Leeskringkompetisie: Rustenburg Leeskring as wenner aangewys

  • 1

LitNet het in Mei ’n ope uitnodiging aan leeskringe gerig om hul leeskring se inligting te verskaf en deel te word van ons netwerk van leeskringe in Suid-Afrika.

Uit die 78 leeskringe wie se inligting ontvang is, is die Rustenburg Leeskring deur middel van ’n gelukstrekking as die wenner aangewys. Hulle wen ’n boekpakkie wat deur NB-Uitgewers geskenk word.

Rustenburg Leeskring

Voor van links na regs: Laura van Vuuren, Sproetie van den Bergh, Lennard le Roux (spreker, Bo is dit stil deur Gerbrand Bakker) en Bettie Rossouw | Agter van links na regs: Elsie Baard, Bettina Terblance, Theresa Lodewyck en Micky Badenhorst


Kontak vir Micky Badenhorst by rustenburg.leeskring@litnet.co.za vir meer inligting oor die leeskring.

# Ons bestaan sedert 1974 toe die destydse burgemeestersvrou, Bets Hattingh, Audrey Blignault genooi het om raad te gee met die stigting van ’n leeskring.
# Tans 10 lede. Gaste is altyd baie welkom.
# Ons plaas maandeliks ’n berig in die plaaslike koerant.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 15:00 gewoonlik aan huis van Micky Badenhorst tensy anders geadverteer

Datum Boek Skrywer
23/1 Vir die voëls François Bloemhof
24/2 Net ’n mens Alta Cloete
27/3 Pelgrimshoop Ronel Nel
24/4 Op ’n dag, ’n hond John Miles
22/5 Drieklawerblaar Christine Barkhuizen-le Roux
26/6 Bo is dit stil Gerbrand Bakker
28/8 Drie vroue en ’n meisie Hans du Plessis
25/9 Die leliemoordenaar Lerina Erasmus
23/10 1795 Dan Sleigh
27/11 Queen of the Free State Jennifer Friedman

 

Die boekpakkie wat hulle wen bevat die volgende boeke:

Ys – Rudie van Rensburg
Die Dao van Daan van der Walt – Lodewyk C du Plessis
Die Afrikaners – Hermann Giliomee
Dors – Marinda van Zyl
Radbraak – Jolyn Phillips
Die ou vrou en die priester – Cecile Cilliers

Die boeke word deur NB-Uitgewers geskenk.

Lees ook:

Uitnodiging: Leeskringe in Suid-Afrika

Leeskringe in Suid-Afrika: 2018-jaarprogramme en -inligting

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top