Een interview met Dan Sleigh over Eilande

  • 2

Dan Sleigh (Foto: Naomi Bruwer)

 

Kaapstad, november 2017

Literatuur en films lijken in toenemende mate de grens tussen feit en fictie te thematiseren. In de aftiteling van films verschijnen steeds vaker framende teksten als “Gebaseerd op feiten”, of ”Geïnspireerd door ware geschiedenis”. Krotoa (2016), de film over het gelijknamige Khoisan-kindbediendemeisje van Jan van Riebeeck, heeft bijvoorbeeld de discussie over hergebruik van de geschiedenis in een nieuw verhaal weer doen losbarsten. Een soortgelijk proces is zichtbaar bij romans.

De roman Eilande (2002) (in 2005 vertaald als Stemmen uit zee) beschrijft de eerste jaren van de Hollandse nederzetting aan de Kaap. Auteur Dan Sleigh koos zeven decennia om in zeven hoofdstukken bij monde van zeven personages hun verhaal over de vroege Kaap te vertellen. Sleigh, historicus en voormalig redakteur van TANAP, een project dat ten doel had VOC-documentatie te digitaliseren, is inmiddels 80 jaar. In zijn huis in Pinelands, een lommerrijke wijk van Kaapstad, blikte ik met hem terug op zijn boek, de Kaapse geschiedenis en de grens tussen feit en fictie.

 

Eilande was de eerste van de vier grote, bekroonde romans die u sinds uw pensioen heeft geschreven. Wat is de achtergrond hiervan?

Ek was ’n historikus en ’n redakteur by die Kaapse argiefbewaarplek. Die meerderheid van mense wat historiese navorsing kom doen, probeer feite agterkom; hulle wil die waarheid ontdek. Toe sien ek daar is eintlik net stemme uit die verlede. Ek het begin belangstel in die effek van verskillende perspektiewe op wat gebeur het. Dit is hoekom die boek se titel Eilande is. Soos ek in die boek skryf: “Daar is geen geskiedenis nie, anders as die ontleding en vertolking van dokumente, ’n soektog na oorlewendes in eindelose ruimte.” Mense is eilande in die see van die geskiedenis. Daar is nie bloot een perspektief of een geskiedenis nie.

U schrijft in het voorwoord over de zeven vertellers: “Ons was soldate, ’n beeswagter, matrose, ’n klerk, mense met min emosie in ons woordeskat en bitter, bitter min emosie in ons lewens”. De klerk is Johannes Gulielmus de Grevenbroek, secretaris van de politieke raad van de Kaap. Het laatste hoofdstuk is geschreven vanuit zijn perspectief. Wat heeft u op hem doen besluiten?

Al die afskrifte van die Politieke Raad se vergaderinge, korrespondensie en geheimbriewe tussen 1684 en 1695 is deur Grevenbroek geskryf en onderteken; hy het dus definitief ’n baie diepgaande kennis van die Kaap gehad. Ons weet egter maar bitter min van Grevenbroek as persoon. Hy was ’n sekretaris, en sekretarisse praat nie self nie. Gelukkig het hy na sy aftrede ’n lang brief oor die Kaapse inboorlinge geskryf, oor die “Hottentotte”, soos hulle hulle genoem het. Die brief is baie provoserend en persoonlik. Grevenbroek het nie saamgestem met die uitbuiting van die Koina en Sonqua deur sommige van die Hollandse goewerneurs nie. Die brief wys ons ietsie van sy persoonlikheid. Ek het gevoel dat dit interessant sou wees om Grevenbroek as een van die vertellers te gebruik.

U heeft waarschijnlijk meer tijd bij Grevenbroek in de Kaapse archieven doorgebracht dan wie dan ook. Wat is uw indruk van Grevenbroek?

Hy was ’n Hollander wat in Leiden grootgeword het. Ons weet dat hy in 1684 na die Kaap toe gekom het, en dat hy iewers tussen 1725 en 1727 naby Stellenbosch gesterwe het. Dit is die gegewens uit die argiewe. Vir die persoonlike inhoud is ons afhanklik van sy brief oor die Koina en Sonqua. Hy skryf daar byvoorbeeld dat die Stellenbossers “monsters” is. Hoewel hulle maar eenvoudige boere was, is dit nie wat ’n Christen sê nie. Hy  wou ook nie ’n graf in die kerk se begraafplaas hê nie. Terselfdertyd gaan slaap hy in die kerk om hom te beskerm om die klok te lui as die rivier sy walle oorstroom, as die Kaapse storm oor die dorp jaag, en gee hy om vir die samelewing. Sy kennis van die Latynse en Griekse letterkunde is merkwaardig; hy het byna weggekruip in die antieke wêreld. Hy het definitief ’n ander waardestelsel gehad as die Stellenbossers. My indruk is dat Grevenbroek ’n eensame intellektueel was wat baie bitter gevoel het oor die intellek van die mense wat hom omring het en die korrupsie van die administrasie.

