MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke 2018: Wenner- en kortlysmotiverings

  • 1

Keurders │ Judges: Marjorie van Heerden, Magdel Vorster, Piet Grobler

Wenner Winner

Rosamund Haden en Tony Pinchuck (ill)
The All Africa Wildlife Express
(Tafelberg)

The All Africa Wildlife Express offers a merry and quirky ride to its young target audience and deserves the jury’s unanimous awarding of the MER Prize.

The author and illustrator team’s clear understanding of the successful convergence of narrative for children with contemporary visual culture is evident. The playful rhyme with its reference to a train full of African animals going to a party in a colonial hotel in the jungle is supported by digital collage that elevates highly decorative compositions to an interesting postmodern tapestry. Victorian advertising and natural history illustrations meet the illustrator’s own digital creations in a fresh and unique visual language.

The book is likely to become a handy aid in the teaching of visual literacy as well as provide young readers with an opportunity of a merry search for the animal characters listed in the rhyme.

Intriguing, detailed illustrations, a sense of humour and a narrative voice reminiscent of quirky old-world rhymes and games, guarantee a story that is simultaneously delightfully eccentric and very contemporary and modern.

The production, design and presentation are tasteful and elegant and do the winning book justice and proud.


Kortlys | Shortlist

Louise Smit en Luan Serfontein (ill)
Karel Kraai se kitaar
(Human & Rousseau)

Karel Kraai is, met sy eweknie Sarel Seemonster, sedert 1976 aan Afrikaanse televisiekykers bekend. Nadat kykers hulle as poppe in die destydse Wielie Walie-kinderprogram ontmoet het, gee Luan Serfontein met sy digitale illustrasies hier aan hulle moderne kinderboeklewens. Beide Karel en Sarel is steeds duidelik herkenbaar, Karel met dieselfde, duidelik fiktiewe, helderoranje snawel van ouds. 

Karel Kraai se kitaar vertel die verhaal voor kykers Karel leer ken het. Karel as kuiken word met ’n besondere talent gebore. Hierdie talent word nie deur die ander voëls waardeer nie, en ’n verwarrende kakofonie met gepaardgaande vliegongelukke ontstaan wanneer kuiken-Karel die ander voëlroepe na-sing. Ma Kraai en Karel verhuis na ’n ander deel van die bos en wanneer Karel ’n kitaar optel en ander diere en mensekinders ontmoet, kom sy musiektalent, waarmee hy in die destydse Wielie Walie-kinderprogram geassosieer is, tot sy reg.

Binne ’n eenvoudige verhaal stel Louise Smit slim haar jong gehoor aan klankwoorde soos “koer” en “krys”, ouer begrippe soos “vlerke sprei” en “ore tuit”, asook verskillende voëlroepe soos “koekoe-rie-koe” en “sie-sie-terie” voor. As subteks van wat elders in die bome gebeur wanneer Karel die ander voëls naboots, sorg Serfontein deurgaans vir kleurvol geïllustreerde sirkels tussen sy teksondersteunende illustrasies.

Karel kraai se kitaar verdien sy plek op die kortlys danksy Louise Smit se oorspronklike, prettige sowel as versteekte opvoedkundige storie, ondersteun deur Luan Serfontein se illustrasies wat die nostalgiese Karel van Wielie Walie duidelik oproep.

----------------------------------------

Liewe Heksie en die sterretjieskombuis – gebaseer op die oorspronklike verhaal van Verna Vels en geïllustreer deur Vian Oelofsen (Human & Rousseau)

Verna Vels se verhale was nog altyd baie gewild onder kinders. Hierdie prenteboek (vir twee- tot vierjariges) is ’n gemoderniseerde en verkorte weergawe van een van haar gewildste Liewe Heksie-stories. Hierdie skryfster se empatie met kinders het haar die vermoë gegee om baie sterk ontwikkelde karakters te skep waarmee jong kindertjies kan identifiseer en in kan glo.

Hierdie storie lyk soos ’n eenvoudige en basies vermaaklike verhaal, maar in die storie is daar ’n sekere diepte, taamlik ingewikkelde en waardevolle lewens- en taalboodskappe wat subtiel, amper onbewustelik, oorgedra word, sonder enige opvallende moralisering.

Die hoofkarakter, Liewe Heksie, is nie slim nie, maar sy kry dit tog reg om, dikwels redelik onbeholpe en selfs op ’n onlogiese manier, haar probleme uit te sorteer – soms met die hulp van haar vriende. Maar Liewe Heksie gee nooit moed op nie. Dus vermaak die storie in die eerste plek, maar terselfdertyd stimuleer dit die kind se verbeelding en leer hom/haar ook om alledaagse probleme te hanteer en op te los.

Die verskillende interaksies in die verhaal, tussen vriende of tussen onbekendes of selfs tussen mense en diere, gee die kind insig in hoe om empaties met ander te kommunikeer en om te gaan.

Die manier waarop Liewe Heksie soms oor haar woorde struikel (en dan liefdevol deur haar vriende reggehelp word) prikkel die kind om meer en meer bewus van en geïnteresseerd in woorde te raak – die resultaat is ’n nuwe jong lesertjie, met ’n liefde vir woorde en vir lees.

Vian Oelofsen se prettige illustrasies (in “cartoon”-styl, met collage-tegniek), gee die boek visueel ’n kontemporêre gevoel. Die illustrasies ondersteun die teks goed en Oelofsen verbeeld die karakters van Blommeland sterk, maar terselfdertyd herkenbaar en gelief.

Hierdie boek sal sterk aanklank vind by die teikengroep.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top