Biebouw-resensies

Die Biebouw-resensies, wat ondersteun word deur Grapetown Capital (Pty) Ltd, het dit ten doel om ’n oop gesprek tussen skrywers, lesers en resensente aan te moedig.

Vier briewe vir Jan Ellis literêr goed, boeiend en toeganklik

Annemarié van Niekerk 2010-07-06 Die wêreldliteratuur lewer van tyd tot tyd onvergeetlike klein novelles op. Kamees wat jou ’n leeftyd bybly. Gewoonlik gaan dit om ’n enkele gebeurtenis of ’n paar agtereenvolgende gebeurtenisse wat iemand se lewe handomkeer verander ...

Die skyn van tuiskoms teken 'n beeld van die digter

Madri Victor 2010-06-02 “A poem begins with a lump in the throat,” lui die bekende aanhaling van Robert Frost, “a home-sickness or a love-sickness. It is the reading out toward expression; an effort to find fulfillment. A complete poem is one where an ...

Raadslid Hamersma: Om die reis na demokrasie te herleef is nodig

JB Roux 2010-05-19 Toe dié satiriese roman op my leestafel beland, besluit ek om eers met juffrou H te gesels, net ingeval ek nie so op hoogte is met die genre as wat ek wil glo nie (juffrou H synde ’n selferkende kenner op die gebied van satire).

Romantiese avontuur Reën oor die Serengeti is soos stukke uit 'n rolpert

Riette Rust 2010-04-16 Groot letterkunde is Reën oor die Serengeti nie, maar wel ’n goedgestruktureerde roman met ’n verwikkelde intrige. Dit volg op Lang skaduwees in Afrika. Baie van die karakters uit die eerste verhaal verskyn weer, maar mens hoef nie Skaduwees ...

Karoonag en ander verhale: Op die spoor van skop, skiet en speur

Suzanne Potgieter 2010-03-23 Op die buiteblad van Karoonag en ander verhale word Deon Meyer beskryf as “die gewildste spanningsverhaalskrywer in Afrikaans.

Versindaba 2009: ’n keuse van diversiteit

Ampie Coetzee 2010-03-16 Versindaba 2009 is ’n keur van die gedigte van genooide digters van wie die meeste verlede jaar aan die poësievoorlesings van die 5de Versindaba op Stellenbosch deelgeneem het.

Om die onmoontlike moontlik te maak

2010-03-16 In my kindertyd, selfs later as tienderjarige, was die vaal sementolifant op ons familieplaas buite Ladismith in die Klein Karoo ’n sentrale karakter in my verbeeldingswêreld.

Daar is plek vir Deur die oog van 'n naald se stem

Joan Hambidge 2010-03-08 ’n Paar dekades gelede was dit hoogmode in Engels-departemente om ’n jong student ’n gedig te gee sonder die naam van die digter.

Abraham H de Vries se jongste kortverhaalbundel Verbeel jou dis somer verwoord die sjarme van die Karoo

Annemarié van Niekerk 2010-02-10 Die meeste verhale in hierdie bundel van kontraste staan in die metaforiese teken van herfs as seisoen van verlies en verandering – ’n seisoen wanneer twyfel volgens Carmiggelt hoogty vier.

Hennie Aucamp se Die huis van die digter en ander liefdesverhale meesterlik

Riana Scheepers 2010-02-10 Altyd as ek ’n leeskring moet toespreek of ’n lesing of praatjie moet gee oor die kortverhaal as genre, dan raak ek vooraf in vervoering oor dié uitdagende, verbluffende genre.

Seisoen van sonde: ’n jukstaposisie van lig en donker

Deborah Steinmair 2010-01-07 Daar is opeens ’n hele paar eksjoernaliste wat hulle met Afrikaanse fiksie besig hou.

Paul C Venter ’n meester van karakters

Albert Maritz 2009-12-08 “Die goewerneur-generaal in Windhoek het beveel, vertel Kreisler en tolk Katrina, dat Britse en Suid-Afrikaanse burgers in Duitswes aan onmiddellike uitsetting onderwerp moet word.”
Top