Biebouw-resensies
Die Biebouw-resensies, wat ondersteun word deur Grapetown Capital (Pty) Ltd, het dit ten doel om ’n oop gesprek tussen skrywers, lesers en resensente aan te moedig.
Poort 2010 ’n minipoort tot die binnewêreld van jong skrywers
2010-11-05 My ouerige HAT verskaf drie verklarings vir die woord poort: 1. ’n Groot, aansienlike deurgang in ’n muur of ander tipe omheining. 2. Toegang. Soos in die poorte van die hemel (of die hel). 3. ’n Deurgang tussen berge ...120+ Sommerstories is medisyne vir die Nuwe Suid-Afrika Blues
2010-11-03 PG du Plessis se bundel (baie) kort kortverhale Sommerstories (Lapa, derde uitgawe, 2010) is waaragtig ’n belegging. Want mens kan, soos voorin voorgestel word, weekliks daaraan proe, eerder as om soos ’n resensent met een diep asemteug in te duik ...In landsbelang - bloot nie boeiend genoeg nie
2010-10-22 Quintus van der Merwe se jongste roman, In landsbelang, loop gevaarlik naby aan werklike politieke toestande in Suid-Afrika, veral in ag genome dat dit sonder die gebruiklike “alle karakters is fiktief” op die winkelrakke verskyn het. Johan Castelyn ...60 Dae in Suid-Soedan 'n intieme blik op 'n proses van groei en verandering
2010-10-12 Dít was die hoop van die alchemiste van ouds: om nie slegs onedel metale in goud te kon verander nie, maar om in hierdie proses self as mens verander te word. Dít was ook die hoop (en gebede) van Franz Kemp vir sy tyd in wat hy beskryf as die hart van ...Afstande is heilsame opvoeding en ’n onmisbare leeservaring
2010-09-22 Dan Sleigh is bekend daarvoor dat hy sy kundigheid as historikus op besonder boeiende wyse kan versoen met sy kreatiwiteit as skrywer. Alhoewel hy reeds vanaf 1971 publiseer, het sy groot deurbraak in die literêre wêreld gekom toe hy in 2001...Marico se Mambas: Lees Piet Swanepoel se vertellings ter wille van die nostalgie
2010-09-14 In Piet Swanepoel se Marico se Mambas. Jagstories, liegstories, spookstories betree die Rympiesman die genre van die vertelling. Vantevore was hy veral bekend vir sy bundels rympies vir kleuters en ander jonger lesers, maar in hierdie ...Abel se ontwaking grillerig, gedetailleerd en pragtig geskryf
2010-09-08 Met sy eerste misdaadroman, Seisoen van sonde, het oudjoernalis Chris Karstens bewys dat hy ’n boeiende, slim, gedetailleerde en grillerige spanningsverhaal kán skryf. Resensente het tóé reeds voorspel dat hy naas Deon Meyer ...Pluimprinse het sy oomblikke
2010-09-08 ’n Mens moet jou genres ken as jy boeke wil resenseer. Afrikaanse resensente is berug daarvoor dat hulle boeke wat (byvoorbeeld) niks méér wil wees as ontspanningsfiksie nie, afmaak as minderwaardige letterkunde. Dít terwyl so ’n boek dikwels uitstekende vermaak ...Vier seisoene kind is lekker leesgenot
2010-08-31 Vier seisoene kind, die jongste roman uit die pen van Wilna Adriaanse, handel oor Cato, ’n karakter uit ’n vorige roman van haar, Met ander woorde. Dit is nou vyf jaar later en Cato keer as 29-jarige weduwee vanuit Londen terug na haar ...Oewerbestaan ’n soepel-gekonstrueerde en welbeleë debuut
2010-08-17"Hierdie gedigte weet dat poësie nie net ’n beskrywende instrument is nie, maar ’n lewende krag wat dinge kan laat gebeur: breek, skep, verander ..."
