
Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA Uitgewers, bied van Donderdag 6 September tot Saterdag 8 September 2018 ’n slypskool in die skryf van romantiese fiksie aan.
Die slypskool vind op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit plaas en is ’n praktiese skolingsgeleentheid vir enigiemand wat ’n liefdesverhaal wil skryf.
Romanskrywers Didi Potgieter en Rosita Oberholster, LAPA Uitgewers se Cliffordene Norton en Zahn-Mishal Viviers, tesame met personeel van die ATKV-Skryfskool, gaan as aanbieders optree en fokus op die liefdesverhaal.
Die ATKV-Skryfskool bied in 2018 ook weer ’n kompetisie in die skryf van ’n liefdesnovelle aan. Die wenner hiervan sal die Lenteskool gratis kan bywoon.

