Stigmata van Tom Gouws: Tussenteksgeweef

  • 0

Titel: Stigmata
Skrywer:
Tom Gouws
Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798156318

 

Klik hier om Stigmata te koop by Kalahari.com.
 

In “ars poetica” (10) in sy vyfde digbundel besin Tom Gouws oor sy kunsteorie, en wel aan die hand van Roland Barthes se bekende “a tissue of quotations”, wat al menige teks vergesel het. In aansluiting by die titel van die bundel, naamlik die verwysing na die kruiswonde wat sommige heiliges aan lyf gevoel het, word daar verwys na die metafoor waaruit “water en bloed [sypel]”, asook die “geheime grammatika van kneusing”. Die skakel tussen poësie en pyn word verder verwoord in die slotreëls:

laat die monde binnenswonds sing
glansende parspoëtika van pyn
weefsel van wond en wonder.

Maar dis veral die openingsgedig in die bundel wat die leser reeds bedag maak op wat gaan volg. Die gedig “verbeeldig” (9) word opgedra aan Melanie Grobler en word as “vryvallend na Anne Michaels” beskryf. Hier speel Gouws in op die intertekstuele drama rondom Grobler se bekroonde bundel Die waterbreker en lewer hy dus kommentaar op wat hy in sy onderhoud met Louis Esterhuizen, “Grobler se sogenaamde plagiaat van ’n Anne Michaels-gedig”, gesê het en wys hy op die rol wat die onbewuste speel by die skryf van gedigte. Elke teks, elke frase of reël wat deur die digter gelees word, word dus deel van sy literêre kompetensie. Gouws sluit hierby aan wanneer hy meen dat alle gedigte eintlik “ten diepste net ’n ‘verleë vertaling’” is.

1. Franciscus van Assisi

Die woord intertekstualiteit is al só oorbruik, misbruik en gelap, en ek hou nie daarvan as mense my poësie daarmee karakteriseer nie. Van my debuutbundel diaspora af het ek dit duidelik gemaak dat ek bewustelik in die tradisie van die Joodse midrash skryf, ’n tradisie waarbinne tekste uit die (literêre en ander) tradisisies opgeneem word, gekommentarieer, gemodifiseer, uitgebou, verruim word. Taal en skryf is in wese ’n voortdurende intertekstuele spel, en om te “volhard” hierin is om seer deel te wees van die enorme literêre tradisie waarvan jy nooit as te nimmer kan ontkom nie.1

Ek stem saam met jou dat intertekstualiteit dikwels niks meer is nie as literatore wat verwysings naspeur, en dikwels op ’n lame ass-manier, net om te wys hulle ken ander tekste wat perdalks in die verwysingskader val. Maar baie min is in staat om te wys hoe die teksproduksie daardeur gestalte kry.

Op bl 65 van die digbundel kom die teks “(ron)deel van franciskus van assisi” voor, wat handel oor die heilige wat as een van die eerste stigmatici beskou word. In aansluiting by die res van die bundel word hier veral verwys na Franciskus se “verwonding” en “verwondering”, albei aspekte wat ten nouste saamhang met die belewenis van die “wonde wat sing”. Trouens, deurgaans in die bundel word verwys na wonde, verwonding en die pyn wat daarmee saamgaan. So handel “st franciskus preek vir die voëls” (27) ook oor hierdie heilige en die bekende voorstelling van hom as sou hy vir die voëls gepreek het. In die laaste twee reëls van die gedig word verwys na die “wonde” en “stigmata en bloed” wat as “die seersekerste teken” dien.

Maar voëls staan in hierdie bundel sentraal. Reeds in die voorbladontwerp, wat volgens Gouws in ’n onderhoud met Louis Esterhuizen “met baie sorg gekies [is]”, word ’n dooie voël uitgebeeld: “In ’n sekere opsig is die dooie voëltjie op die voorblad dus – soos jy tereg opmerk - ’n versinnebeelding van die artefakt. Alle tekste bestaan eers as ’n leser dit laat realiseer, of dan: laat vlieg. ’n Goeie gedig vlieg. As jy op die hermeneutiese operasietafel die lewe daarvan probeer dissekteer, sterf dit dikwels. Maar dit beteken nie altyd die detailmeganika wat lewe moontlik maak, is onbenullig of onbelangrik nie.

