Boekgesprekke
Daniel Hugo, bekende digter en vertaler, en Eben Pienaar van NB Uitgewers het ’n propvol boekeprogram saamgestel. Feesgangers kan daagliks gesprekke met skrywers in verskeie genres oor hul jongste publikasies by die ATKV-Boeke-oase bywoon. Kom luister na die kreatiewe denkers en kom meer te wete van hul prosesse.
Klik hier vir die KKNK se feesgids.
Jeugliteratuur in vertaling
Met Kobus Geldenhuys, Maritha Snyman en Daniel Hugo (gesprekleier)
Waar het Harry Potter en Kuifie geleer om Afrikaans te praat? Kobus Geldenhuys en Maritha Snyman vertel vir Daniel Hugo van die plesiere en uitdagings wat die vertaal van jeugboeke bied.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
29 Maart 10:30
Die lang man sonder skaduwee
Met Antoinette Pienaar, Johannes Willemse en Daniel Hugo (gesprekleier)
Antoinette Pienaar werk reeds sewentien jaar saam met oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-medisyneman. Haar jongste boek bevat liriese beskrywings van die lewe in die Karoo en unieke inligting oor alternatiewe genesing.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
29 Maart 14:00
Misdaadskrywers
Met Chris Marnewick, Rudie van Rensburg, Irna van Zyl en Johannes de Villiers (gesprekleier)
Daar is ’n opbloei van misdaadverhale wêreldwyd asook in Suid-Afrika. Chris Marnewick (Redelike twyfel), Rudie van Rensburg (Ys) en Irna van Zyl (Gifbeker) gesels oor hierdie interessante verskynsel met Johannes de Villiers.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
30 Maart 10:30
Die De Zalze-moorde
Met Julian Jansen en Ivor Price (gesprekleier)
Kan dwelms, jaloesie en geld ’n normale twintigjarige daartoe dryf om byna sy hele gesin met ’n byl uit te wis? Ivor Price praat met Julian Jansen oor die opspraakwekkende bylmoorde op die Van Breda’s van Stellenbosch.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
30 Maart 12:00
Kalmte in die malle gejaag
Met Johannes de Villiers en Daniel Hugo (gesprekleier)
Wat beteken dit om bewustelik of “mindful” te leef? Johannes de Villiers het die antwoord gevind en praat met Daniel Hugo daaroor.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
30 Maart 14:00
Boerekos met ’n twist – Kosdemonstrasie deur Annelien Pienaar
Met Annelien Pienaar
In Boerekos met ’n twist herontmoet jy jou ma, ouma en oumagrootjie se voedsame, vertroostende huiskos, maar met ’n kwyllekker kinkel. Elkeen van dié 140 familieresepte vir enigiets van soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte tot gebak en spenstreffers is deeglik getoets en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat Annelien Pienaar se gelyknamige blog en Facebookblad so ’n ongekende sosialemediasukses maak.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
30 Maart 15:30
El Negro en ek
Met Frank Westerman en Daniel Hugo (gesprekleier)
In Spanje het daar ’n eeu lank ’n opgestopte man uit Suid-Afrika in ’n Spaanse museum gestaan. Hoe het hy daar beland en wat vertel dit ons van die 19de-eeuse wetenskaplike beskouings van mens en dier? Frank Westerman se uiters boeiende boek is deur Daniel Hugo in Afrikaans vetaal. Westerman kom spesiaal uit Nederland om met Hugo te gesels.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
31 Maart 10:30
Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede)
Met André le Roux
Wat is dit met vrouens en alewig inkopies doen? En hoekom wil mans nooit dokter toe gaan nie? SARIE en André le Roux lag saam oor die hemelsbreë verskille tussen mans en vroue.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
31 Maart 12:00
Dwarsklap: skakerings van swart in die nuwe Suid-Afrika
Met Piet Matipa en Daniel Hugo (gesprekleier)
Piet Matipa is jonk, swart, gay en Afrikaans. In hierdie boek laat hy die donkerte van Suid-Afrika in ligte skakerings flonker. Hy is in gesprek met Daniel Hugo.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
31 Maart 14:00
Rian – 16 Dinge wat ek nie moes sê nie
Met Rian van Heerden en Martelize Brink (gesprekleier)
Martelize Brink gesels met die dikwels omstrede Rian van Heerden oor die dinge wat ander mense meen hy eerder nie moes gesê het nie ...
