Biebouw-resensies

Die Biebouw-resensies, wat ondersteun word deur Grapetown Capital (Pty) Ltd, het dit ten doel om ’n oop gesprek tussen skrywers, lesers en resensente aan te moedig.

Pastoor deur Pat Stamatélos en Die hart van ’n ma deur Abraham Phillips

Riette Rust 2013-10-17 Riette Rust vergelyk en resenseer twee boeke - in albei hartverskeurende verhale staan die ma-figuur sentraal: Pastoor en Die hart van ’n ma.

Resensie: Skrapnel deur Irma Venter

Madri Victor 2013-10-15 Skrapnel het my dalk nie so vinnig soos Skoenlapper oorrompel en bekoor nie, maar dit is ‘n lekker krimi wat my wél enduit geboei het: die intrige is vermaaklik, speel af teen ‘n lekker tempo en slaag daarin om spanning op verskeie vlakke op te bou.

Valsrivier is meesleurend mooi

Gerdus Senekal 2013-10-09 "Die eerlike en opregte manier waarop kwesbare herinneringe weergegee word, maak dit vir mens byna onmoontlik om nie self ’n bepaalde emosionele betrokkenheid by die verhaalgebeure te hê nie."

As die wind kom draai tydloos relevant

Nini Bennett-Moll 2013-10-01 "Bostaande stukkies dialoog onderstreep dat die vestiging van die meesternarratief histories deur die optekening van die heersende magsdiskoers bepaal is, terwyl die slawe, diensbodes en matjiesgoedmense oorwegend ongeletterd was."

Klimtol speel én besin

Louise Viljoen 2013-10-01 "Dit is ’n volkome oortuigende en meevoerende roman waarin die skrywerslens oopgestel word vir ’n wye spektrum van menslike ervaring, maar daar ook erkenning gegee word aan die behoefte om terug te keer na ’n ruimte van oorsprong, of dit nou dié van die gesin of die eerste bron van inspirasie is."

Verhale as dubbelfoto’s

Johan Anker 2013-09-19 "Cas Wepener toon in hierdie debuutbundel ’n fyn aanvoeling vir die beskrywing van atmosfeer, karakter en landskap. Hy het ’n oog vir die kleinste besonderhede en hy skep ’n interessante konteks met ’n web van inligting wat deur die betrokke leser noukeurig gevolg moet word om die geheim van teks en intrige te ontrafel."

Hoe lyk Die bleek man op my hakke?

Anneliese de Wet 2013-09-18 "Dit gee die leser ’n smakie van ’n lewe met skisofrenie. En dit is uiteindelik die doel van boeke soos dié: om die leser iets te laat ervaar van die leefwêreld van die persoon wat aan ’n geestesversteuring ly. En dít kry sy met sukses reg."

Gekoopte leuens: 'n Resensie

Maryke Roberts 2013-09-18 "Hoewel die spanningslyn goed is, kan mens nie verhelp om te wonder oor die blitsvinnige uitslae deur patoloë en polisielaboratoriums, die helikopters wat ingespan word en die spanne speurders wat ingetrek word nie. Miskien bestaan dit in Suid-Afrika, maar ons as Jan Publiek hoor nooit daarvan nie."

Oorlopers: Soos mense oor 'n brug en soos vloeistof oor 'n glas se rand

Ingrid Woudstra 2013-09-17 "Dit is ’n bundel waarin skokkende en ontstellende aktualiteitsverse soos vloeistof oor die rand van ’n houer loop."

Ou bloed is uiters boeiend en suksesvol

Madri Victor 2013-09-17 "Ou bloed is ’n uiters boeiende en vermaaklike misdaadroman. Die sensitiewe tema mag jou met ’n naar kol op die maag laat, maar die verligting (en ontvlugting) lê daarin dat geregtigheid in dié fiktiewe wêreld seëvier."

Die agste teken kom nie heeltemal die mas op nie

Joan Hambidge 2013-09-06 "Die vrye vers behoort net deur ‘n geoefende digter geskryf te word. Dit is immers, soos Robert Frost opgemerk het, soos om tennis te speel sonder ‘n net."

Kennis is mag (en sukses, welvaart, rugstekery, ondergrawery en korrupsie)

Marike van der Watt 2013-09-05 "Die akademie is natuurlik ’n baie bekende omgewing vir Breytenbach ... Hierdie agtergrond span sy goed in, en die leser kry ’n goeie kykie (hoewel  effens oordrewe, danksy die satiriese inslag) in die ratwerk van ’n groot akademiese instelling."

Score my 'n gwai: 'n resensie

Nathan Trantraal 2013-09-04 "Die unieke taalgebruik, ’n mengsel van Afrikaans, Engels en Tswana, spring van die blaai af en trek jou binne met al twee arms. Daar is ’n diepte en wysheid in die taalgebruik en dit voel deurlopend oorspronklik oud en nuut."

Koffer in Berlyn – Essays oor kabaret

Henning Snyman 2013-08-08 Hennie Aucamp is 'n uitnemende kenner van die kabaret en hy het wye ervaring binne die gebied, veral ook as die skrywer van kabaret- en verwante tekste. Inderdaad getuig hierdie samestelling van essays oortuigend van Aucamp se kennis en betrokkenheid.

Onsigbare mense van die Karoo op reis na identiteit

Michael le Cordeur Resensies 2013-08-05

Lanklaas het ’n roman my so aangegryp, maar terselfdertyd ook so ontstel, soos hierdie een. Karretjiemense is die aangrypende storie – om David Kramer se woorde te gebruik – van “die onsigbare mense van die Karoo” wat Carol Campbell op die voorgrond bring.

Gifkaroo – voorteks maak vuis

Susan Smith 2013-08-02 Dít is die eerste gewaarwordinge ná die lees van Gifkaroo, Etienne van Heerden se voorteks vir sy roman, Klimtol, wat in September 2013 by Tafelberg Uitgewers verskyn.

Lees gerus ’n Ander mens

Jonathan Amid 2013-07-31 "Die gepaste titel dui ooglopend op die feit dat diegene wat in die getuiebeskermingsprogram geplaas word, ’n nuwe identiteit moet aanneem, en wesenlik 'nuwe' of 'ander' mense moet word om te oorleef en met hulle lewens aan te gaan."

Mits dese wil ek vir jou sê

Chris van der Merwe 2013-07-23 Mits dese wil ek vir jou sê bevat ‘n keuse uit die briewe van Hennie Aucamp.

So was dit – ope brief aan Johan van Wyk

Gerrit Rautenbach 2013-07-12 "Jou stories lees lekker en wat ek die meeste van hou, is dat alles eintlik daar was, en soms nog net so daar is, in die meeste van ons se lewens."

Chokers en Survivors: Kaaps en in your face

Joan Hambidge Academic research 2013-07-03

Die bundel gee die manlike perspektief op die digter se vrou, Ronelda S Kamfer, se Noudat slapende honde. Digters wat onder een dak saamwoon, tree dikwels in gesprek met mekaar.

Top