Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Paul Kruger. Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 deur Johan Bergh: ’n resensie

Heinie Heydenrych Resensies 2017-10-31

"In die finale instansie sal die versameling toesprake en korrespondensie in Johan Bergh se boek vir navorsers van groot hulp wees omdat hulle nie meer in ’n groot verskeidenheid van bewaarplekke en publikasies daarvoor hoef te gaan soek nie, en daardeur is ’n ontsaglik groot diens aan die geskiedeniswetenskap bewys."

Persvrystelling: Skryf nou in vir 2018 kykNET-Rapport Boekpryse

LitNet Boeke en skrywers 2017-10-30

Uitgewers word hartlik uitgenooi om boeke voor te lê vir die 2018 kykNET-Rapport Boekpryse ter waarde van altesaam R500 000. Die sperdatum is 10 November 2017.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Koms van die motman deur Chris Karsten

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2017-10-30

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Koms van die motman deur Chris Karsten, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Persvrystelling: Bekendstelling van Rympies vir kleintjies en kleuters in Pretoria

LitNet Boeke en skrywers 2017-10-30

Op Saterdag 18 November om 9:30 vir 10:00 vind die bekendstelling van Rympies vir kleintjies en kleuters plaas in Pretoria.

Persvrystelling: Bekendstelling van Rympies vir kleintjies en kleuters in Wellington

LitNet Boeke en skrywers 2017-10-30

Op Saterdag 25 November om 10:30 vir 11:00 vind die bekendstelling van Rympies vir kleintjies en kleuters plaas by die Breytenbach Sentrum in Wellington.

Hierdie huis: Herman Lategan gesels met Kleinboer

Kleinboer, Herman Lategan Skrywersonderhoude 2017-10-27

"My Lotto-spelery, elke Woensdag en Saterdag, is ’n leitmotief, ja. Die lewe is mos ’n siklus ... braai elke Saterdag, opkyk na die volmaan elke 28 dae, daagliks jou Viagra sluk en vir die vlaghysing wag (nee, ek speel sommer ... slegs twee maal ’n week)."

Uit die Beek deur Barend Vos: ’n resensie

Cas Vos Resensies 2017-10-27

"Soms is die son skroeiend, die wind nukkerig, die maan ’n flou skynsel. Elke dag het genoeg van sy kwaad en goed. Juis daarom bied Uit die Beek drinkplek vir elke dag. Dit is ook vir alle dae se stemminge bedoel."

Koms van die motman: ’n onderhoud met Chris Karsten

Chris Karsten, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-10-27

"Fiksie het my ook uiteindelik verlos van die boeie van die joernalistiek en niefiksie, in die sin dat ek vry was om enige van my karakters as’t ware ’n snor te gee of die snor af te skeer, sou ek wou."

Persvrystelling: Loslippige lagterapie met Ian (Loslip) Wessels

LitNet Boeke en skrywers 2017-10-27

Op Donderdag 2 November 2017 om 18:00 vir 18:30 vind Ian (Loslip) Wessels se Loslippige Lagterapie-eenmanvertoning plaas by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein.

Penseel-bekendstelling: fotogalery

Carla Watson Boeke en skrywers 2017-10-27

Die bekendstelling van Penseel, die Departement Afrikaans en Nederlands (US) se studentebundel, het op Dinsdag 17 Oktober in Stellenbosch se dorpsbiblioteek plaasgevind. Carla Watson deel haar foto's van die geleentheid.

Kom vier fees met 4 skrywers!

LitNet Boeke en skrywers 2017-10-27

Ontmoet op 23 November in Bellville vir Rudie van Rensburg, Deon Meyer, Erns Grundling en Martelize Brink en laat hulle jou boeke teken. Hier is nog inligting oor die geleentheid.

The camp whore by Francois Smith: Johannesburg launch

LitNet Boeke en skrywers 2017-10-27

You are invited to the launch of The camp whore on 15 November in Johannesburg. Author Francois Smith will be in conversation with Michele Magwood and translator Dominique Botha.

Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2017-10-26

"Met Boereverneukers volg Du Plessis sterk in die spore van sy voorgangers, die joernalis-historici, en lewer hy ’n aangename bydrae tot die Afrikaanse boekeskatkis."

Persvrystelling: Lied vir Sarah: lesse van my ma deur Jonathan Jansen

LitNet Boeke en skrywers 2017-10-26

Op Donderdag 26 Oktober 2017 om 18:00 vir 18:30 vind die boekbekendstelling vir Lied vir Sarah: lesse van my ma deur Jonathan Jansen in Bloemfontein plaas.

Persvrystelling: NALN se Storiesak vir kleuters & Boekemark vir boekliefhebbers

LitNet Boeke en skrywers 2017-10-26

Op Saterdagoggend 28 Oktober 2017 vind Vriende van NALN se gewilde Boekemark by Volksblad se Kos- en kunsmark by Emoya Estate plaas.

Op die vingerpunte van die heelal deur René Bohnen: ’n resensie

Jaco Barnard-Naudé Resensies 2017-10-26

"’n Bundel soos Op die vingerpunte van die heelal is, onvermydelik, ’n soort testament – ’n nalatenskap aan die toekoms, ’n optekening van hoe ons nou is en hoe ons nou leef: op die mespunt van die Antroposeen ..." 

The camp whore by Francois Smith: book launch

LitNet Boeke en skrywers 2017-10-25

You are invited to the launch of The camp whore on 14 November in Cape Town. Author Francois Smith will be in conversation with Elmari Rautenbach.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Tussen vriende deur Derick van der Walt

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2017-10-25

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Tussen vriende deur Derick van der Walt, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Video: Ware mense deur Bart de Graaff word bekendgestel

Liné Loff Boeke en skrywers 2017-10-25

"Bart de Graaff se Ware mense, ’n kontekstualisering van die geskiedenis van die Khoi-Khoin en onderhoude met eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe, is op 10 Oktober by Protea Boekwinkel in Stellenbosch bekendgestel. Kirby van der Merwe het met hom gesels."

Die laaste wals – Hennie Aucamp se keuse uit sy verhaalkuns: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Lina Spies Seminare en essays 2017-10-25

"By my bespreking van die verhale in Die laaste wals gaan ek uit van die Aucamp-oog waardeur ’n personasie binne sy/haar interieur gestalte aanneem en wat van die menslike toestand daaruit spreek binne ’n betrokke verhaal."

Top