Biebouw-resensies
Die Biebouw-resensies, wat ondersteun word deur Grapetown Capital (Pty) Ltd, het dit ten doel om ’n oop gesprek tussen skrywers, lesers en resensente aan te moedig.
Wolwedans ril nog steeds
2013-01-15 "Vir die leser wat vertroud is met die radiodrama (die oue en die nuwe een), die TV-reeks en die film bied die roman nuwe insigte tot die storie."Die vrou in die vuur: 'n Keur uit die verhale van Riana Scheepers
2013-01-09 "Die komplekse psige van (veral) die vrou, in die wydste sin van die woord, word aan die vuurproef onderwerp in hierdie bundel."Getuie deur Christine Barkhuizen le Roux: 'n ysingwekkende blik op Jehovasgetuies
2013-01-08 Dis ’n dapper skrywer wat enige vorm van godsdiens in ’n roman aandurf. Mense het sulke vooropgestelde en onbuigsame idees daaroor, en kyk wat het met Salman Rushdie gebeur. Maar Christine Barkhuizen le Roux is ’n vreeslose en goeie skrywer.'n Hap van die appel deur Kristel Loots: ’n heerlike huldeblyk aan chick-lit
2013-01-08 Ná ander titels, soos Lemoenseisoen en Eendagmooi, het Tafelberg weer ’n chick-lit-boek van Kristel Loots op die rak. Met ’n Hap van die appel kan ’n mens die groei sien: die fokus is minder op die liefdesverhaal, meer op familiedinamiek, identiteit en selfontdekking. En die humor is skerper, en lekkerder, maar steeds kenmerkend van Kristel.Vol draadwerk: ’n verruklike literêre reis met allerlei bestemmings
2013-01-08 Met die eerste oogopslag tref Marius Crous se derde bundel, Vol draadwerk, die leser vol in die gesig: dié interessante voorblad van ’n manlike torso gewikkel in doringdraad prikkel dadelik die leser se nuuskierigheid.Die onsienlike son deur Jacobus van der Riet: Die digter as skriba en kalligraaf
2013-01-08 Hierdie debuut vorm in verskeie opsigte ’n uitsonderlike toevoeging tot die religieuse poësie in Afrikaans. Waar Sheila Cussons se gedigte vir lesers uit die Gereformeerde kerktradisie ’n venster op die Katolieke geloofsbelewenis oopgemaak het, bring Jacobus van der Riet ’n blik uit die Grieks-Ortodokse hoek.Werfsonde deur Kleinboer: die groter geheel is in die klein detail
2012-12-20"Iemand wat met alle opregtheid die taal meer maak, dit is hoe ek voel oor Kleinboer se jongste roman, Werfsonde."
