Biebouw-resensies

Die Biebouw-resensies, wat ondersteun word deur Grapetown Capital (Pty) Ltd, het dit ten doel om ’n oop gesprek tussen skrywers, lesers en resensente aan te moedig.

Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee: 'n eerlike blik op verblyf in die buiteland

Madri Victor 2011-06-24 Om te bly of te gly. Dit is ’n debat wat van voor 1994 al woed. En stééds lees ’n mens op gespreksforums en LitNet en in die koerant se briewe-afdelings veroordelende uitsprake teenoor dié wat emigreer, of lofsange van dié wat besluit het die gras ...

Kaalvoet: Amanda se musikale gedigte raak nog steeds die hart

Elbie Adendorff 2011-06-14 Amanda Strydom is veral bekend as kabaretkunstenaar, komponis en sanger-skrywer. Sy het in 2004 haar eerste boek, Kaalvoet, by Genugtig! uitgegee en dit is so pas weer uitgegee, deur Protea Boekhuis. Dit spog met ’n nuwe voorblad en verder is dit ...

Meetsnoer laat jou asem ophou

Stephanie Nieuwoudt 2011-03-30 Dis jammer dat net Deon Meyer se naam keer op keer opduik wanneer ’n mens van speurverhale praat. Want Chanette Paul is ’n ewe bedrewe skrywer. Haar verhale is goed nagevors, onderhoudend en boeiend. Maar voordat ’n mens te gefokus raak ...

Toe dit nog vroeg was: antropologie in versvorm

Zandra Bezuidenhout 2011-03-29 Mari Grobler se derde digbundel sentreer rondom die leefwyse van die vroeë San- en Khoi-bewoners van Suidelike Afrika – iets wat reeds gedeeltelik in haar bundel Eggo’s in bewolkte water (2004) figureer. Daarmee verbreed sy die relatief klein ...

Boerumoer: Verwagtings is bokkers, maar hoës is tog ook ’n pluimpie

François Verster 2011-03-23 Boerumoer: Oom Gysbert se dorpstories is ’n aansienlike boekie. Om mee te begin: die omslag is interessant. Dit trek die oog en is esteties aanvaarbaar. Laat jou ook wonder. Eers span jy jou visuele geletterdheid in en dan jou skoolgeletterdheid: jy ...

Wanpraktyk se stukke, geheime en hoeke

Marius Crous 2011-03-15 Nou onlangs het ek ’n onderhoud wat dame Edna Everage met Liza Minelli gevoer het, gekyk. Dame Edna het dadelik opgemerk: “Ek praat nie nou oor jou beroemde ma Judy Garland nie. Ek praat nou met jou en oor jou.” Dit is seker iets waarmee Andries ...

Met koffer en kaart: 'n Reis vol humor, begrip en deernis

Madri Victor 2011-03-09 Ons drink ’n glas wyn en gesels oor Helena se boek Met koffer en kaart wat pas verskyn het. Of eerder, Helena gesels versigtig oor die boek en ek luister. Want tóé het dit maar pas van die uitgewer by haar aangekom en ek het dit nog net deurgeblaai ...

Toevallige tekens is 'n aangename speurtog en leeservaring

Susan Smith 2011-02-22 ’n Belangrike digbundel wat aan die einde van 2010 verskyn het, is Martjie Bosman se Toevallige tekens. Die bundel verskyn sewe jaar na haar debuutbundel, Landelik, wat met die Ingrid Jonker-prys bekroon is. Die belofte wat met die eerste bundel ...

Skreeu loop "taboe"-onderwerpe trompop

Stephanie Nieuwoudt 2011-02-16 Wanneer ’n mens se hormone as tiener op loop is, wil jy dikwels skreeu. Van pyn, van vreugde, van verlange, van woede. Dalk veral van woede.Die titel van dié bundel kortverhale wat op die tienermark gemik is, is dus heel gepas. (Kom ons vergeet ...

Dwaalpoort moontlik die heel beste roman van 2010

Andries Visagie 2011-01-25 Dwaalpoort is Alexander Strachan se eerste roman sedert Die werfbobbejaan,wat in 1994 verskyn het. In 1997 het hy wel ’n kortverhaalbundel, Agter die suikergordyn, gepubliseer en nou het hy sy drama Kloof (2003) herskryf en goed daarin geslaag ...

'n Ver plek vir Zilla nie 'n konvensionele liefdesroman nie

Madri Victor 2011-01-18 Margaret Bakkes skryf al donkiejare. Haar eerste roman, Die verste reis, is in 1966 gepubliseer en sedertdien het daar al meer as dertig boeke en verskeie tydskrif- en kortverhale die lig gesien. Sy is, om die minste te sê, ’n veteraan. Human & ...

Tydelose gety: Ondenkbaar om na sestig verlief te raak?

Marius Crous 2011-01-04 By die lees van elke nuwe bundel van Lina Spies is dit altyd opvallend watter issue haar na aan die hart lê en wat in daardie spesifieke bundel verken gaan word aan die hand van ’n teologiese werk wat oor die kwessie handel. In haar vorige bundels ...

Nadoodse ondersoek: CSI vir poësieliefhebbers

Eckhard Cloete 2010-12-17 Op die omslag van Martina Klopper se debuutbundel, soos met ander onlangse NB-digbundels, is iets baie vreemds. Onder die titel, in hoofletters, die verklaring: “GEDIGTE”. Regtig, kan jy nou meer. Miskien is hierdie vermaning bedoel vir daai ...

Die aaneenvloei van herinneringe

Marthinus Beukes 2010-12-09

Op reis met 'n hond: 'n besonder belowende debuut

Louise Viljoen 2010-12-02 Ek het ’n keer die jong skrywer Kiran Desai, wat die Booker-prys gewen het vir haar roman The Inheritance of Loss, by ’n kongres hoor sê dat sy eintlik eers sukses behaal het toe sy alles oorboord gegooi het wat sy in skryfskole geleer het ...

Piet Steyn se Tou grinterig, grusaam en gedetailleerd

Madri Victor 2010-11-22 Eers was daar Snoeiskêr (wat in 2007 ’n finalis vir die Sanlam/Insig Groot Romanwedstryd was), toe Bottelnek (2009), en nou is Pine Pienaar weer terug in Tou. In die eerste twee boeke was dit ’n uitgemaakte saak: Wie wil nié iemand wat duime ...

Die vierkant van die wraak open 'n hele nuwe kultuur van misdaadfiksie

Madri Victor 2010-11-17 Pieter Aspe is al ’n handelsnaam in Vlaandere en Nederland. Met 27 boeke agter sy naam, verskeie vertalings en verkoopsyfers van meer as 1,5 miljoen het hy dáár geen bekendstelling nodig nie. Maar in Suid-Afrika is Aspe onbekend. Vierkant van die ...
Top