Titel: Voëlsafari-aktiwiteitsboek
Skrywers: Heléne Booyens en Hélène Loon
ISBN: 9781779890528
Uitgewer: Struik Nature
Hierdie prettige, interaktiewe boek is vol opwindende aktiwiteite en fassinerende feite oor Afrika se voëls; van kleurryke visvangers tot majestueuse arende en pragtige flaminke. Dit is ideaal vir kinders van 7 tot 11 jaar, en sluit woordspeletjies, doolhowe, kopkrappers, blokraaisels en baie ander aktiwiteite in wat nuuskierigheid en kreatiwiteit aanwakker. Soos kinders speel-speel die aktiwiteite voltooi, leer hulle meer oor die geveerde vriende in hul tuin én in die wildernis.

