PRH/LAPA-Uitgewersportaal
On the 1st of July 2013, Penguin Random House became the first truly global trade book publisher. Unifying two of the most famous names in publishing, the Penguin Random House stable of writers includes more than 70 Nobel Prize laureates and hundreds of the world's most widely read and best-loved authors. It employs over 10,500 people globally across almost 250 editorially and creatively independent, imprints and publishing houses, who collectively publish more than 15,000 new titles annually. LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House South Africa. Penguin Random House South Africa | Contact PRH SA |
Persverklaring: LAPA-Jeugromankompetisie 2025
2024-11-01LAPA nooi graag alle skrywers en voornemende skrywers uit om al daai wonderlike stories wat die wêreld vol lê, op te raap, neer te skryf en met ons en ons lesers te deel. Jy het meer as ’n jaar tyd om seker te maak jy kom in aanmerking vir een van die fantastiese pryse ter waarde van R60 000. Inskrywings sluit 30 November 2025.
Pasverskyn: Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout
2024-10-30Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.
Persverklaring: Huldeblyk aan Hans du Plessis (1945–2024)
2024-10-29Met groot hartseer en ’n gevoel van diep verlies neem ons afskeid van Hans du Plessis, wat op 25 Oktober 2024 skielik oorlede is. Sy heengaan laat ’n groot leemte by LAPA Uitgewers, maar ons is ook oneindig dankbaar vir die rykdom van gedigte, verhale en ander werke wat hy aan ons nagelaat het. Hans sal voortleef in die bladsye van sy boeke en in die harte van sy lesers.
Kortliks met Stefaans: 23 Oktober 2024
2024-10-23"Nadat ek Nicol ’n paar jaar gelede toevallig ontdek het, het ek doelbewus na Suid-Afrikaanse Engelse skrywers begin soek. Daar was ’n paar verrassings, Roger Smith vir een. En nadese Kurt Ellis."
Foto’s en video: Bekendstellingsgeleentheid van "Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp
2024-10-18"Dames en here", ’n boek rondom redenaars en debat, het onlangs by LAPA verskyn. Naomi Meyer het by die bekendstellingsgeleentheid op 15 Oktober 2024 met Elbie Adendorff en Lisinda de Jager, gesels. Hier is foto’s en ’n video van die geleentheid.
Persverklaring: Wil jy bydra tot ’n kinderboek oor Afrikaans?
2024-10-17Ons sal graag ʼn spektrum van stories wil insluit wat iets oor al die vorme van Afrikaans en die wye geskiedenis daarvan vertel – en hopelik iets van die toekoms van Afrikaans wys.
’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n lesersindruk
2024-10-17"Die vertelling kombineer die verhaal van trauma, alkoholisme en huishoudelike en emosionele geweld met elemente van hoop en dien aanvullend ook as ’n soort gids vir mense wat hulleself in soortgelyke posisies mag bevind ... Met die buitengewone vlakke van gesinsgeweld in Suid-Afrika sal hierdie boek waarskynlik nog baie jare lank gelees word."
Your ultimate personal finance guide by Johan Gouws: a review
2024-10-15"In Your ultimate personal finance guide, the key, as in much else in life, seems to be self-exploration and self-knowledge. Defining your own ideals, vision and boundaries, identifying strengths and addressing weaknesses can set one on a path of success. Having a plan, even if it is not a good plan, is always preferable to having no plan, particularly when it comes to personal finances."
Ons laaste legendariese somer deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2024-10-14"Wat ek waardeer het, was hoe outentiek die dinamika van die vriendskap tussen Tobi, Dean en Rowan voel. Dit is werklik hoe tieners optree, en ek dink jonger lesers sal maklik met Tobi se avontuurlustige, impulsiewe aard kan vereenselwig. Dit is ’n prettige, ligte leeservaring wat baie aanhangers onder die jeug sal vind."
Benru se boomskok deur Felicia Snyman-Du Toit en Die maniese muskietmoles deur De Wet Hugo: ’n gesamentlike resensie
2024-10-14"Tien van die agtien hoofstukke van Die maniese muskietmoles is slothoofstukke. Daar is met ander woorde tien eindes – weliswaar nie almal positief nie, maar wel bevredigend. Sommige van hierdie eindes, hoewel nie oop nie, laat ook steeds ruimte vir interpretasie. Benru se boomskok eindig oop en al wat ek daaruit kan aflei, is dat die verhaal nog nie klaar is nie en daar ’n opvolgtitel sal wees."
