PRH/LAPA-Uitgewersportaal
|
On the 1st of July 2013, Penguin Random House became the first truly global trade book publisher. Unifying two of the most famous names in publishing, the Penguin Random House stable of writers includes more than 70 Nobel Prize laureates and hundreds of the world's most widely read and best-loved authors. It employs over 10,500 people globally across almost 250 editorially and creatively independent, imprints and publishing houses, who collectively publish more than 15,000 new titles annually. LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House South Africa. Penguin Random House South Africa | Contact PRH SA |
Persverklaring: Wimpy kid help biblioteke
2025-10-29Sedert hulle ontstaan in 2010 het The Bookery meer as 98 skoolbiblioteke in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Gauteng gestig en het hulle meer as 375 500 boeke landwyd versprei.
Pasverskyn: Alten akkedis se sewe sterte deur Riana Scheepers
2025-10-28Alten, ’n akkedis met die merkwaardige vermoë om sy stert te verloor en weer te laat groei, vind homself in ’n tuin vol gevare. Wanneer sy vriend Frida, die verkleurmannetjie, in die moeilikheid beland, moet Alten sy moed bymekaar skraap om haar te red. ’n Verhaal vol humor, spanning en die krag van ware vriendskap.
Jeugroman of historiese roman? ’n Lesersindruk van Louis Pretorius se ’n Jaar in my lewe
2025-10-28"Veral jongmense sal dit interessant vind dat telefone in daardie dae met drade aan mure gekoppel is en dat gewone skoolgaande jongmense in 1996 nie selfone gehad het nie."
Heil die Leser! Carpe diem! ’n Selfhelpboek en ’n romanse
2025-10-22Nini Bennett-Moll skryf oor ’n selfhelpboek, To health with it! deur Tebogo Thekisho: "As sy eerste boek ’n memoires van oorlewing was, is hiérdie een ’n manifes vir die soewereiniteit van persoonlike welsyn"; en oor ’n Romanza, Om Isla op te pas deur Elsa Winckler: "Uiteindelik is daar net twee tipes stories, om Chris Barnard aan te haal: goed geskrewe of swak geskrewe verhale. En Winckler se verhaal is ’n knapgeskrewe een."
Hart onder arres deur Judy Troskie: ’n resensie
2025-10-20"Hart onder arres is veel meer as net ’n liefdesverhaal. Dit is ook ’n spanningsverhaal propvol intrige en gevaar."
’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius, ’n resensie
2025-10-14"Beide tieners en volwassenes behoort dié jeugroman te lees. Dit is ’n prysenswaardige jeugroman."
In gesprek met Vickie de Beer oor Kombuistaal
2025-10-10"As ons kinders van kleins af by die kookproses betrek en hulle leer hoe om kos te maak, gaan hulle gesonder volwassenes word wat eendag vir hulleself kan kook. Kosmaak het sy eie taal."
Winterwens deur Lizelle von Wielligh: ’n resensie
2025-09-18"[Lizelle von Wielligh] skryf Winterwens uit beide die held, Paul, en die heldin, Lianca, se oogpunte. Sodoende kry haar lesers tot in hulle tone lekker, want hulle het voorste-ry-sitplekke om die ontvouing van die ontluikende verhouding waar te neem."
Persverklaring: ATKV vier krag van lees en boeke
2025-09-17Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon. Die beoordelaars is jong lesers self, iets wat hierdie toekenning van ander onderskei.
Liefdesleuens deur Malene Breytenbach: ’n resensie
2025-09-17"Net toe ek dink alles tussen hulle is verby, gebeur daar iets met Douw wat my weer laat dink die verhouding sal hervat word, of Maya sal haarself verder in ’n situasie dompel waaruit sy nie sal kan wegstap nie. Dis hierdie fluktuasies, heel geloofwaardig ook, wat my die bladsye laat omblaai het om te lees wat volgende gebeur."
Cliff-hanger: Die 13de dag in Chengdu deur De Wet Hugo
2025-09-16"Vir my as iemand wat ’n bietjie – oukei, baie – bygelowig is oor Vrydag die 13de, was hierdie boek heerlik om te lees."
Stories vir die siel – inspirerende kortverhale, saamgestel deur LAPA Uitgewers: ’n resensie
2025-09-15"Stories vir die siel is ’n bundel wat jou laat lag, huil en nadink – en bowenal, jou laat vóél."
Nasionale Boekweek 2025: Nadine Petrick se kinderboekkeuses
2025-09-11"Ek het die boek in een go deurgelees, want ek kon nie my nuuskierigheid beteuel nie. (En ook: Ek was ’n bietjie bang.)"
Roslynne Toerien in Gqebera
2025-09-10"’n Saal vol kinders jok nie. Selfs die klein outjies wat ek dopgehou het, sou rondskuif, maar hulle het beslis die storie gevolg en wou baie graag die vrae beantwoord wat sy elke nou en dan gevra het."
Kortliks met Stefaans: Iets werkbaars om na te streef
2025-09-03"Die galg het soveel nuwe krygers gewerf. Dit was ’n magneet vir nuwe opnames."
Boekevat met Deborah: Die moord op Liezel de Jager deur Anena Burger en Undone deur Michelle Roniak
2025-09-03"Die boek is uiters leesbaar en die leser kry ook ’n blik op Liezel as kind en jongmens. Wat ’n gebrek is, is dat ons geen insae kry in Werner se psige en verlede nie. Dis mos altyd die tergvraag: Hoe word iemand ’n monster?"
Nuut by Lapa: Die dertiende dag in Chengdu deur De Wet Hugo
2025-08-27Henk en sy ma het na Chengdu in China verhuis. Henk is nogal ’n senuweeagtige kind en hy het allerhande bygelowe – bo-aan die lys is die nommer 13. Wanneer die hysbak in hul woonstelgebou aanhou om by die 13de verdieping te stop en Henk begin knipperende oë in die donker sien wanneer die deure oopgaan, beteken dit sekerlik dat die spook van Sarah Mallory hom teister, nie waar nie? Hoekom anders gebeur allerhande vreemde en onverklaarbare dinge met Henk in hierdie land vol mites en legendes?
Goue lint, my storie begint: Karakterisering in jeugverhale
2025-08-26"Wanneer jy van ’n storie hou, hou jy van die verhaal of het jy dalk gevoel die karakters is jou vriende? Ons kan seker almal dink aan ’n karakter wat jou bygebly het, lank nadat jy die verhaal klaar gelees het. In hierdie aflewering gaan ons kyk na die bestanddele van ’n kinder- of jeugverhaal, spesifiek karakterisering, vertelling en fokalisering."
Om Karolien te beskerm deur Elsa Winckler: ’n resensie
2025-08-20"Elsa Winckler ken die Romanza-leser se hart. Sy weet wat vroue van innerlike genoegdoening laat sug wanneer die held en heldin mekaar uiteindelik vind."