Die aangrypende “boetman is die voëlhok in” (15) is geskryf na aanleiding van die selfmoord van die joernalis Chris Louw in 2009. Die motto kom uit die berig in Beeld van 1 Desember 2009, nl “’n natgereënde lyk in ’n ou voëlhok”. Louw se ontnugtering met die politiek en die samelewing (“die vuilspuit-elite”) en die voëlhok waarin hy homself om die lewe bring, word beskryf as “’n bieghok”.

2. Catherina van Siena       

It all begins with a Felix Culpa. A happy fault, a blessed wound. Blesséd. This is what St Augustine tells us in his Confessions. The remarkable fortunes of this thematics of the wound are well known in the work of the other Augustine, James Joyce, but maybe less perceptible or explicit in other notable texts. In Proust it is buried, one must exhume it. For Genet the wound is the founding secret of all major creation […] I was young and inexperienced the first time I saw this theme appear as I was working on Joyce, it struck me as foreign, very “Catholic” or very masculine. It recently emerged in some of Derrida’s latest works.

Gouws se “mysterious skin” (23), met die verwysing na die lyf as “antieke landkaart van timboektoe” en die verwysing na “die aarde se stigmata/ diep tatoeëring van henna en karsoom” herinner my sterk aan die foto van die voet op Cixous se Stigmata. Die getatoeëerde enkel. En veral die opmerking: “All literature is scarry. It celebrates the wound and repeats the lesion. One day I wrote a little canticle to the scar. Scar has the advantage over ciatrice of being only one syllable, a hard, scary and blinding note, scar plays on letters with star and scare. Jacques Derrida has devoted a full square of sublime periods to the escarre, scar has the favours of the legendary and cinematographic imagination, from the epidermal point of view. Scar is comparable to Siegfried’s invisible point of mortality, a non-scar, but a trace reserved for the passage of death, a door requiring a password, scar adds something: a visible or invisible fibrous tissue that really or allegorically replaces a loss of substance […] Unlike scar, stigmata takes away, removes substance, carves out a place for itself.”

3. Mary Frances van die Vyf Wonde

The bundle of quotations with which the poem ends has a very definite relation to the general theme of the poem and to several of the major symbols used in the poem. […] The         basic method used in The Waste Land may be described as the application of the principle of         complexity. The poet works in terms of surface parallelisms which in reality make ironical contrasts, and in terms of surface contrasts which in reality constitute parallelisms. (The second group sets up effects which may be described as the obverse of irony.) The two aspects taken together give the effect of chaotic experience ordered into a new whole, though the realistic surface of experience is faithfully retained. The complexity of the experience is not violated by the apparent forcing upon it of a predetermined scheme.

Naas tekste oor bekende heiliges wat gebrandmerk is deur die wonde van Christus, sluit Gouws ook die gedig “jane hunt” (66) in. Uit die gedig lei mens af dat sy ’n hedendaagse stigmatikus was; ’n doodgewone vrou (“plain jane”) uit Derbyshire in Engeland wat nog besig was met alledaagse take toe “ongesiene spykers deur velversperrings breek”. Wat hierdie voorbeeld so interessant maak, is dat sy ’n Anglikaan was en dit terwyl die Katolieke kerk beweer dat hierdie tipe heilige wonderwerk net onder Katolieke gebeur. Na ’n histerektomie het Hunt se bloeding opgehou.

Dis nie net die heilige wonde wat in hierdie bundel ter sprake kom nie, want in “lykkleed van turyn” (74) word hierdie relik van “vergeelde geweefde krinkeldoek” ook beskryf. Die digter word hier ’n sindonologis (iemand wat die kleed van Turyn bestudeer; afgelei van Grieks sindon vir “linnekleed”) en herken homself in hierdie “spieël van lap en lyf” wat daar voor hom uitgestal lê.

