LitNet het in Mei ’n ope uitnodiging aan leeskringe gerig om hul leeskring se inligting te verskaf en deel te word van ons netwerk van leeskringe in Suid-Afrika.
Uit die 78 leeskringe wie se inligting ontvang is, is die Rustenburg Leeskring deur middel van ’n gelukstrekking as die wenner aangewys. Hulle wen ’n boekpakkie wat deur NB-Uitgewers geskenk word.
Rustenburg Leeskring

Voor van links na regs: Laura van Vuuren, Sproetie van den Bergh, Lennard le Roux (spreker, Bo is dit stil deur Gerbrand Bakker) en Bettie Rossouw | Agter van links na regs: Elsie Baard, Bettina Terblance, Theresa Lodewyck en Micky Badenhorst
Kontak vir Micky Badenhorst by rustenburg.leeskring@litnet.co.za vir meer inligting oor die leeskring.
# Ons bestaan sedert 1974 toe die destydse burgemeestersvrou, Bets Hattingh, Audrey Blignault genooi het om raad te gee met die stigting van ’n leeskring.
# Tans 10 lede. Gaste is altyd baie welkom.
# Ons plaas maandeliks ’n berig in die plaaslike koerant.
Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 15:00 gewoonlik aan huis van Micky Badenhorst tensy anders geadverteer
| Datum | Boek | Skrywer |
| 23/1 | Vir die voëls | François Bloemhof |
| 24/2 | Net ’n mens | Alta Cloete |
| 27/3 | Pelgrimshoop | Ronel Nel |
| 24/4 | Op ’n dag, ’n hond | John Miles |
| 22/5 | Drieklawerblaar | Christine Barkhuizen-le Roux |
| 26/6 | Bo is dit stil | Gerbrand Bakker |
| 28/8 | Drie vroue en ’n meisie | Hans du Plessis |
| 25/9 | Die leliemoordenaar | Lerina Erasmus |
| 23/10 | 1795 | Dan Sleigh |
| 27/11 | Queen of the Free State | Jennifer Friedman |
|
Die boekpakkie wat hulle wen bevat die volgende boeke: Ys – Rudie van Rensburg Die boeke word deur NB-Uitgewers geskenk. |



Kommentaar
Laat weet bietjie wat Leeskringe volgende jaar bespreek.