Biebouw-resensies

Die Biebouw-resensies, wat ondersteun word deur Grapetown Capital (Pty) Ltd, het dit ten doel om ’n oop gesprek tussen skrywers, lesers en resensente aan te moedig.

Pirouette: verwonding in reliëf tot ballet

Nini Bennett-Moll 2012-06-28 Indien die digter haar visier wýer rig as anoreksie, wýer rig as enige patologie of hospitaal, sal sy werklik die potensiaal van balletpoësie kan ontgin en die leser nog kan verras met die veelsydigheid van haar passies.

Menslike verganklikheid in Vos se Weerloos lewe

Dewald Koen 2012-06-27 Vos se bundel is ’n uiters geslaagde bundel wat ongetwyfeld ’n plek op menige leser se boekrak verdien.

In dié rymteskip van René so baie: ’n resensie van in die niks al om van René Bohnen

Susan Smith 2012-06-14 <i>In die niks al om</i> van René Bohnen is alles wat ’n tweede bundel behoort te wees. Dié rymteskip vaar goed.

Betower: Betree ’n moderne sprokie

Henriëtte Loubser 2012-06-13 "Met ’n heerlik, liries-poëtiese aanslag begogel Viljoen die leser in hierdie jeugroman. Saam met Nadia en Poenk beleef jy die natuur. Die leser dartel saam deur die 'ritselgroen' woud en ruik die 'sielbruin' grond en die 'oopgebreekte mos en modder'."

’n Lyf onthou vra die leser se eie oordeel

Malene Breytenbach 2012-06-07  Die 17 kortverhale handel oor die lyflike, hoofsaaklik uit ’n vroulike oogpunt en met die fokus op vroulike hoofkarakters. Daar is egter ook verhale wat uit ’n manlike perspektief vertel word. Die meeste verhale het seks in verskeie gedaantes as tema.

So lig soos klip: Uit die verbreektheid spreek eenheid

Jeanette Ferreira 2012-06-06

"So lig soos klip is ’n voorbeeld daarvan dat een goeie roman swaarder as tien minderes weeg."

Braille-briewe beloon die leser

Charl-Pierre Naudé 2012-05-24 "Trouens, dis hierdie ‘loslit’ inslag van Walters se poëtiese woord, hierdie misleidende ‘gemaklike’ indruk, wat al gemaak het dat sy digkuns verkeerdelik as ‘soos prosa’ beskryf is."

Amper elders verruim Louis Esterhuizen se oeuvre

Marius Crous 2012-05-16 "Met hierdie bundel verruim Louis Esterhuizen sy oeuvre en betrek hy naas die werk van ander digters ook ander plekke."

Lot se vrou intens menslik en deernisvol

Henning Snyman 2012-03-27 "In Joan Hambidge se oeuvre is daar ’n aantal bundels wat hoogtepunte registreer – bundels soos Verdraaide raaisels, Ewebeeld, Lykdigte en Visums by verstek. Met Lot se vrou bereik Hambidge ’n nuwe hoogtepunt in haar digkuns."

’n Boek vir ’n volwasse leser met ’n jong gees

Naomi Meyer 2012-03-26 Naomi Meyer lees Broers, ’n sjarmante en kreatiewe boekie wat haar tóg laat wonder oor konteks: "Die ding met konteks is, dis soos ’n Maandag – dit word altyd deur ’n storie voorafgegaan: die naweek. Dit staan nie op sy eie nie en het daarom bepaalde assosiasies. Net so is dit met hierdie boek ... "

Die woord leef in Vaarwel, my effens bevlekte held

Henning Snyman 2012-03-23 Henning Snyman lees Johann de Lange se bundel Vaarwel, my effens bevlekte held en bevind die werk rigtinggewend.  Snyman sê:  "Die woorde in De Lange se werk "beteken" nie net nie, dit "be-teken", en sodoende kom daar telkens nuwe betekenisse uit die verse."

Vreemdeling: ’n plofbare versameling kortverhale

Suzanne Potgieter 2012-02-29 "... ’n versameling treffende kortverhale wat die leser konfronteer, onthuts en bowenal bybly lank na die bundel neergelê word."

Donker plekke ’n waardevolle toevoeging vir die misdaad- en spanningsverhaal-fynproewer

Maggie Marx 2012-02-21 "Ek het Donker plekke met oortuiging toegevou nadat ek die laaste verhaal gelees het. ... Die vraag is egter of lesers wat nuut tot die misdaad- en spanningsgenres sold sal wees op dié versamelbundel, en die antwoord is ’n moeilike toffie om te kou."

Die vrou met die pers oog – ’n adrenalientrekker

Henriëtte Loubser 2012-02-21 "Om ’n bangmaakstorie aan hedendaagse tieners te verkoop wil gedoen wees, en die grilskrywer François Bloemhof het so ’n wenresep beet."

Alfabet van die Voëls stel hoë eise

Jeanette Ferreira 2012-02-13 Naudé se debuutbundel kortverhale beloon eweneens daardie leser met ’n voorkeur vir verhale wat minder antwoorde as vrae bied: hoogstens ’n spoor, ’n bekoorlike moontlikheid van wat alles in hierdie digverweefde teks opgesluit lê.

Willemien historiese romanse op sy beste

Madri Victor 2012-02-08 Chanette Paul se Daveltjies, soos dié reeks oor die Davelvroue onder lesers bekend staan, is pas op aanvraag heruitgegee met pragtige, nuwe omslae.

Nicky & Lou 46 Stories – Verbeel jou jy hoor Nataniël se stem

Riette Rust 2012-02-06 Wanneer iemand so snaaks is soos Nataniël, vergeet jy soms wat ’n goeie waarnemer hy is. Om nie te praat van sy skryftalent nie. Nicky & Lou herinner mens aan albei dié feite.

Die pad na Skuilhoek – ’n soektog na liefde

Chris van der Merwe 2012-01-30 Hartstog, verlange, haat en teleurstelling ken geen geskiedenis nie.

7 Dae: Meyer ken die kuns van woordverleiding

Martie Retief-Meiring 2012-01-24  "Wat is dit met Bennie Griessel? Gaan hy ewig die martelgat bly, al is hy nou ’n Valk?"  Martie Retief Meiring lees sonder ophou aan 7 Dae.   

Oepse Daisy recommended for those with itchy feet

Justin Fox 2012-01-16  This new collection of 27 travel sketches takes us on a journey around the globe with master raconteur Johan Bakkes.
Top