4. Catherine Emmerich

The blood was fresh, of a rich colour, such as flows from a newly opened wound, and so it remained, even after it had dried upon the skin, the clothing and the floor.

Gouws se bundel word drieledig aangebied: die eerste gedeelte handel oor “ontheemdes”, die tweede is getiteld “die halwe sekerheid van voëls”, terwyl die derde afdeling heet “spykerskrif”. Die eerste afdeling open met die gedig “marilyn monroe foto @home in asfaltgrou” (13), wat aansluit by die tradisie van Monroe-gedigte in Afrikaans wat terugstrek na Cloete se klassieke “Marilyn Monroe: foto in blou” in sy debuutbundel Angelliera (1980). Daar word verwys na die “verse van cloete// en elke ander digterskoot en -kloot wat haar voetstoots laat voortleef” – inderdaad ook Gouws, dan (wat spottend na homself verwys in “tom dicks & harry”). Nie net illustreer hierdie gedig Gouws se berekende spel met die Afrikaanse digkunstradisie nie, maar dit aktiveer ook die belangrikste taalkodes in die res van die bundel. So word daar verwys na wonde en die “stigmata van taal”, maar daar word ook gebruik gemaak van bekende idiome wat ingeskryf word in ’n nuwe konteks en heeltemal ’n ander betekenis verkry.

5. Theresa Neumann

Sometimes the laceration appeared only on the surface; at others it was scarcely perceptible to the naked eye, but more often was very deep, and appeared to pass through the hand, the openings on both sides touching each other. I say seemed to pass, because these openings were full of blood, partly flowing and partly congealed and when the flow of blood ceased, they closed immediately ... In her feet, besides the wounds being large and livid around the edges, the size of the opening was the reverse of that of the hands, that is larger on the instep and smaller on the sole of the foot. Moreover, the wound on the instep of the right foot was as large as that on the sole of the left. Thus it would have been with our Saviour if both His feet had been fastened to the Cross by a single nail …

Die vraag wat na die lees van hierdie bundel by my as leser opkom, is of die digter, “identiteitsloos” soos hy homself beskryf, kan dig sonder om “deur singels interteks” en met behulp van die “leë gietvorms van ’n ou postmoderne wêreld” te skryf. Word die ineenwewing van sitate en verwysings en raafsels teks nie op die lang duur teken van ’n onmag om ’n behoorlike gedig te skryf nie? Wat bly oor vir die leser as hy of sy nie die intertekste snap en op ’n intellektuele wyse probeer aandui hoe teksfragment A in teks 1 ’n nuwe betekenis geen aan teks 1 in samehang met teksfragment B nie? As mens al die ingeweefde stukkies wol (text, texture, textile) uittrek, wat bly oor van die oorspronklike jurk? Miskien moet ons Waugh se idee van intertextual overkill weer ’n slag van nader bekyk, want teksproduksie ontaard te veel in ’n nabootsing van Padre Pio wat sy stigmata glo met karbolsuur veroorsaak het. Mea culpa.

1 What interested me even more – and this seems to me unique – was the notion that the participation of different texts at different levels reveals a particular mental activity. And analysis should not limit itself simply to identifying texts that participate in the final texts, or to identifying their sources, but should understand that what is being dealt with is a specific dynamics of the subject of the utterance, who consequently, precisely because of this intertextuality, is not an individual in the etymological sense of the term, not an identity. In other words, the discovery of intertextuality at a formal level leads us to an intrapsychic or psychoanalytic finding, if you will, concerning the status of the "creator", the one who produces a text by placing himself or herself at the intersection of this plurality of texts on their very different levels – I repeat, semantic, syntactic, or phonic. This leads me to understand creative subjectivity as a kaleidoscope, a "polyphony" as Bakhtin calls it.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top