Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Die diepblou see deur François Loots: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2017-10-03

"Soos in sy vorige romans is magiese realisme weer aanwesig. Bewonderaars daarvan sal bly wees dat die onreële baie sterker as vantevore is."

Week van de Afrikaanse Roman 2017: eerste video’s

Hanné Koster Boeke en skrywers 2017-10-03

Die Week van de Afrikaanse Roman 2017 het op 29 September 2017 afgeskop. Hanné Koster deel videogrepe uit die eerste paar dae.

Vermis deur Jeanette Stals: ’n resensie

Riette Rust Resensies 2017-10-03

"Liefhebbers van die spanningsgenre én Huisgenoot-lesers kan naderstaan. Jeanette Stals se nuwe roman, Vermis, bevat die vereiste spanning en drama. Daarby wag ’n paar sappige geheime om blootgelê te word."

Die laksman se dogter deur Gerda Taljaard: ’n resensie

Louis Esterhuizen Resensies 2017-10-03

"Hierdie roman is inderdaad ’n sierlike sprong van tegniese vernuf wat nog lank in my gemoed bly naklink – soos die musiek van opgestopte voëls in glaskaste wat op kassette vasgelê is."

nou, hier deur Corné Coetzee: foto's en video's van die bekendstelling

Réney Warrington Boeke en skrywers 2017-10-03

Die bekendstelling van Corné Coetzee se nou, hier het in Johannesburg plaasgevind. Réney Warrington het foto's en video's geneem.

Wenners van kykNET-Rapport-boekpryse vir 2017 bekend

LitNet Boeke en skrywers 2017-09-30

Die wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse – die grootste pryse van hul soort in Afrikaans – is op Saterdag 30 September 2017 in Kaapstad bekend gemaak. Die Jan Rabie-Rapportprys vir die beste debuutroman in Afrikaans asook die twee kykNET-Rapportpryse vir boekresensent van die jaar is by dieselfde geleentheid oorhandig.

Foto's: South Africa can work deur Frans Rautenbach, Kaapstad-bekendstelling

LitNet Boeke en skrywers 2017-09-29

In South Africa can work ondersoek Frans Rautenbach vernuwende denke rondom politieke kwessies en gee 'n alternatiewe blik op hoë werkloosheid, rassekwessies en swak onderwys. Anton P Kruger het foto's by die Kaapstad-bekendstelling geneem.

Aardklop 2017: ATKV-Boeke-oase

LitNet Aardklop 2017-09-29

Die ATKV-Boeke-oase by vanjaar se Aardklop bied ’n propvol boekeprogram gratis aan. Kom luister watter interessante boeke is vanjaar in die nuus en ontmoet die skrywers.

Wen met jou lesersindruk vir LitNet!

LitNet Lesersindrukke 2017-09-29

Lees jy ’n boek waarvan jy ander lesers wil vertel? LitNet nooi alle lesers uit om hul indrukke van ’n boek wat gedurende die laaste twee kalenderjare verskyn het, te skryf en te stuur.

Tuin van Digters 2017: ’n oorsig

Mercy Kannemeyer Menings 2017-09-28

"'Uitdagend skeppend'. Dit was die tema van vanjaar se Tuin van Digters. Die fees was volgepak met besprekings, uitstallings en musiek wat gesorg het dat daar iets op die program is vir almal."

PEN Afrikaans AJV 2017: Terugvoer oor Kopiereg-wysigingswetsontwerp

Marga Stoffer Kopiereg-wetsontwerp 2017-09-28

"Dit bly van die uiterste belang dat hierdie wetsontwerp nie deurgedruk word nie, maar dat belanghebbendes saamstaan om te verseker dat hulle regte beskerm word."

Etienne van Heerden-veldsoirée: fotoblad 2

Lien Botha Feeste 2017-09-28

Van 22 tot 24 September is die eerste Etienne van Heerden-veldsoirée in Cradock aangebied. Hier is Lien Botha se foto’s.

Etienne van Heerden-veldsoirée: fotoblad 1

Amy Coetzer Feeste 2017-09-28

Van 22 tot 24 September is die eerste Etienne van Heerden-veldsoirée in Cradock aangebied. Hier is Amy Coetzer se foto’s.

Alles begin met Anna deur Annemari Coetser

Liné Loff Lesersindrukke 2017-09-28

"Alles begin met Anna is ’n familiesage met storielyne wat soos treinspore Suid-Afrika se oorlogsgeskiedenis deurkruis en uiteindelik by dieselfde eindbestemming aankom."

Swanesang deur Karel Schoeman: ’n FMR-resensie

JC de Villiers Resensies 2017-09-28

"In hierdie werk slaag die skrywer in ’n besondere mate daarin om die veelvuldige faktore wat die nedersetting aan die Kaap – op daardie stadium ’n uithoek van die wêreld – beïnvloed het, aan te dui." 

Pos beskikbaar: Redakteur – Human & Rousseau Fiksie (Kaapstad)

LitNet NetWerk 2017-09-27

NB-Uitgewers bied ’n uitdagende geleentheid vir ’n ambisieuse en dinamiese persoon wat belangstel in ’n loopbaan in die uitgewerswese. 

The Life of Worm & Other Misconceptions: a review

Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2017-09-26

"Barris will make you laugh, weep and think. Read The life of Worm & other misconceptions for the pure delight of experiencing the short story at its versatile best: take a flying room, add a saurian, and see where they might take you."

On record deur Schalk van der Merwe: ’n resensie

Etienne Viviers Resensies 2017-09-26

"Schalk van der Merwe het ’n fassinerende boek oor populêre Afrikaanse musiek gepubliseer."

XWord: ’n onderhoud, ’n blokkiesraaisel en ’n boekprys

Liné Loff, Anina Roux Leefstyl 2017-09-26

Anina Roux, samesteller van verskillende soorte blokkiesraaisels, blokraaisels, woordspeletjies en Sudoku's, gesels met Liné Enslin en deel 'n blokkiesraaisel met LitNet se lesers. Los die blokkiesraaisel teen 6 Oktober 2017 op, stuur jou antwoorde vir ons en jy kan twee blokkiesraaiselboeke van LAPA wen!

Oor berge en dale, op reis met 'n monumentjagter: ’n onderhoud met Jackie Grobler

Jackie Grobler, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-09-26

"Ek het my doelbewus daarop toegespits om gedenkplekke van al Suid-Afrika se uiteenlopende gemeenskappe in te sluit." 

Top