PRH/LAPA-Uitgewersportaal

On the 1st of July 2013, Penguin Random House became the first truly global trade book publisher. Unifying two of the most famous names in publishing, the Penguin Random House stable of writers includes more than 70 Nobel Prize laureates and hundreds of the world's most widely read and best-loved authors. It employs over 10,500 people globally across almost 250 editorially and creatively independent, imprints and publishing houses, who collectively publish more than 15,000 new titles annually.

LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House South Africa.

Penguin Random House South Africa | Contact PRH SA
LAPA-tuisblad | Kontak LAPA | Romanza-klub

Die bok wat sy spring verloor het deur Marleen Lammers, ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-11-26

"In ons huis is daar twee rakke vol kinderboeke wat jong besoekers na hartelus kan uitpak en verken. Wanneer ’n klein leeswetenskaplike dus opdaag met ’n boek wat sy gekies het, neem ek kennis. Ek neem ook kennis van die manier waarop die inhoud ontvang word."

Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout: ’n resensie

Magdel Vorster Resensies 2024-11-18

"Met alles hier bo in ag genome, raak Bezuidenhout se lekker onderhoudende storie, steeds nooit ’n aktivistiese tirade nie."

Belle, met die hart vol blomme deur René van Zyl: ’n resensie van ’n waardige Romanza-wenner

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2024-11-15

"Ek het gou vergeet dat ek besig is om ’n storieboek wat binne ’n resepmatige raamwerk geskryf is en ’n voorspelbare einde móét hê, te lees. Dié lekkerleesverhaal speel af in Potchefstroom en is propvol heerlike draaie en kinkels."

Word ryk, bly ryk deur PJ en Geo Botha, ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2024-11-12

"Hulle kombineer hulle ondersoek na suksesvolle mense met hulle eie insigte as adviseurs om die verskillende fases van die welvaartsiklus te bestudeer."

Witness to power deur Mathews Phosa: ’n resensie

Bettina Wyngaard Resensies 2024-11-12

"Hier het ons die geleentheid om ’n kykie in die binnewerke van die man agter die naam te kry, in sy eie woorde en uit sy eie perspektief. Maar terselfdertyd trek hy ook op besonderse wyse die gordyn weg sodat ons kan sien hoe die organisasie waaraan hy sy lewe gewy het, werk."

Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-11-12

"Quinn en haar maats vlek ’n sleg ding oop, maar sal die onnies hulle steun? Dalk sal die bloedjong, vroulike Engelsonderwyser nog help, maar sal die skoolhoof hom steur aan hulle? Gaan hy die stinkryk pa’s van die stinkryk seuns ter wille wees?"

Troep: Die kleingeskiedenis van ’n oorlog

Freek Robinson, Bun Booyens Onderhoude 2024-11-07

Bun Booyens is die samesteller en redakteur van Troep. Die dinge wat hulle saamdra. Hy vertel aan Freek Robinson hoe hy te werk gegaan het om gewone mense se stories na te speur en om seker te maak dat ’n groot aantal mense se eie oorlogstories in hierdie boek opgeneem word.

Quinn se jaar van kwik: ’n onderhoud met Zelda Bezuidenhout

Naomi Meyer, Zelda Bezuidenhout Skrywersonderhoude 2024-11-06

"Op ’n manier maak dit nie saak wat later in jou lewe gebeur nie, jou hoërskooljare word ’n soort bloudruk vir jou lewe. Dis waarom elke jeug- of jongvolwassene-boek wat ek skryf, dieselfde subliminale boodskap dra: Jy is oukei net soos jy is!"

The spirit of leadership by Reuel J Khoza, a review

Barend van der Merwe Books and writers 2024-11-05

"This is a deeply religious book, but it is so much more than that. Khoza reflects on a wide range of topics, such as the Atlantic slave trade, missionaries in Africa, the 1976 Soweto riots, Steve Biko and the Black Consciousness Movement, the South African transition to democracy, and leaders such as King Moshoeshoe, Thabo Mbeki and Nelson Mandela."

Persverklaring: LAPA-Jeugromankompetisie 2025

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2024-11-01

LAPA nooi graag alle skrywers en voornemende skrywers uit om al daai wonderlike stories wat die wêreld vol lê, op te raap, neer te skryf en met ons en ons lesers te deel. Jy het meer as ’n jaar tyd om seker te maak jy kom in aanmerking vir een van die fantastiese pryse ter waarde van R60 000. Inskrywings sluit 30 November 2025.

