PRH/LAPA-Uitgewersportaal
|
On the 1st of July 2013, Penguin Random House became the first truly global trade book publisher. Unifying two of the most famous names in publishing, the Penguin Random House stable of writers includes more than 70 Nobel Prize laureates and hundreds of the world's most widely read and best-loved authors. It employs over 10,500 people globally across almost 250 editorially and creatively independent, imprints and publishing houses, who collectively publish more than 15,000 new titles annually. LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House South Africa. Penguin Random House South Africa | Contact PRH SA |
Cliff-hanger: Die ware avonture van Adelie en Riley deur Felicia Snyman-Du Toit – ’n kinderboekresensie
2025-04-10"Hierdie is lekkerleesboeke vir die jong ouderdomsgroep: propvol avontuur en verbeelding. Ek kan die stemme hoor soos wat ek dit lees."
Boekevat met Deborah: Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag, An act of murder en Outopsietafel
2025-04-03Deborah Steinmair skryf ’n nuwe boekrubriek vir LitNet. In hierdie aflewering skryf sy oor boeke waarin iemand in haar verlede die trofeebruid van ’n gay bendebaas was, iemand anders ’n slegte pruik en poliësterbroek dra en toneel speel vir sy lewe, en oor die algemeenste item in die sakke van oorlede Suid-Afrikaners.
Persverklaring: Leerders en onnies is eregaste by Suidoosterfees en SOF Junior
2025-04-02Antjie Krog is op Dinsdag 6 Mei die hoofspreker tydens LAPA Uitgewers en Penguin Random House se Skouerskuur met ons skrywers. Dié SOF Junior-geleentheid verwelkom alle onnies, leesliefhebbers en bibliotekarisse vir ’n heerlike middag in die geselskap van 14 skrywers.
Persverklaring: Kortlyste van die SA Akademie se letterkundige pryse van 2025 bekend
2025-03-28Vanjaar is dit die tweede jaar dat die kortlyste van die Akademie se letterkundige pryse vooraf aangekondig word. Die vier kortlyste vir 2025 se boekpryse is pas bekendgemaak.
Waarom Donkerster goeie leesstof vir die skoleherfsvakansie is: ’n onderhoud met Annerle Barnard
2025-03-28"Dis aktueel. Dis relevant!"
Sluitstuk deur Johann Rossouw: ’n Naglange gesprek
2025-03-14"Rossouw het in sy roman die feite omvorm om by algemene waarhede te kom, by dinge wat 'eintlik vir alle mense so werk': die aard en verwerking van trauma; die waarde van stilte en meditasie; die belang van selfontlediging; ’n luisterende lewenshouding; en rituele. Hy wil aan die leser ’n modus vivendi bied: Die beste manier om te lewe."
Heil die Leser!: Oor wonderwerke en die antieke gebruik van vas
2025-03-13Nini Bennett-Moll skryf oor Klein wonderwerk deur Hans du Plessis: "Du Plessis het die kompleksiteit van die menslike kondisie verstaan"; en oor Die Bybelse vas deur Ilse Roux: "’n [B]oeiende werk wat ’n mens uit ’n mistiese spirituele of metafisiese invalshoek kan lees en waardeer."
New from Penguin: Canary by Onke Mazibuko
2025-03-04Nuut by Lapa: Die ware avonture van Adelie & Rylie: Die MOEsters deur Felicia Snyman-Du Toit
2025-02-20In Die MOEsters gaan Adelie en Riley se gesin almal saam op vakansie. Hulle bly op ’n pragtige plaas waar daar allerlei plaasdiere wei. Maar hoekom tree die beeste ewe skielik snaaks op? Amper asof hulle zombies is ... Hoe gaan Adelie en Riley uit die penarie kom?
Passie in Parys deur Tosca de Villiers: ’n resensie
2025-02-17"Die storie begin tussen die lakens en daar word behoorlik gewoeker met die wellus van die lyf."
Kom saam: ’n onderhoud met Sonja Goldberg oor haar dagstukkieboeke
2025-02-12"Omdat die dagstukkieboek ’n kort opsomming van ’n onderwerp is wat toegelig word met ’n Bybelvers, is hierdie dan ’n ideale medium om mense (oud en jonk) by die Bybel uit te bring."
Die tantes van Atlantis deur Philip de Vos: ’n lesersindruk
2025-02-04"Oumense soos ek is beslis nie te oud om ook die spel tussen woord en beeld te geniet nie. Dalk help dit ons om weer in voeling te kom met die magiese ontdekking van boeke soos toe ons jonger was?"
Pasverskyn: Te poenankies vir woorde deur Wendy Maartens
2025-01-28Te poenankies vir woorde is ’n unieke en inkleurboek wat fokus op idiome en gesegdes oor vriendskap, liefde en omgee. Hierdie boek is ontwerp om kinders en selfs volwassenes te inspireer om die waarde van liefde en vriendskap te vier. Met pragtige illustrasies om in te kleur en betekenisvolle idiome om te ontdek, is hierdie boek perfek vir gebruik in die klaskamer, as ’n geskenk, of as ’n interessante gesprekspunt aan die etenstafel of rondom die braaivleisvuur.
Cliff-hanger: Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn
2025-01-13"Dit is nie die eerste keer dat ek ’n boek lees oor die morele en fisieke gevolge van dwelmmisbruik nie, maar Gif stel opnuut belangrike vrae. Het ons as samelewing steroïdegebruik so genormaliseer? Dit is vir my sinvol hoe die boek hierdie etiese grense ondersoek, veral as dit op jonger lesers gemik is."
Hospitaal Weltevreden deur Riaan Grobler: ’n onderhoud met die skrywer
2025-01-07"Ek het begin met Anna-Mart. Ek ken ’n Anna-Mart – sy het net ’n ander naam. Hierdie meisie is verskriklik slim. Sy het soveel potensiaal, ongelukkig kom sy net nie uit haar armoede nie. Sy kry net nie ’n geleentheid nie. Dit was my inspirasie vir Anna-Mart."
Wanneer jy deur God verlaat voel ... Toevlug deur Louise Viljoen: ’n resensie
2025-01-03"Daar is baie wat in hierdie boek se guns tel: goeie taalgebruik, lekker vars idees en lekkerlees-sinne. Die skrywer is nie verniet ’n joernalis en resensent nie. Sy kan met woorde toor."
’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n resensie
2025-01-02"Maar hoekom 40 jaar in ’n gewelddadige huwelik bly?"
Waar die doringbome sing deur Elize Parker: ’n lesersindruk
2024-12-23"Trilogieë, of dit nou in die vorm van boeke of films is, eindig nie altyd goed nie. In die geval van Parker se Laeveld-reeks sal enige mens wat die eerste boek geniet het, waarskynlik by die hele reeks aanklank vind."
Lea gaan skool toe deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk
2024-12-17"Menige kinderboek bestaan uit ’n storie in woorde en ’n storie in prente. Albei is belangrik. Prente in kinderboeke is nie bloot mooi tekeninge nie. ’n Goeie kinderboekillustreerder dra aktief by tot die verhaal deur tekeninge weer te gee wat meer doen as bloot die storie hervertel."
Donkerster deur Annerle Barnard: ’n lesersindruk
2024-12-17"Annerle Barnard kán skryf. Dis nie altemit nie en met hierdie heerlike spanningsverhaal sal sy waarskynlik nóg lesers wen."

