Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Hierdie huis: Herman Lategan gesels met Kleinboer
2017-10-27"My Lotto-spelery, elke Woensdag en Saterdag, is ’n leitmotief, ja. Die lewe is mos ’n siklus ... braai elke Saterdag, opkyk na die volmaan elke 28 dae, daagliks jou Viagra sluk en vir die vlaghysing wag (nee, ek speel sommer ... slegs twee maal ’n week)."
Uit die Beek deur Barend Vos: ’n resensie
2017-10-27"Soms is die son skroeiend, die wind nukkerig, die maan ’n flou skynsel. Elke dag het genoeg van sy kwaad en goed. Juis daarom bied Uit die Beek drinkplek vir elke dag. Dit is ook vir alle dae se stemminge bedoel."
Koms van die motman: ’n onderhoud met Chris Karsten
2017-10-27"Fiksie het my ook uiteindelik verlos van die boeie van die joernalistiek en niefiksie, in die sin dat ek vry was om enige van my karakters as’t ware ’n snor te gee of die snor af te skeer, sou ek wou."
Persvrystelling: Loslippige lagterapie met Ian (Loslip) Wessels
2017-10-27Op Donderdag 2 November 2017 om 18:00 vir 18:30 vind Ian (Loslip) Wessels se Loslippige Lagterapie-eenmanvertoning plaas by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein.
Penseel-bekendstelling: fotogalery
2017-10-27Die bekendstelling van Penseel, die Departement Afrikaans en Nederlands (US) se studentebundel, het op Dinsdag 17 Oktober in Stellenbosch se dorpsbiblioteek plaasgevind. Carla Watson deel haar foto's van die geleentheid.
Kom vier fees met 4 skrywers!
2017-10-27Ontmoet op 23 November in Bellville vir Rudie van Rensburg, Deon Meyer, Erns Grundling en Martelize Brink en laat hulle jou boeke teken. Hier is nog inligting oor die geleentheid.
The camp whore by Francois Smith: Johannesburg launch
2017-10-27You are invited to the launch of The camp whore on 15 November in Johannesburg. Author Francois Smith will be in conversation with Michele Magwood and translator Dominique Botha.
Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk
2017-10-26"Met Boereverneukers volg Du Plessis sterk in die spore van sy voorgangers, die joernalis-historici, en lewer hy ’n aangename bydrae tot die Afrikaanse boekeskatkis."
Persvrystelling: Lied vir Sarah: lesse van my ma deur Jonathan Jansen
2017-10-26Op Donderdag 26 Oktober 2017 om 18:00 vir 18:30 vind die boekbekendstelling vir Lied vir Sarah: lesse van my ma deur Jonathan Jansen in Bloemfontein plaas.
Persvrystelling: NALN se Storiesak vir kleuters & Boekemark vir boekliefhebbers
2017-10-26Op Saterdagoggend 28 Oktober 2017 vind Vriende van NALN se gewilde Boekemark by Volksblad se Kos- en kunsmark by Emoya Estate plaas.
Op die vingerpunte van die heelal deur René Bohnen: ’n resensie
2017-10-26"’n Bundel soos Op die vingerpunte van die heelal is, onvermydelik, ’n soort testament – ’n nalatenskap aan die toekoms, ’n optekening van hoe ons nou is en hoe ons nou leef: op die mespunt van die Antroposeen ..."
The camp whore by Francois Smith: book launch
2017-10-25You are invited to the launch of The camp whore on 14 November in Cape Town. Author Francois Smith will be in conversation with Elmari Rautenbach.
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Tussen vriende deur Derick van der Walt
2017-10-25LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Tussen vriende deur Derick van der Walt, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Video: Ware mense deur Bart de Graaff word bekendgestel
2017-10-25"Bart de Graaff se Ware mense, ’n kontekstualisering van die geskiedenis van die Khoi-Khoin en onderhoude met eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe, is op 10 Oktober by Protea Boekwinkel in Stellenbosch bekendgestel. Kirby van der Merwe het met hom gesels."
Die laaste wals – Hennie Aucamp se keuse uit sy verhaalkuns: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-10-25"By my bespreking van die verhale in Die laaste wals gaan ek uit van die Aucamp-oog waardeur ’n personasie binne sy/haar interieur gestalte aanneem en wat van die menslike toestand daaruit spreek binne ’n betrokke verhaal."
Radbraak deur Jolyn Phillips: ’n resensie
2017-10-25“Radbraak is ’n uitstaande debuut, ’n bundel waarin suiwer poëtiese segginge onverpoos uit die afbraak van taal gemyn word.”
Op pad deur Dana Snyman: ’n lesersindruk
2017-10-24"Snyman se beskrywinge simboliseer toeganklikheid, nie net maar in die taal nie, maar ook in die karakters. Dit is dinge waarmee al die gewone mense kan assosieer, in ’n taal waarmee gewone mense kan assosieer."
Nou, hier deur Corné Coetzee: bekendstelling by die Foxwoodfees
2017-10-23Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Nou, hier op 1 November by die Foxwoodfees in Johannesburg, waar Corné Coetzee met Pieter de Vos in gesprek sal wees.
Boek & Koek: Tussen vriende deur Derick van der Walt
2017-10-23Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Tussen vriende op 22 November in Pretoria, waar Derick van der Walt met Ilse Salzwedel in gesprek sal wees.
Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs 2018
2017-10-23Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die vyfde toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs. Die beurs beloop R400 000. Aansoeke sluit Vrydag 17 November 2017.