Pasverskyn: Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout

LitNet Boeke en skrywers 2024-10-30

Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.

Persverklaring: Huldeblyk aan Hans du Plessis (1945–2024) 

LitNet In memoriam 2024-10-29

Met groot hartseer en ’n gevoel van diep verlies neem ons afskeid van Hans du Plessis, wat op 25 Oktober 2024 skielik oorlede is. Sy heengaan laat ’n groot leemte by LAPA Uitgewers, maar ons is ook oneindig dankbaar vir die rykdom van gedigte, verhale en ander werke wat hy aan ons nagelaat het. Hans sal voortleef in die bladsye van sy boeke en in die harte van sy lesers.

Kortliks met Stefaans: 23 Oktober 2024

Stefaans Coetzee Boeke en skrywers 2024-10-23

"Nadat ek Nicol ’n paar jaar gelede toevallig ontdek het, het ek doelbewus na Suid-Afrikaanse Engelse skrywers begin soek. Daar was ’n paar verrassings, Roger Smith vir een. En nadese Kurt Ellis."

Foto’s en video: Bekendstellingsgeleentheid van "Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp

Naomi Meyer PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2024-10-18

"Dames en here", ’n boek rondom redenaars en debat, het onlangs by LAPA verskyn. Naomi Meyer het by die bekendstellingsgeleentheid op 15 Oktober 2024 met Elbie Adendorff en Lisinda de Jager, gesels. Hier is foto’s en ’n video van die geleentheid.

Persverklaring: Wil jy bydra tot ’n kinderboek oor Afrikaans?

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2024-10-17

Ons sal graag ʼn spektrum van stories wil insluit wat iets oor al die vorme van Afrikaans en die wye geskiedenis daarvan vertel – en hopelik iets van die toekoms van Afrikaans wys.

’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2024-10-17

"Die vertelling kombineer die verhaal van trauma, alkoholisme en huishoudelike en emosionele geweld met elemente van hoop en dien aanvullend ook as ’n soort gids vir mense wat hulleself in soortgelyke posisies mag bevind ... Met die buitengewone vlakke van gesinsgeweld in Suid-Afrika sal hierdie boek waarskynlik nog baie jare lank gelees word."

Your ultimate personal finance guide by Johan Gouws: a review

Barend van der Merwe Books and writers 2024-10-15

"In Your ultimate personal finance guide, the key, as in much else in life, seems to be self-exploration and self-knowledge. Defining your own ideals, vision and boundaries, identifying strengths and addressing weaknesses can set one on a path of success. Having a plan, even if it is not a good plan, is always preferable to having no plan, particularly when it comes to personal finances."

Ons laaste legendariese somer deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Cliffordene Norton Resensies 2024-10-14

"Wat ek waardeer het, was hoe outentiek die dinamika van die vriendskap tussen Tobi, Dean en Rowan voel. Dit is werklik hoe tieners optree, en ek dink jonger lesers sal maklik met Tobi se avontuurlustige, impulsiewe aard kan vereenselwig. Dit is ’n prettige, ligte leeservaring wat baie aanhangers onder die jeug sal vind."

Benru se boomskok deur Felicia Snyman-Du Toit en Die maniese muskietmoles deur De Wet Hugo: ’n gesamentlike resensie

Magdel Vorster Kinderboeke 2024-10-14

"Tien van die agtien hoofstukke van Die maniese muskietmoles is slothoofstukke. Daar is met ander woorde tien eindes – weliswaar nie almal positief nie, maar wel bevredigend. Sommige van hierdie eindes, hoewel nie oop nie, laat ook steeds ruimte vir interpretasie. Benru se boomskok eindig oop en al wat ek daaruit kan aflei, is dat die verhaal nog nie klaar is nie en daar ’n opvolgtitel sal wees."

Persverklaring: Uitnodiging na die bekendstelling van Dames en Here deur Elbie Adendorff en Lisinda de Jager

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2024-10-10

Hierdie boek is ’n eerste in sy soort en sal ’n groot gaping in die mark vul. Daar is spesifiek gekyk na alle redenaars- en debatskompetisies in Suid-Afrika, sowel as alle vorme van toesprake wat in die skoolkurrikulum vereis word. Opvoeders en onderwysers – en enigiemand wat belangstel! – word hartlik uitgenooi om hierdie boekbekendstelling op 15 Oktober in Stellenbosch by te woon. Hier is nog inligting.

Top