engels en in versmaat dan iets besonders vir Suid-Afrikaners?"
Skermutselings en skandale: Paul Kruger deur ander oë, 1890–1895 deur Heinie Heydenrych: ’n lesersindruk
2018-07-11"By die lees van elke hoofstuk word die leser se verstomming al hoe groter. Skermutselings, skandale, korrupsie, nepotisme, omkopery en die aan die bande lê van die vryheid van spraak. Daar is niks nuuts onder die son nie ..."
Vers & kapittel deur Daniel Hugo: ’n lesersindruk
2018-06-27"Gerusstellend het ek geweet dat Hugo met wyd erkende gesag oor die onderwerp skryf. Vers & kapittel bevestig hom as ’n kenner van dié genre."
Polemieke – Bekgevegte in Afrikaans deur Gabriël J Botma: ’n lesersindruk
2018-06-25""Hierdie boek is ’n historiese studie van die grootste polemieke wat oor honderde jare in Afrikaans gevoer is, en dit fokus dus nie net op kontemporêre debatte nie."
Tot die dood ons skei deur Schalk Schoombie: ’n lesersindruk
2018-06-20"Daarteenoor lyk die bloedbad in Tot die dood ons skei na ’n onoorkombare berg, en miskien is dit nie meer genoeg om net met onsself nie, maar met die saak van die bevordering van vroueregte te identifiseer."
LitNet wag op jou lesersindruk!
2018-06-13Lees jy ’n boek waarvan jy ander lesers wil vertel? LitNet nooi alle lesers uit om hul indrukke van ’n boek wat gedurende die laaste twee kalenderjare verskyn het, te skryf en te stuur.
Rian – 16 dinge wat ek nié moes sê nie deur Rian van Heerden: ’n lesersindruk
2018-06-12"Die lief en leed van Rian van Heerden se openbare lewe het selfs my verwagtinge ’n bietjie oortref."
Die vyfde Aspoester deur Jan Vermeulen: ’n lesersindruk
2018-06-05"In die geheel is Vermeulen se roman ’n baie goeie speurverhaal wat sy lesers elegant na die antwoorde toe lei, maar wat terselfdertyd ook die leser míslei. Die roman bevat ook ’n universele boodskap van hoe monsters in die samelewing gekweek word en ongesiens kan rondloop."
Stroomop – Herinneringe van ’n koerantman in die apartheid-era deur Harald Pakendorf: ’n lesersindruk
2018-06-05"Stroomop dokumenteer ’n interessante stuk verlede van die Afrikaanse media, en het beslis my perspektief verruim."
