Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Boekbekendstelling: Hoë hakke met hoogwater deur Jacolet van den Berg

LitNet Boeke en skrywers 2017-09-22

Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Hoë hakke met hoogwater op 12 Oktober in Johannesburg, waar Jacolet van den Berg met Alta Cloete in gesprek sal wees.

Die reis gaan inwaarts deur Cas Wepener: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Chris van der Merwe Resensies 2017-09-22

"Die reis gaan inwaarts en Slot van die dag hou met mekaar verband deurdat albei fokus op die temas van dood en doodsbegeleiding by Schoeman. Belangriker nog: albei tekste bevestig watter fenomeen Schoeman in die Afrikaanse letterkunde was en steeds sal bly: ’n meester van die woord, ’n diepsinnige denker, ’n komplekse en fassinerende mens."

Vlakwater door Ingrid Winterbach: boekbespreking

Herman Meulemans NeerlandiNet 2017-09-21

Ingrid Winterbach is een van die Suid-Afrikaanse skrywers wat aan die einde van September by die Week van de Afrikaanse Roman gaan optree. Hier bespreek Herman Meulemans een van haar boeke: "Vlakwater is een woelig boek dat me blijft intrigeren. Vooral omdat de puzzel niet helemaal aansluit en er vragen op een antwoord blijven wachten."

Vet feetjies vlieg nie deur Kristel Loots: ’n resensie

Alta Cloete Resensies 2017-09-20

"Chicklit soos Vet feetjies vlieg nie is maar een van die subgenres wat deesdae gretig gelees word en in haar werk in hierdie kategorie sluit Loots weer eens aan by die neiging tot meer realistiese heldinne in romantiese fiksie."

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n resensie

Adean van Dyk Resensies 2017-09-20

"Die stories het sye en kante wat om en om gedraai moet word en van alle kante af bekyk moet word om Venter se fyn nuanses met taal (soms verruklik mooi!) en tema- en karakterontwikkeling te waardeer."

Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk

Emile Coetzee Boeke en skrywers 2017-09-20

"Du Plessis se boek is perfek vir die komende Desembervakansie vir elke vakansieganger wat nie meer verveel wil word met die herhalings op die beeldradio nie maar ’n ware, makabere en sinistere roete in die misdaadsgeskiedenis van Suid-Afrika wil volg."

Hilda Smits: ’n onderhoud met die wenner van die Ingrid Jonker-prys 2017

Hilda Smits, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-09-20

"En aan die begin was daar rympies …" 

Tuin van digters 2017: Foto's en video's

Naomi Bruwer Feeste 2017-09-20

Die 6de Tuin van digters is op 15 en 16 September 2017 by die Breytenbach Sentrum in Wellington aangebied. Die tema van vanjaar se fees was "Uitdagend skeppend". Naomi Bruwer het Saterdag die fees bygewoon.

Die goddelike komedie. Liefde laat die son en sterre sing deur Cas Vos

Cas Vos Seminare en essays 2017-09-20

"Juis op grond van die metaforiese verbintenis tussen Florence en Aleppo het Dante se La Divina Commedia ’n boeiende relevansie vir die tyd waarin ons leef." 

Op ’n dag, ’n hond deur John Miles: ’n resensie

Andries Visagie Resensies 2017-09-19

"Op ’n dag, ’n hond is ’n boeiende verslag van ’n karakter wat sonder die rigtingwysers van die religie, spesifiek die Christelike godsdiens, met ongelyke sukses probeer om aan ’n morele bestaan beslag te gee in ’n vyandige wêreld waarin wreedheid en geweld te dikwels orde en stabiliteit versteur."

Wolf trap by Consuelo Roland: book review

Fiona Zerbst Books and writers 2017-09-19

"Somewhat darker and less fanciful than Lady limbo (although the same delightfully eccentric characters people its pages), Wolf trap takes Paola from a twisted Wonderland to a far more sobering reality (there are sly allusions to Through the looking-glass, and what Alice found there)." 

Hallo, Hekel deur Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen en Anisa Fielding: ’n resensie

Nadia de Kock Resensies 2017-09-19

"Hekelaars sluit juriste, medici, D-studente, bedryfsielkundiges, bikers, wynplaasbestuurders en byderwetse oumas in. Mans hekel lustig saam en ’n hekelende apteker het onlangs laat weet dat ’n polisiemanvriend op aanbeveling van sy sielkundige begin hekel het om sy stresvlakke onder beheer te kry."

Elevation: the rising tide deur Helen Brain: ’n resensie

Henriëtte Loubser Resensies 2017-09-19

"Lesers van jongvolwassene-literatuur en fantasieverhale behoort hierdie reeks as uitdagende, maar opwindende leesstof te ervaar."

Boekbekendstelling: Nou, hier deur Corné Coetzee

LitNet Boeke en skrywers 2017-09-18

Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Nou, hier op 30 September in Johannesburg, waar Corné Coetzee met Deborah Steinmair in gesprek sal wees.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Alles begin met Anna deur Annemari Coetser

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2017-09-18

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Alles begin met Anna deur Annemari Coetser, aangebied deur Du Toitskloof Wyne. 

Oorkant jou deur Juliana Coetzer: ’n onderhoud

Juliana Coetzer, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-09-18

 "Van my kliënte het gevra: Vertel my storie. Vertel sodat ander daaruit kan leer. So is die boek gebore."

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen Resensies 2017-09-15

"Venter se fyn waarnemingsvermoë is ’n aanslag op die sintuie. Soos ’n goeie reisskrywer slaag hy daarin om die omgewing waarin die karakter hom bevind, telkens deeglik en op amper poëtiese wyse te beskryf."

Boekbekendstelling: Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk (Pretoria)

LitNet Boeke en skrywers 2017-09-15

Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Die dood en die sin van die lewe op 10 Oktober in Pretoria, waar die skrywer, Anton van Niekerk, met Hennie Lötter in gesprek sal wees.

Die Bergengel deur Carina Stander: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Elzette Steenkamp Resensies 2017-09-14

"Met die lees van Carina Stander se Die Bergengel het ek uiteindelik besluit dat ek nou maar gerus kan voel oor die stand van fantasie in Afrikaans. Stander se pragroman is ’n waardevolle bydrae tot nie net die afgeskeepte fantasiegenre nie, maar ook die Afrikaanse letterkunde in sy geheel."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die einde van die storie deur Santie van der Merwe

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2017-09-14

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Die einde van die storie deur Santie van der Merwe, aangebied deur Du Toitskloof Wyne. 

Top