Persverklaring: Uitnodiging na die bekendstelling van Dames en Here deur Elbie Adendorff en Lisinda de Jager
2024-10-10Hierdie boek is ’n eerste in sy soort en sal ’n groot gaping in die mark vul. Daar is spesifiek gekyk na alle redenaars- en debatskompetisies in Suid-Afrika, sowel as alle vorme van toesprake wat in die skoolkurrikulum vereis word. Opvoeders en onderwysers – en enigiemand wat belangstel! – word hartlik uitgenooi om hierdie boekbekendstelling op 15 Oktober in Stellenbosch by te woon. Hier is nog inligting.
Die gawe van groen deur Elmarié Dercksen: ’n resensie
2024-10-09"Waar vorige resensente die groen geheim van Sati se gawe omseil het, gaan ek my verstout om die geheim te verklap aangesien Die gawe van groen reeds langer as ’n jaar gelede uitgereik is."
Cliff-hanger: "Afrikaanse boeke is net so goed soos Engelse boeke"
2024-10-03Cliffordene Norton skryf hierdie Cliff-hanger-rubriek na aanleiding van Wolk, borrelgom, foto’s en geheime, ’n gesprek wat sy tydens die Momentum Beleggings Aardklop-fees op 27 September by The Roots in Potchefstroom bygewoon het.
Donker water deur Martin Steyn: indrukke van iemand wat al lank vir Steyn se volgende boek wag
2024-10-01"Steyn verras sy leser weer eens. Dit is nóg ’n anderster soort boek – nie eers ámper jou tipiese polisieroman nie."
Maalkolk en Breekpunt deur Marie Lotz: ’n resensie
2024-10-01"Dis gemene saak dat ’n gebrek aan kundigheid tans die SAPD se ondersoek van kriminele sake kniehalter. Die realiteit is dat die uitslae van bloedalkoholtoetse, dwelmontledings, DNS- en vingerafdrukvergelykings, ballistiese toetse, toksikologie, en dies meer maande, en selfs jare kan neem. Dit konfronteer ’n skrywer met ’n dilemma: Sou die werklikheid in die teks nagevolg word, sal daar geen sprake van ’n volgehoue spanningslyn kon wees nie."
Ben en die groot toets deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk
2024-09-30"Kinders sal hierdie storie, met die mooiste kleurvolle illustrasies, baie geniet en leersaam vind, en hulle met Ben kan vereenselwig. Hierdie boek is ’n móét vir enige kind wat oor die drumpel stap om die wêreld van klank en lees te betree."
Momentum Beleggings Aardklop 2024: ’n onderhoud oor Geroep vir meer
2024-09-26"Die belangrikste ding wat mens moet doen, is jy moet jou 'why' gaan vind. Jou 'why' is die ding wat jou betekenis en doel in die lewe dryf. My 'why' is om te inspireer en hoop te gee en om beter te word as wat die wêreld verwag dat jy moet wees ..."
Persverklaring: kykNET-Rapport-boekpryse 2024
2024-09-21Die kykNET-Rapport-boekpryse, wat altesaam R1 miljoen bedra, is op Saterdagaand 21 September 2024 in Kaapstad oorhandig. Met dié pryse word jaarliks erkenning gegee aan uitnemende Afrikaanse boeke en resensies wat die vorige kalenderjaar verskyn het. Hier is al die wenners!
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024 – Prys vir Liefdesroman en Prys vir Romanses
2024-09-18Boekwurms wêreldwyd sal jou vertel dat min dinge ’n goeie liefdesverhaal klop, en ook in Afrikaans staan liefdesromans hul plek op boekrakke vol.
Uitnodiging: 18 September | Donker water deur Martin Steyn – bekendstelling by Oude Leeskamer
2024-09-17Hoe om jou pad uit troebel water te vind is een van die temas wat Martin Steyn in sy eerste roman sedert 2018 ondersoek. Donker water is oudergewoonte uitmuntende misdaadfiksie en ’n boek waarvoor Steyn se aanhangers lank reeds wag. Sluit aan by Martin Steyn en Jonathan Amid by Oude Leeskamer in Stellenbosch op Woensdag 18 September om 15:30.