Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Vroue van Atlantis saamgestel deur Anastasia de Vries en Eldridge Jason: ’n resensie
2018-01-24"Met die lees van elk van hierdie vroue se verhale is daar ’n gevoel van bemagtiging, ’n soort aanmoediging dat die leser self beter behoort te doen, meer betrokke behoort te raak en ’n verskil behoort te maak."
Drie vroue en 'n meisie deur Hans du Plessis: ’n resensie
2018-01-24"Drie vroue en ’n meisie is Hans du Plessis se nuutste roman en is onlangs deur LAPA uitgegee. Die keurige voorblad gee reeds ’n aanduiding van die belangrikste temas in hierdie roman, naamlik dat dit ’n verhaal is oor vroue, diamantdelwery, ’n ongenadige landskap en vooroordeel: 'Vooroordeel is die een sonde wat niemand onaangeraak laat nie.'"
Ramaphosa: The man who would be king deur Ray Hartley: ’n resensie
2018-01-24"Waar Ramaphosa: The man who would be king my onkant betrap het, is dat dit my gelaat het met ’n ietwat ongewone gevoel in hierdie dae: een van hoop."
Rona Rupert (1934–1995)
2018-01-18"Ek skryf vir die kind wat ek was, vir die kind in elke volwassene. Dit is immers die kosbare kern van die mens." Lees oor Rona Rupert se lewe en werk.
Verborge heelheid
2018-01-18"Dis asof daar ’n verborge heel-wees en sielsgroei is wat almal ontwyk, en ’n totale gebrek aan vertroue. Palmer noem dit "a hidden wholeness" en maak voorstelle vir ’n onverdeelde lewe."
Navigate by Karin Schimke: book launch
2018-01-18You are invited to the launch of Navigate on 31 January in Cape Town. Jolyn Phillips will introduce the poet, Karin Schimke, who will also read from her poetry collection.
Navigate: an interview with Karin Schimke
2018-01-18"On a day-to-day basis, poems rush by me and through me all the time, and only now and again do I have the time to snatch them by their slippery tails and nail them to the page."
Dare not linger: Jakes Gerwel se onmisbare rol in Suid-Afrika se oorgang
2018-01-17"Madiba self skryf in ’n 60ste verjaardagboodskap aan 'Prof' dat talle mense die wêreld oor trots is op hom en dat hy hoop jong mense sal by Gerwel leer 'dat ’n mens groot aansien kan geniet, maar terselfdertyd so nederig soos jy kan wees'."
Die beste lesersindruk van 2017 aangekondig
2018-01-17Alle lesersindrukke wat tot en met 15 Desember op LitNet verskyn het, het in aanmerking gekom vir ’n
R1 000-kontantprys. Bibi Slippers het die inskrywings beoordeel en hier is die wenner!
Antjie Krog ontvang Nederlandse prys vir haar bydrae tot Nederlandse kultuur
2018-01-17"De Gouden Ganzenveer is ’n kulturele prys wat jaarliks in Nederland toegeken word aan ’n persoon of instituut ter verering van hul bydrae tot die geskrewe en gedrukte woord in die Nederlandse taal. Dié prys word vanjaar vir die eerste keer aan iemand van buite Nederland en België toegeken."
Voor ons vergeet: sodat ons kinders ook kan weet: ’n lesersindruk
2018-01-16"Voor ons vergeet vertel die verhale van mense wie se stemme dikwels in die verlede nie geduld was nie. Die boek bied ’n mens ’n venster in die komplekse verhouding van die NG Kerk-familie – ’n familie wat vandag nog steeds net so broos is as tydens die jare van apartheid."
Sitting pretty: ’n onderhoud met Christi van der Westhuizen
2018-01-14"Dit is die nalatenskap waaruit ek kom, en dit is belangrik vir my om dit te verstaan. Hoeveel agentskap het hulle gehad en hoeveel het ek? Kan ons as mense ’n meer etiese wêreld skep, of is ons oorgelewer aan ons omstandighede?"
As by fire – the end of the South African university by Jonathan Jansen: book review
2018-01-09"Many news reports, blogs and scholarly articles have been written about 'the hashtag movements', but As by fire is the first comprehensive, systematic attempt at analysing the reflections on the movements from the perspectives of the leaders of those universities most closely involved."
Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk: ’n lesersindruk
2018-01-05"Die laaste woord oor die dood is dit sekerlik nie, maar hierdie boek is ’n unieke en vars bydrae oor ’n onderwerp wat nog nooit, sover ek weet, op dié manier in Afrikaans aangepak is nie."
Hans steek die Rubicon oor: ’n onderhoud met Rudie van Rensburg
2018-01-03"Tweedens wou ek die groot Suid-Afrikaanse tragedie belig dat soveel bejaarde ouers vereensaam in inrigtings omdat hulle kinders en kleinkinders in die buiteland is én dat hulle soms teen hulle wil in daardie inrigtings geboender word."
Penseel-studentebundel: ’n resensie
2018-01-03"Daarom is dit verblydend dat studente op eie stoom en uit eie geledere hulle skryfpogings bymekaarbring en uitgee. Dit gebeur by verskillende universiteite en is iets wat aangemoedig en aangeprys behoort te word, want hierdie onselfbewuste en selfs naïewe skryfoefeninge verskaf nie net ’n breë basis waarop latere skryfwerk as ’n piek kan voortbou nie, maar is as ’n oefenskool baie nodig."
Aantekeninge teen die skemeruur deur Clinton V du Plessis: ’n onderhoud
2018-01-03“Ek pas nie altyd noodwendig in nie. Miskien is dit gepas dat ek as ’n nie meer so ’n jong digter nie, maar darem ook nog nie so oud nie, laatgedigte op hierdie stadium skryf.” Jason Lloyd gesels met Clinton V du Plessis oor sy negende digbundel.
Weerlose weerstand – Die gaydebat in die NG Kerk deur André Bartlett: ’n lesersindruk
2018-01-03"Bartlett se boek volg die spoor van die sinodesittings en studiekommissies wat oor die jare in die NG Kerk gehou is rondom die kwessie van homoseksualiteit, en al die drama en intrige wat daarrondom ontvou het."
Maria se armoire deur Johan en Ode Krige: ’n lesersindruk
2018-01-03"Maria se armoire is ’n boek wat uitbeeld hoe die samelewing met die jare verander het. Families en gesinne wat kleiner word, doopname wat hul waarde verloor, erfgoed wat agtergelaat word weens die kleiner leefareas van vandag se lewe."
Lore of nutrition – Challenging conventional dietary beliefs deur Tim Noakes en Marika Sboros: ’n resensie
2018-01-02"Ons kan ons hoed afhaal vir Tim Noakes wat gestaan het by sy beginsels, en met groot wetenskaplike integriteit sy standpunt verdedig teen sy eie kollegas en akademiese instellings wat hom ongenaakbaar gekritiseer het."
