Lesersindrukke
Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.
Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.
Oor grense deur Ton Vosloo: ’n lesersindruk
2019-04-08"Nogtans is die boek die lees werd, veral omdat dit baie inligting dokumenteer oor Naspers se geskiedenis sedert die ontstaan van die internet, en ook omdat dit Vosloo se perspektief op van die gebeure uit sy lang loopbaan gee."
Die verevrou deur Jan van Tonder: ’n lesersindruk
2019-03-19"Die verevrou is nie ligte leesstof nie, en dis goed so. Nie alle romans hoef lig en donsig te wees nie. Ons het nodig om, soms onder protes, uit ons gemaksones gesleep te word."
Hostel deur Hein Willemse: ’n lesersindruk
2019-03-18"As sulks is die bundel ’n noodsaaklike dokument in die strewe om die volle waarheid oor apartheid te verwoord. As jy dus ’n alumni van die Universiteit van die WerkersKlas is, is hierdie boek ’n absolute móét."
’n Kantopmerking oor Richard Steyn se Louis Botha, a man apart
2019-03-10"Die titel vir die biografie kon selfs ook Louis Botha: a man of courage gewees het."
Het jy jou Retoer-kaartjie al gekoop?
2019-03-09"Van der Vyver se roman bestaan uit vele meer soortgelyke en ander kortverhale, meestal net twee bladsye, soms langer. Geskryf in die eerste persoon, die taalgebruik lewendig en aktief."
Liefde in die tyd van die internet: ’n stadsprokie deur Fransi Phillips: ’n lesersindruk
2019-03-09"Die boek vertel die verhaal van ’n vrou se vlug van haar gewelddadige minnaar na eksotiese Rusland, waar sy ’n Engels-onderwyser word en dan ’n verhouding aanknoop met een van haar studente, ’n welgestelde Russiese man, wat haar uiteindelik red nadat haar wrede voormalige minnaar haar ontvoer."
Al wat oorbly deur Santie van der Merwe: ’n lesersindruk
2019-03-07"Ten slotte is Santie van der Merwe se roman 'n eenvoudige, maar tog betekenisvolle verhaal oor familie, verhoudings, verantwoordelikhede en die lewe."
Die braambos bly brand: Nieteoloë se perspektiewe op Bybelverse – Pieter Malan en Chris Jones (reds): ’n lesersindruk
2019-03-06"Danksy al hierdie en nog ander uiteenlopende bydraes bly Die braambos bly brand deurgaans ’n boeiende boek. Elke skrywer bring ’n ander perspektief en onderwerp."
Rainbow nation my Zulu arse: Reader impression
2019-03-04"Khumalo really goes out of his way to research and explain the origins and meanings of the names of all the places that he visits. This, in itself, makes the book a wonderful read, as there are many surprises to the reader along the way."
Vereeniging – die onvoltooide vrede deur Leon Wessels: ’n lesersindruk
2019-02-27"Hierdie werk gee mens baie insig in veral die agter-die-skerms-politiek. Sy outobiografie is in keurige taal geskryf en onderhoudend; mens kan dit nie neersit tot die laaste bladsy nie."
Harris Dousemetzis se omstrede biografie oor Tsafendas: nóg ’n leser se indrukke
2019-02-27"In my gereelde Saterdag-rubriek in Die Burger het ek op 19 Januarie 2019 vertel het hoe ek my vervies het vir die Brit Harris Dousemetzis wat in sy boek oor Dimitri Tsafendas, The man who killed apartheid], téén alle logika en doodgewone gesonde verstand in aanvoer dat Tsafendas volkome rasioneel was toe hy Hendrik Verwoerd op 6 September 1966 in die parlement om die lewe gebring het."
Erfskandes deur Trisa Hugo: ’n lesersindruk
2019-02-14"Die verhaal lees vlot en telkens kom ’n nuwe kinkel te voorskyn wat die leser verras. Dis egter die tekening van die twee bejaardes en die interaksie tussen hulle wat vir my die hoogtepunt van die boek is."
Emily Hobhouse, geliefde verraaier deur Elsabé Brits: ’n lesersindruk
2019-02-05"Die leser moet hom of haar telkens afvra waar al die vrou se krag en energie vandaan kom. Wanneer sy nie besig was om geld in te samel of siekes te besoek nie, was sy óf besig om afsprake met mense te reël, óf sy het reëlings vir nuwe reise getref."
The enumerations by Máire Fisher: reader impression
2018-11-28"The enumerations is certainly a novel that I recommend to anyone, especially anyone with an interest in psychology and the issue of OCD."
Toe-val-lig deur Amore Bekker: ’n lesersindruk
2018-11-21"Luisteraars stuur hulle stories van toeval in na Amore Bekker, en dan word die stories op die radio vertel. Uiteindelik was daar genoeg stories vir ’n boek, en so is hierdie keur van sowat 100 stories saamgestel ..."
Wit terroriste: Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwag deur Albert Blake: ’n lesersindruk
2018-11-20"Met Wit terroriste ondersoek Blake ’n onderwerp wat hy tereg beskryf as heelwat afgeskeep deur historici. Dit is die onderwerp van die Ossewabrandwag (OB), maar meer spesifiek die sabotasieveldtogte wat deur die OB en hulle verwante groepe uitgevoer is."
Gert en Joey: Nuwe lig op ’n raaisel van dertig jaar deur Pieter van Zyl: ’n lesersindruk
2018-11-15"Van Zyl se boek het my vir die eerste keer op omvattende wyse aan die tragiese gebeure van die verdwyning van die jong kinders blootgestel."
Liefdegroete, Grootseun: Kronieke van ’n dominee deur Barend Vos: ’n lesersindruk
2018-11-14"Wat veral vir my waardevol is, is die feit dat Vos met hierdie briewe iets van die platteland, wat besig is om verby te gaan, dokumenteer ‒ die gemeenskap en ouer gemeentelede, en die sentrale rol wat die kerk in hulle lewens speel."
Prooi deur Deon Meyer: ’n lesersindruk
2018-11-07"Wat ’n vreugde was dit darem nie om weer ’n boek van Deon Meyer te lees nie!"
Ja vir God, nee vir die kerk? deur Kobus Kok: ’n lesersindruk
2018-10-31"Vir baie gelowiges is die eerste drie eeue van die Christendom ’n tydperk wat hulle verromantiseer. Die kerk is soms in hierdie tye vervolg, maar die Christelike godsdiens het soos ’n veldbrand versprei."
