Persverklaring: Inskrywings ingewag vir 2018 Jan Rabie-Rapportprys

  • 0

Uitgewers word genooi om boeke voor te lê vir die 2018 Jan Rabie-Rapportprys ter waarde van R125 000.

Die prys maak deel uit van die kykNET-Rapportpryse en word toegeken vir die beste debuut- of tweede prosawerk (roman, novelle of kortverhaalbundel) wat gedurende 2017 verskyn het. Die doel met die prys is om nuwe skrywers aan te spoor om Afrikaanse prosa van gehalte te lewer en om nuwe stemme met belofte te ondersteun.

  • Slegs boeke wat tussen 1 Januarie 2017 en 31 Desember 2017 verskyn het, kom in aanmerking vir die prys.
  • Boeke moet oorspronklik in Afrikaans geskryf wees en moet die skrywer se eie, oorspronklike werk wees. Geen vertalings of verwerkings word aanvaar nie.
  • Geen selfpublikasies word oorweeg nie.
  • Boeke wat slegs as e-boeke verskyn het, word aanvaar en moet in PDF-formaat verskaf word.
  • Die sperdatum vir inskrywings is Woensdag 2 Mei 2018.
  • Inskrywings, volledige riglyne en versendingsbesonderhede is beskikbaar by die koördineerder, Anita van Zyl.

Rig asseblief alle navrae aan Anita van Zyl by 083 709 6677 of anita@vanzylpr.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top