Lesersindrukke
Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.
Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.
Lesersindruk: Die agste dag deur Ockie Strydom
2020-04-24"Die werklikheid van die COVID-19-pandemie het my aandag op hierdie bundel gevestig, nie omdat die pandemie as sulks daarin aangeroer word nie, maar omdat die verlies van vryheid en ook menslike verlies blatant en sonder huiwering aangespreek word."
’n Bespreking van die verteller en verhalende elemente in Hammie deur Ronelda Kamfer, met ’n fokus op die onderskeidende ervarings van die spreker
2020-04-15"Die verhaal wat in die gedigte in Hammie vertel word, vorm as ’n geheel die beeld of metafoor. Dit gebeur omdat die verhaal op die voorgrond geplaas word. Dit skep dan die illusie dat die gedig die ervaring self is."
Lesersindruk: Die 17de veer deur Nanette van Rooyen
2020-04-14"Die verhaal ontknoop op ’n redelik voorspelbare manier, maar dit bly steeds ’n lekkerleesboek."
Lesersindruk: Oopmond deur Jan Vermeulen
2020-04-06"Daar is mense wat die boek as wetenskapsfiksie beskryf, en dit is inderdaad wat dit is."
Daai ding loop in jou bloed deur Lené Malan en Aneta Shaw: ’n lesersindruk
2020-03-25"Hierdie boek deur Lené Malan en Aneta Shaw hou kosbare reissketse in. Dis ’n versteekte kleinood in die boekwinkel se rak."
Lesersindruk: Oopmond deur Jan Vermeulen
2020-03-03"As jy iemand is wat aan tweede, of selfs derde lewens glo, óf dalk wonder oor tydreise, donkermaterie en die wonders van die heelal, is hierdie boek die boek vir jou."
Lesersindruk: Op soek na Jacobus Verster deur François Verster
2020-03-03"Genotvol is die vloeiende informele skryftrant en egte deurleefdheid by byna elke deeltjie van hierdie groot legkaart."
Lesersindruk: Kyk na my deur Nataniël
2020-02-24"Kyk na my is nie swaar leesstof nie. Dit is die ideale boek om te lees as mens sommer net wil ontspan."
Lesersindruk: Die seders van Libanon deur Adriana Faling
2020-02-12"Die verhaal wil soms dalk ’n bietjie langdradig raak, maar die laaste hoofstukke bevat ’n klompie kinkels wat ek nie sien kom het nie."
Kansvatter – Die rustelose lewe van Ben Viljoen deur Carel van der Merwe: ’n lesersindruk
2020-01-24"Die teks lees maklik, is humoristies en ernstig wanneer nodig, en die skrywer weet wat met 'die ekonomie van woorde' bedoel word. Die teks word met ’n verskeidenheid seldsame foto’s toegelig."
Lesersindruk: Michel Houellebecq se Serotonin
2019-12-30"Hierin lê waarskynlik sy belangrikste bydrae – ’n tipe ontmaskering en konfrontering van die spektakelsamelewing, sy woordvoerders en sy weefkunstenaars."
’n Kat se kans en Elke hond kry sy dag: ’n leser se indrukke
2019-12-19"Dié twee boeke is beslis ’n aanwins vir enige boekrak, tuis, by die skool of die biblioteek. Veral op die lang reise tydens die skoolvakansie. Kinders kan hope interessante dinge leer oor honde en katte."
Draakasem deur Jaco Jacobs: ’n lesersindruk
2019-12-19"Hierdie eenvoudige verhaal is pragtig geïllustreer en die drake lyk indrukwekkend. Beslis ’n goeie opsie vir die Kerskous."
Jan Smuts: Wie en wat was hy eintlik? deur Paul Grobbelaar: ’n Ope brief
2019-12-18"Mag ek u met eerbied maar oom Jannie noem? Ons mense het mos altyd van Slim Jannie gepraat, of van oom Jannie. Ek onthou toe my oorlede moeder in trane was nadat u in 1950 oorlede is, al was sy 'n vurige Nasionalis."
Lesersindruk: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-le Roux
2019-12-04"Dit is ’n onthutsende verhaal oor die skending van onskuld, die toesmeer van dinge en ook die aandeel van elkeen wat kies om daaroor te swyg."
Lesersindruk: Zwarte Socrates. Gesprekken over recht, tijd en verzoening deur Bert van Roermund
2019-11-28"Die ryk gesprekke stel die vraag hoe 'daders' en 'slachtoffers' van politieke en gewelddadige konflik met mekaar kan saamleef."
Bibi Babbelbek praat tot sy blou word: ’n lesersindruk en ’n onderhoud met die skrywer
2019-11-25"Bibi Babbelbek praat tot sy blou word verdien ’n spesiale ruimte in die biblioteek van elke omgee-ouer."
Lesersindruk: Vegters deur Lucia Prinsloo
2019-11-13"Dit bied ’n leeservaring wat die leser se emosies deur ’n vleismeultjie jaag en jou laat voel dat jy sélf ook deur ’n oorlog is..."
Lesersindruk: Robey Leibbrandt. ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake
2019-11-12"Die skrywer hanteer die biografiese geskiedenis van hierdie Suid-Afrikaanse vryheidsvegter uit die jare dertig en veertig van die vorige eeu baie professioneel en bykans soos 'n kliniese gevallestudie."
Lesersindruk: Die Wonderwese deur Carina Stander
2019-11-11"Die Bergengel-trilogie is baie meer as fantasie. Dit is allegorie, besinning, kommentaar en prosa, en in die eerste plek ʼn goeie storie."
