Biebouw-resensies
Die Biebouw-resensies, wat ondersteun word deur Grapetown Capital (Pty) Ltd, het dit ten doel om ’n oop gesprek tussen skrywers, lesers en resensente aan te moedig.
Teen die lig: spore van Hennie Aucamp se vroeë wêreld
2012-11-28 Hierdie bundel is verdere bewys van Hennie Aucamp se vermoëns as digter: Die Groot Verseboek van 2008 het reeds meer van sy verse. Nou sal daar nog meer wees.Anna Atoom en die magnetiese meermin, lekker leersame leesstof
2012-11-28 "Hierdie keer is die uitdaging en avontuur wat voor Anna Atoom beland, een van katastrofiese proporsies."Duiwelsklip outentiek in stoffering
2012-10-31 Duiwelsklip is ’n eerlike en ingeligte roman – en sterk aan te beveel vir lesers wat hou van goeie, maar aweregse, literatuur.Vierde aflewering in Pine Pienaar-reeks skiet tekort
2012-10-29 "Sonder om oorkrities te wees: daar word weinig verder as die braaivleis-brandewyn-en-boepens-verpersoonliking van manlikheid hier gekyk."Skoenlapper deur Irma Venter – ’n bedrewe en onderhoudende spel met die leser
2012-10-24 "Skoenlapper getuig van insig en mensekennis; die karakters is oortuigend en prikkelend, die ruimte word vernuftig gebruik as toeligting tot die karakters se optrede sowel as om atmosfeer te skep."Petra Müller se impressionistiese bundel
2012-10-18 "Maar hierdie geel bundel van Müller staan in die teken van die lewe en die vreugde van leef ..."Tussen middernag en dagbreek – nagmerries word gewaarborg
2012-10-17 "Moontlik is dit juis wat Bogaards met al dié besonderhede beoog het: om afgryse by die leser uit te lok."Fyn porselein – te min krake
2012-10-11 "Vir wat dit is, is Fyn porselein ’n kwaliteit-boek – aan te beveel vir mense wat hou van Die uurwerk kantel en soortgelyke boeke oor vroue se lewens, en mense wat soek na ’n paar ure se moeitelose vermaak."Ophef van grense tussen werklikheid en fiksie in Die kamer langsaan
2012-10-02 "’n Verhaal wat oor die skryfkuns gaan, ’n indruk wat in die eerste paar hoofstukke geskep word, is dikwels ’n waagstuk; nie alle lesers wil weet hoe ’n boek geskryf word of wat die skryfproses behels nie."Grensoorlogstories nie grensverskuiwend nie
2012-09-26 "Die bundel lees in geheel soos die geskiedenis van die Grensoorlog self: dapper pogings en suksesverhale wat gekelder word deur te veel mislukkings ... "Emosionele oorlewing en aanpassing kom aan die bod
2012-09-19 "Ten spyte van die bedrukkende onderwerp is dit geensins ’n somber boek nie. Daarvoor sorg die wonderlike humor wat deurgaans die teks verryk."'n Raaiselroman met bek en binnegoed
2012-09-13"Alhoewel die oplossing van ? moordraaisel in ? mate die aksie van die narratief bepaal, is Steinmair se roman allermins geskoei op die noue navolging van genre-konvensies ... "
