Titel: Die seun met die swaeltjie
Skrywer: Fanie Viljoen
ISBN: 9780637012614
Uitgewer: LAPA
Die wenner van die 2025-LAPA-Jeugromankompetisie!
“Jy het ’n goeie hart, Tumelo. Maar onthou, familie is belangrik. Ons kyk eers na mekaar.”
Tumelo tel een middag ’n swaeltjie in die veld op. Sy is swak en beseer, maar hy wil haar gesond maak. Fumane moet weer vlieg.
Gou word Tumelo egter soos daardie swaeltjie. ’n Slegte ding gebeur in hulle gesin: Eers met sy ma. En toe met sy pa.
Tumelo en sy sussies bly alleen agter in hulle sinkhuis in die township. Wat gaan hy nou doen? Hulpeloos bly lê? Of kan hy weer vlieg?


Kommentaar
Ek is nie Afrikaans nie. Ek woon in Holland en ek is baie geïnteresserd in SA. Die reden is dat ek is in die past baie malen in SA gewees om familie te besoek. Helaas is veel van die familie dood, maar zo gaan het in die leven. Excuses vir my Afrikaans, maar ek trag my best te doen. Hans Verbeek