Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Donnay Torr

Liné Loff, Donnay Torr Skrywersonderhoude 2017-10-12

"Ek het nog altyd ’n 'proses' met die skep van enige projek, wat ook al dit is. Soos dinge spertyd toe beweeg, raak my lessenaar al hoe meer deurmekaar en bisar. Wanneer alles voltooi is, maak ek skoon."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Anton Döckel

Liné Loff, Anton Döckel Skrywersonderhoude 2017-10-12

"Kiaatlessenaar met vier laaie so vol soos ’n mossienes. Dis semi-art deco en vir ’n appel en ’n ei gekoop by ’n firma wat wou uitgooi en nuut oormaak. Op hom staan die laptop, drukker, papiere en ’n blik Doom."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Churchil Naudé

Liné Loff, Churchil Naudé Skrywersonderhoude 2017-10-12

"Ek het lank trug al geleer om nie te attached te raak met enige van my skryfdinge nie, want sodra dit uit is beteken dit vir mense whatever hulle besluit dit beteken. Dis soms swaar, maar dis beter so."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Annami Mailovich

Liné Loff, Annami Mailovich Skrywersonderhoude 2017-10-12

"’n Gedig is indrukke, stories en gesprek. Soms is dit gesprekke tussen vriende, familie en die kanon, ander dae is dit jou brein wat prentjies uitspoeg."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir die gepubliseerde digters

Liné Loff Skrywersonderhoude 2017-10-12

"Nuwe stemme 6 het pas by Tafelberg verskyn. Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé is die samestellers van dié bundel, ’n versameling van die beste verse van Afrikaans se opkomende digters."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Erentia Bedeker

Liné Loff, Erentia Bedeker Skrywersonderhoude 2017-10-11

"Alhoewel die dood altyd hartseer en seer is vir die een wat agterbly, is dit ook ’n viering van nuwe lewe, want ek glo mens leef voort in die Skepping: uit sterstof geskep, word ons atome weer deel van die natuur en die kosmos."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Mentje, kind van Pas-Opkamp deur Irma Joubert

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2017-10-11

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Mentje, kind van Pas-Opkamp deur Irma Joubert, aangebied deur Du Toitskloof Wyne. 

Aantekeninge teen die skemeruur deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2017-10-11

"Du Plessis se skryfwerk wemel van eietydse vraagstukke en karakters. Die heengaan van ikone soos David Bowie en Leonard Cohen. Die politiek. Die pynlike apartheidsverlede. En daarby ingemeng kom outobiografiese motiewe."

Uittogboek deur Johan Myburg: ’n resensie

Helize van Vuuren Resensies 2017-10-11

"Dis nie moeilik om in die idee van die dooie taal Latyn, indertyd nog lewende spreektaal, ’n parallel met die gevreesde lot van Afrikaans te lees nie."

In memoriam: Ryk Hattingh (26 Julie 1957 – 10 Oktober 2017)

LitNet In memoriam 2017-10-10

"Skrywer en vertaler Zirk van den Berg het NB-Uitgewers vanuit Nieu-Seeland ingelig oor Hattingh se afsterwe vanoggend, 10 Oktober 2017. Hy is oorlede aan ’n hartaanval. Hy laat sy vrou en drie kinders agter."

Oorlog en terpentyn deur Stefan Hertmans: ’n lesersindruk

Johan Schoeman Lesersindrukke 2017-10-10

"Hierdie teks is ’n persoonlike ervaring van waarde in ’n realiteit wat alte dikwels ’n gebrek aan betekenis, samehang en allerhande vorme van moderne korrektheid voorhuigel. Dit beskryf ’n tyd voordat alles ’n kommoditeit geword het; ’n handelswaarde gekry het."

Wellington-bekendstelling: Die wêreld van Charlie Oeng – 11 Oktober 2017

LitNet Jonathan Ball-portaal 2017-10-10

Die wêreld van Charlie Oeng word Woensdagaand by die Bôrdienghuis op Wellington bekendgestel.

Week van de Afrikaanse roman 2017: fotoblad deur Maurice Jörissen

Maurice Jörissen NeerlandiNet 2017-10-10

Die Week van de Afrikaanse roman 2017 het van 29 September tot 8 Oktober plaasgevind. Maurice Jörissen deel sy foto's van die Zuid-Afrikahuis en die restaurant Andries in Culemborg.

#WritingCrime: An exciting tri-continental literary event on twitter

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2017-10-10

Friends of #WritingCrime – please join us tonight, 10 October, for an exciting tri-continental literary event on Twitter. It will start at 19:00.

Week van de Afrikaanse roman 2017: video's en foto's (2)

Hanné Koster NeerlandiNet 2017-10-09

Die Week van de Afrikaanse roman 2017 het van 29 September tot 8 Oktober plaasgevind. Hanné Koster deel nog foto's en video's van geleenthede in Amsterdam, Den Haag, Culemborg en Utrecht.

Bekendstelling: Gister is verby deur Juanita Aggenbach

LitNet Boeke en skrywers 2017-10-06

Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Gister is verby op 28 Oktober in Stellenbosch, waar Juanita Aggenbach met Suzette Kotzé-Myburgh in gesprek sal wees.

Leeskringe in-en-om Pretoria:
2017-jaarprogramme

LitNet Leeskringe 2017-10-05

Stel jy belang in die boekbesprekings van leeskringe in die Pretoria-omgewing? Wil jy graag aansluit? Hier is al die inligting en jaarprogramme.

Jaco Jacobs: Both sides of zero se regte aan Oneworld verkoop

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2017-10-04

"LAPA is baie trots om aan te kondig dat Jaco Jacobs se boek Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word se wêreldwye Engelse regte pas verkoop is aan Oneworld, ’n uitgewery in Brittanje."

Alles begin met Anna deur Annemari Coetser: ’n lesersindruk deur Alta Cloete

Alta Cloete Lesersindrukke 2017-10-04

"Die grootste waarde van hierdie roman lê in die oopskryf van die lyding en psigiese ineenstorting van ’n enkeling en die langdurige uitwerking daarvan op haar nasate. Dis ’n tragiese verhaal, ja, maar dis eintlik verfrissend dat ’n stoere Boervrou in haar menslike swakheid uitgebeeld word."

Foto's en video's: kykNET-Rapport Boekpryse 2017

Naomi Bruwer Boeke en skrywers 2017-10-03

Die wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse – die grootste pryse van hul soort in Afrikaans – is op Saterdag 30 September 2017 in Kaapstad bekend gemaak.

Top