Biebouw-resensies

Die Biebouw-resensies, wat ondersteun word deur Grapetown Capital (Pty) Ltd, het dit ten doel om ’n oop gesprek tussen skrywers, lesers en resensente aan te moedig.

Grilbrigade laat die jeug weer skrikwakkerregop sit

Nanette van Rooyen 2011-12-15 Fanie Viljoen, die Vrystaatse jeug- en kinderboekskrywer, het dit as missie om die jeug aan die lees te kry en dit so te hou. Hierin slaag hy met vleuels aan die voet. Opvallend van sy skryfstyl is sy trefseker woordgebruik, fantastiese verbeelding en skerp sin vir humor.

Skrapnel as sleutelmetafoor

Brink Scholtz 2011-12-14 ’n Jong, wit, Afrikaanse man is op een van die moltreine in Londen waarin daar op 7 Julie 2005 ’n bom ontplof.

Boereoorlogstories in ’n gesoute samesteller se hande

Heinie Heydenrych 2011-12-14 Die twee sentrale gebeurtenisse in die Afrikaners se geskiedenisbewussyn, die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog, het al tot heelwat geskrifte – wetenskaplike geskiedskrywing sowel as fiksie – aanleiding gegee. Dis egter opmerklik dat oor nóg  ...

Die see, die Vrou

Sandra Troskie 2011-12-14 Was die keuse vir die titel van die drama, Die see, ’n slordige fout of net ondeurdag?

Kronkelpad trek al die los drade bymekaar

Madri Victor 2011-12-13 “Die lewe loop soms vreemde kronkelpaaie met ’n mens,” vertel Lettie Louw se ma haar op skool nadat sy, soos vele ander meisies, tevergeefs op die gewilde en aantreklike De Wet Fourie verlief raak, “maar elke pot kry op die ou end sy eie deksel.”

Weerlig van die ongeloof spreek van tematiese verskeidenheid en geslaagde natuurbeelding

Marius Crous 2011-12-13 In ’n onderhoud wat Bibi Slippers op 10 November met Johann de Lange gevoer het oor sy jongste bundel, verwys Johann na die skildery van Judith Mason op die voorblad en merk op ...

Streekselement gee bestaansreg aan Bitter heuning

JB Roux 2011-12-08 Volgens SASOL se Vetplante van Suid-Afrika is die Sandveld ’n “sanderige, plat area met rotsriwwe” en strek dit vanaf Alexanderbaai in die noorde tot Bloubergstrand in die suide.

Bloedwater is onderhoudend en goed uitgewerk

Gerhard Scholtz 2011-12-07 Na Douwleen Bredenhann se emosiebelaaide debuutroman, ’n Hemelhoë hekkie, volg Bloedwater, ook ’n roman waarin ’n familie uitmekaar geskeur word. Vir die lesersmark nog ’n populêre tema as dit onder die topverkopers val.

Gedeeltes van Wildvreemd boei

Helize van Vuuren 2011-12-06 Die motto voorin Wildvreemd is uit die Jungiaanse analis en storieverteller Estés se Women who run with the wolves. Contacting the power of the wild woman (1992): “Nag na nag word ons gebore uit dieselfde wilde droom.” Die wolf is vir Estés die argetipe ...

Barend Vos se ’n Dorp soos Silwer Streams vat die platteland aan

Jaco Fouché 2011-11-29 Toe ek die resensiekopie ontvang en agterop lees die boek is ’n “literêre debuut”, wou ek vra vir wat ’n dominee-skrywer wat waarskynlik heel goed vaar met sy kontreivertellings en Bybelromans wil oorloop na die dark side. Dáár hou skribbelaars ...

Hiervandaan: Baie meer as ’n road movie

Harry Kalmer 2011-11-24 Hulle is besig om dood te gaan. Die ooms wat Old Spice gedra het. Die ooms wat kortbroeke, kniekouse en pampoengeel Grasshoppers gedra het. Die ooms wat nooit oorsee gegaan het nie.

Inspring, kêrels! – Waarvoor dié heruitgawe?

Matilda Burden 2011-11-15 My heel eerste vraag met die herlees van PJ Schoeman se Inspring, kêrels! was: Vir watter mark is hierdie boek (die heruitgawe van die oorspronklike boek wat in 1960 verskyn het) bedoel? Die vraag het my van begin tot einde gepla. Daarmee saam ...

Vat ’n gap boei, inspireer en vat raak

Alette de Beer 2011-10-26  

Droomdelwers: ’n Kontreiverhaal wat maklik lees

Malene Breytenbach 2011-10-19  

Ghoera: Speelse verse met oerwysheid

Nini Bennett-Moll 2011-10-19  
Top