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
31 Maart 15:30
Joernaliste en die president
Met Adriaan Basson en Ivor Price (gesprekleier)
Kan joernaliste ’n korrupte regering op sy pad van verwoesting stuit? Adriaan Basson die boek Enemy of the People in gesprek met Ivor Price.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
1 April 10:30
Hykie Berg – My storie van hoop
Met Hykie Berg en Johan van Lill (gesprekleier)
Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Johan van Lill gesels met die bekende akteur en Survivor-wenner oor sy jare lange stryd met dwelms.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
1 April 12:00
Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste
Met André le Roux en Daniel Hugo (gesprekleier)
Jy’t vandag verby minstens een psigopaat geloop. En vanaand wag daar dalk ’n narsis of sadis vir jou by die huis. André le Roux in gesprek met Daniel Hugo oor sy deeglik nagevorsde en onderhoudende boek.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
1 April 14:00
Martelize kook! Jy’s genooi – Kosdemonstrasie deur Martelize Brink
Met Martelize Brink
Die versameling resepte strek van brode, happies, seekos en watertandhoofdisse met vleis, wild en hoender, tot by die maaltye wat sy graag na ’n lang werksdag in haar warm kombuis geniet.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
1 April 15:30
Waarom en hoe toonset ek ’n gedig?
Met Hendrik Hofmeyr, Laurinda Hofmeyr en Daniel Hugo (gespreleier)
Twee Hofmeyrs het naam gemaak as toonsetters van Afrikaanse verse. Hendrik Hofmeyr en Laurinda Hofmeyr in gesprek met Daniel Hugo.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
2 April 10:30
30-minute-resepte, wenke en wyshede – Kosdemonstrasie deur Herman Lensing
Hierdie boek bou op dié tema met die smullekker kos waarvoor Herman bekend is, en met verskeie dinge wat hy in sy 30 jaar geleer het. Daar is 30-minute-resepte, 30 dinge wat jy van wyn moet weet, en kombuiswenke wat jou lewe sal verander – en ook 30 goeie gewoontes, dinge wat sy ma hom nooit vertel het nie, maniere om gesond te bly en meer.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
2 April 12:00
Ingrid Jonker die onsterflike
Met Petrovna Metelerkamp en Daniel Hugo (gesprekleier)
Daar is al baie bespiegel oor Ingrid Jonker se lewe en tragiese dood. ’n Hele paar raaisels word opgelos in die eerste omvattende biografie van hierdie ikoniese figuur in die Suid-Afrikaanse letterkunde. Biograaf Petrovna Metelerkamp in gesprek met Daniel Hugo.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
2 April 14:00
Ek & Jy – Verhoudings wat werk
Met Lise Swart en Louis Awerbuck
In Ek & Jy – Verhoudings wat werk kyk die outeurs Lisa Swart en Louis Awerbuck nugter na verhoudings in hedendaagse tye: die ontstaan, verwagtinge, onderskeid tussen korttermyn- en langtermynverhoudings, voorwaardes vir suksesvolle verhoudings, konflikhantering en die rol van temperament. ’n Handleiding vir nuwe en bestaande verhoudings asook kollegas.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
2 April 15:30
Drama en gemeenskap
Met Pieter Fourie, Amee Lekas en Marthinus Basson (gesprekleier)
Bekroonde dramaturg Pieter Fourie en beginner Amee Lekas in gesprek met Marthinus Basson oor die invloed wat teater op ’n verskeurde samelewing kan hê.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
3 April 10:30
Aantekeninge teen die skemeruur
Met Clinton V du Plessis en Daniel Hugo (gesprekleier)
Clinton V du Plessis het hom nog altyd doelbewus buite die hoofstroom van die Afrikaanse letterkunde gehou. Dié alleenloper-digter waag dit nou vir die eerste keer om die kollig te betree. Hy gesels met Daniel Hugo oor sy nuwe digbundel.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
3 April 14:00
The President’s Keepers
Met Jacques Pauw en Ivor Price
Ondersoekende joernalis Jacques Pauw ontbloot in hierdie topverkoper-boek die donkerste geheim in die hart van Jacob Zuma se regering. Hy gesels met Ivor Price oor diegene wat Zuma in mag én uit die tronk hou.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
3 April 15:30
Veteraan van die woord
Met Pieter Fourie en Daniel Hugo (gesprekleier)
Pieter Fourie het die literêre wêreld verlede jaar verras met sy debuut as digter op 77-jarige ouderdom. Hy praat met Daniel Hugo oor sy tweede, ewe opwindende bundel Bidsnoer wat sopas verskyn het.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
4 April 10:30
Vaarwel en Koebaai
Met Pieter Fourie, Jolyn Phillips, Clinton V du Plessis en Daniel Hugo
Ons sluit die skrywersprogram op ’n hoë noot af met ’n ensemble digters. Voorlesings uit hulle nuwe werk deur Pieter Fourie, Jolyn Phillips, Clinton V du Plessis en Daniel Hugo.
Afrikaans • Gesin
Gratis | 60 min | Netwerk24 Feeskafee
4 April 14:00