Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Wenners van Media24-boekpryse vir 2017 bekend

LitNet Boeke en skrywers 2017-06-22

"Die wenners van die Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2017 is vanaand (Donderdag, 22 Junie 2017) in Kaapstad bekend gemaak." Hier is die wenners. Kyk na kort videos van die geleentheid.

Video: Antjie Krog se toespraak by die ontvangs van die Hertzogprys 2017

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-06-22

Antjie Krog het op Woensdag 22 Junie die Hertzogprys vir poësie by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Stellenbosch-bekroningsgeleentheid in ontvangs geneem. Die prys is toegeken vir haar bundel Mede-wete. Hier is 'n video van haar toespraak.

Word ’n boekfluisteraar

Izak de Vries ATKV-Portaal 2017-06-20

"My terugvoering aan die skool was dat ek besef het dat al die bibliotekarisse wat as sprekers opgetree het, die woorde 'veilige hawe' gebruik het!"

Op die spoor van, saamgestel deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Suzette Myburgh Resensies 2017-06-20

Op die spoor van is nommerpas vir speurstorievrate, maar behoort ook in die smaak te val van alle liefhebbers van die kortverhaal.”

The historical Overberg deur Chris Schoeman: ’n resensie

Marié Heese Resensies 2017-06-20

"So aanloklik laat hy die omgewing lyk dat ek summier besluit het om ’n toer te beplan wat verskeie oorstaanplekke aandoen: sommiges welbekend en sommiges minder bekend."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Rooi haring deur Schalk Schoombie

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2017-06-19

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke. Lees ’n gedeelte uit Rooi haring deur Schalk Schoombie, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Die jeugboek Anna Atoom, wetenskapfiksie en omgewingsgesprekke

Estelle Kruger, Henriëtte Loubser Kinderboeke 2017-06-15

"Niks verhoed ... die wetenskaponderwyser om fiksietekste soos die Anna Atoom-reeks, met die talle feiteblokke, in die klaskamer in te span nie."

Video en foto's: Bekendstelling van Op die spoor van

Naomi Bruwer Jonathan Ball-portaal 2017-06-15

Die kortverhaalbundel Op die spoor van is Saterdag in Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Hierdie bundel, saamgestel deur Rudie van Rensburg, is 'n versameling speurverhale en van Suid-Afrika se grootste misdaadskrywers se verhale is daarin opgeneem.

Karel Schoeman (1939–2017): Huldigingsgeleentheid

Johann Rossouw In memoriam 2017-06-15

Op 11 Mei 2017 was daar ’n huldigingsgeleentheid vir Karel Schoeman (1939–2017) in Bloemfontein. Hier is ’n klankopname van Johann Rossouw van die Departement Filosofie by die Universiteit van die Vrystaat se huldeblyk.

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Jaco Barnard-Naudé Resensies 2017-06-15

"Die derde spoel sal nie by almal byval vind nie. Dit is egter ongetwyfeld ’n boek wat lesers gaan laat regop sit, wat selfs slapelose nagte gaan veroorsaak."

Apartheid: Britain's bastard child, an interview with Hélène Opperman Lewis

Herman Lategan, Hélène Opperman Lewis Books and writers 2017-06-13

"Before answering, let’s clarify the thorny issue of racism first. And let’s be clear – white racism arrived with the arrival of all Europeans in southern Africa. It’s not something that suddenly surfaced in 1948! And it certainly is not something peculiar to southern Africa only!"

Fatima Meer: Albie Sachs's impressions and Winnie Mandela's foreword

Albie Sachs Books and writers 2017-06-13

"The personal and the political are woven inextricably into each other by her life and in her prose."

Per ongeluk deur Lloyd Zandberg: ’n onderhoud

Liné Loff, Lloyd Zandberg Skrywersonderhoude 2017-06-12

"Ek skryf net sodat mense nie skaam hoef te voel oor goed wat met hulle gebeur nie. Ons is almal eintlik maar net tydelike bewoners van ’n planeet wat ons nog nie lekker verstaan nie."

Oewerkonyn: ’n Onderhoud met Louisa Punt-Fouché

Louisa Punt-Fouché, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-06-12

"Die oewerkonyn is ’n skugter dier ... Hulle is ongelooflik mooi, met buitengewoon lang ore. Hulle was altyd die trots van die Karoo. Hulle speel ’n baie belangrike rol in die bewaring van die droë rivierlope en die bestuur van water in die Karoo."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Elders deur Erns Grundling

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2017-06-12

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke. Lees ’n hoofstuk uit Elders deur Erns Grundling, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Paaie van hoop deur Nadia Beukes: ’n onderhoud

Liné Loff, Nadia Beukes Skrywersonderhoude 2017-06-09

"Ek het al geleer om vir myself oomblikke van hartseer of kwaad of teleurstelling te gun, sodat ek dit kan probeer verwerk en verstaan en vroeër eerder as later kan opstaan en aangaan, hopelik met ’n les wat ek uit daardie ervaring geleer het."

Uit die argief: ’n Nuwe, kommerwekkende poging om Suid-Afrikaanse kopiereg te hervorm

Catrina Wessels, PEN Afrikaans Kopiereg-wetsontwerp 2017-06-08

Die hersiene weergawe van die wetsontwerp wat veranderinge aan die Wet op Outeursreg voorstel, is op 16 Mei 2017 by die parlement ingedien. Indien hierdie wet aanvaar word, kan dit verreikende negatiewe gevolge vir skrywers en uitgewers hê.

Uittogboek deur Johan Myburg: bekendstelling

LitNet Boeke en skrywers 2017-06-08

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van die digbundel Uittogboek deur Johan Myburg op 20 Junie, waar hy met Bibi Slippers in gesprek sal wees.

Inskrywings ingewag vir kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar 2017

LitNet Boeke en skrywers 2017-06-08

"Met dié pryse, wat verlede jaar vir die eerste keer toegeken is, word erkenning gegee aan Afrikaanse resensente wat boeke en die leesgenot van boekliefhebbers bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke vir die breë Suid-Afrikaanse publiek toeganklik te maak."

Die naamlose deur Mariël le Roux: ’n resensie

Jo-Riëtte Jacobs Resensies 2017-06-08

"In die geheel bly Die naamlose egter ’n roman wat jy nie onaangeraak op die boekrak sal terugsit nie. Hiervoor sorg die fassinerende intrige, die gepersonifieerde outentieke milieu en skerpsinnige fokalisasiekeuses."

Top