Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Radbraak deur Jolyn Phillips: ’n resensie
2017-10-25“Radbraak is ’n uitstaande debuut, ’n bundel waarin suiwer poëtiese segginge onverpoos uit die afbraak van taal gemyn word.”
Op pad deur Dana Snyman: ’n lesersindruk
2017-10-24"Snyman se beskrywinge simboliseer toeganklikheid, nie net maar in die taal nie, maar ook in die karakters. Dit is dinge waarmee al die gewone mense kan assosieer, in ’n taal waarmee gewone mense kan assosieer."
Nou, hier deur Corné Coetzee: bekendstelling by die Foxwoodfees
2017-10-23Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Nou, hier op 1 November by die Foxwoodfees in Johannesburg, waar Corné Coetzee met Pieter de Vos in gesprek sal wees.
Boek & Koek: Tussen vriende deur Derick van der Walt
2017-10-23Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Tussen vriende op 22 November in Pretoria, waar Derick van der Walt met Ilse Salzwedel in gesprek sal wees.
Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs 2018
2017-10-23Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die vyfde toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs. Die beurs beloop R400 000. Aansoeke sluit Vrydag 17 November 2017.
Jan Smuts – van boerseun tot wêreldverhoog: ’n lesersindruk
2017-10-20"Smuts se lewe en loopbaan is nie een wat eenvoudig begrawe kan word op grond van sy rasbeleid nie; daarvoor is sy nalatenskap eenvoudig te groot. Jan Smuts: Van boerseun tot wêreldverhoog is daarom ’n mylpaal in die Suid-Afrikaanse historiografie."
Tussen vriende: ’n onderhoud met Derick van der Walt
2017-10-19"Ons mans is net so bekommerd oor ons kinders en ons ouers wat oud word soos oor die wel en wee van die Blou Bulle en die effektebeurs. En ja, ons praat baie oor alles. Hoekom ken julle ons so sleg?"
Glip deur die tonnel na nuwe wêrelde
2017-10-19Glip deur die tonnel en laai ’n RomanzaLiefde van LAPA op jou foon af. ’n Wonderland van lees wag op jou! As jy ouer as agtien is, skop jou skoene uit en skink die wyn wat ons daarmee saam aanbeveel.
Lig wankelend deur Gerard Scholtz: ’n FMR-resensie
2017-10-18"Lig wankelend is ’n aangrypende herinnering daaraan dat ons grootste wens vir ons kinders, en dus vir die toekoms, moet wees dat hulle nooit die vernietigende gevolge van ’n oorlog in die gesig hoef te staar nie."
Onderhoud met Shéri Brynard oor haar boek Shéri, nes ek is
2017-10-18"Selfs mense wat sogenaamd normaal is, is almal anders. My ma sê altyd ons pas nie almal in dieselfde boksie nie en dis oukei."
Boerekos met ’n twist deur Annelien Pienaar: ’n resensie
2017-10-18"Boerekos met ’n twist is ’n volledige handleiding vir enigiemand wat met ’n arsenaal van bekende gunstelinge wil onthaal, maar met ’n moderne baadjie aan."
Vat jou hele hart deur Elkarien Fourie: Vrystaatse bekendstelling
2017-10-17Jy word hartlik uitgenooi na die Vrystaatse bekendstelling van Vat jou hele hart op 20 Oktober in Bloemfontein, waar Elkarien Fourie met Maretha Maartens in gesprek sal wees.
Hartlam, kortverhale oor die liefde: ’n onderhoud met Deborah Steinmair en Gerda Taljaard
2017-10-17"Daar is ’n hele aantal verhale wat wel gaan oor romantiese liefde, maar beslis nie almal nie, want romantiese liefde is maar net een manier waarop die mens kan liefhê. Die liefde is sekerlik die mees genuanseerde menslike emosie, en liefde lê soms baie naby aan haat."
Die einde van die storie deur Santie van der Merwe: ’n resensie
2017-10-17"Haar bladsye lewer een na die ander waarheid op – dat mens altyd ’n keuse het, dat jy die kaptein van jou eie skip is. Die karakters se wroegings, hartseer en woede, onsekerheid en vertwyfeling is iets wat mens self as leser kan aanvoel – ons almal kan met baie van dié gevoelens of situasies identifiseer."
Alles begin met Anna deur Annemari Coetser: ’n resensie
2017-10-17"Dit behoort aanklank te vind by ’n wye lesersmark. Dit is soos Fees van die ongenooides – bedrieglik eenvoudig geskryf, sodat aanhangers van ligter boeke dit ook sal geniet. Tog het dit veel meer om die lyf as net ’n familiesage."
The fifth Mrs Brink, a memoir by Karina M Szczurek: a book review
2017-10-17"Karina Brink is now crafting a life as Karina Szczurek, author, lover of others, and who knows what else. André Brink’s presence will always be with her on her journey, just as his writing and his work will remain with an entire generation of readers."
Boek & Koek: Terreur in Kaboel deur Hannelie Groenewald
2017-10-17Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Terreur in Kaboel op 9 November in Pretoria, waar Hannelie Groenewald met Adriana Faling in gesprek sal wees.
Boereverneukers: ’n onderhoud met Izak du Plessis
2017-10-16"Hy is ’n veroordeelde moordenaar en hoewel daar nie bewyse is nie, word hy ook met ander mense se dood verbind. Ek dink ek sou bang wees vir Ralph Haynes. Maar mense wat hom geken het, sê hy kon jou begogel met sy sjarme."
Oorkant jou deur Juliana Coetzer: ’n lesersindruk
2017-10-13"Vir my moet enige verhaal waar sou kon wees om geloofwaardig te wees. Hierdie was veel meer as dit: dit was asof universele emosies en gedrag uit ’n bron van buite geneem is en op ’n vlak aangespreek is wat in ons almal se onbewuste teenwoordig is."
Wintersrust deur Joyce Kotzè: ’n resensie
2017-10-13"Dis sonder pretensies van literêre gloeiings. Dit probeer nie pedagogies inlig nie, maar dit getuig van goeie kennis van die betrokke historiese milieu en tydgees."