Is uw vriendschap met Grevenbroek tijdens en na het schrijven veranderd?

My vriendskap met Grevenbroek het nie rêrig verander nie. Hy is ’n unieke man, in die opsig dat die omvang en diepte van sy werk uniek is. Daar is later skrywers soos Valentyn (1666–1727) wat ook positiewer skryf oor die Koina en Sonqua as die gemiddelde Europeër, maar nie soos Grevenbroek nie. Kom ons kyk in die boek:

Wat De Grevenbroek geïnteresseer het, was die vraag: Daardie inboorlinge wat uit hierdie waterryke oewerweiding verdryf is, wat het van hulle geword? Hoe meer hy oor hulle gelees het, hoe meer wou hy oor hulle lot weet. Die antwoorde, vir hom as ’n nuwe Kapenaar, was uiters interessant. Dit wou voorkom asof die Kompanjie hulle opsetlik aan drank en tabak verslaaf gemaak het om hulle beeste goedkoop in die hande te kry. Die beeste was nodig vir landbou en vervoer. Valentyn, die predikant, het reeds een en ander daaroor gepubliseer. Hy, De Grevenbroek, sou dit ook doen; miskien was hy tog hier in die beste posisie om ’n bydrae tot die menslike kennis, tot die rekord, te maak. (702)

U schrijft: “Stellenbosch is ’n dom en blinde dorp, en daar is min hoop dat dit sal verander”. (688) Wat denkt u dat Grevenbroek het meest gegriefd heeft over het leven in de vroege Kaapkolonie?

My vernaamste belangstelling was die haat en wroeging jeens die goewerneurs Simon van der Stel (1679–1691) en sy seun, Willem-Adriaan (1691–1707). Hulle was groot diewe. Willem-Adriaan het die buitepos Hottentots-Holland, naby Stellenbosch, eenvoudig geskrap uit die kompanjie se boeke en dit vir homself gevat. Hy het groot eie besittings gehad en die Kompanjie se slawe gebruik om die buitepos te omskep in een van die grootste plase in die Kaap, hoewel albei sake verbode was vir ’n goewerneur.

U schrijft daarover in het boek: ‘“Dit is waarom die geskiedenis hom moet herhaal,” het die boer Tas op ’n keer gesê, “want die dom donders wil nie leer nie.”’

Presies. As ek nie uit die argiewe geweet het van ’n buitepos op Lourensrivier in die Hottentots-Holland nie, sou ek nie vermoed het so iets het daar bestaan nie. Die geslag wat dit geweet het, is uitgesterf. Sekretaris De Grevenbroek was verontreg deur daardie twee here, en het gegrief gevoel. Let wel: hy was nie deur hulle beledig nie – hy het immers geen eer of faam verloor nie (691). Tussen die Stellenbosse boere was hy ’n intellektueel wat hom bekommer het oor onreg en etiese oorwegings. Hy gee ’n unieke perspektief op die Kaap, en op geskiedenis en die mens in die algemeen.

Was er buiten Grevenbroek enig historisch bewustzijn in de kolonie?

Ek glo die lêers en verslae van de Kaapse Raad was bloot ’n vereiste van die VOC in Amsterdam, en nie noodwendig ’n bewys van historiese bewussyn nie. Die Kasteel het boodskappers gehad wat die ervarings van die mense moes gaan dokumenteer. Daar was dus ’n historiese bewussyn, maar daar is min skriftelike bewys daarvoor.

Heeft u achteraf spijt van iets wat u misschien vindt dat u te sterk geïnterpreteerd heeft, of te zeer gefictionaliseerd?

Nee, glad nie. Tagtig persent van die boek is feite. “Waar ek die feitelike gegewens verander het, was dit ter wille van die leser, en die besluit was my eie,” het ek geskryf. Dit is nog so. Daar is altyd sekere kernmomente wat mens moet uitdink, omdat daar nie bewyse voor is nie. Ons weet byvoorbeeld nie hoekom Grevenbroek die Kaap kortliks verlaat het om later weer terug te kom nie. Grevenbroek se brief oor die Koina en Sonqua is byna poëties waar dit oor die Kaapse flora handel. Ek het dus maar besluit dat hy met Van Reede saamgekom het vanweë sy botaniese belangstelling – en natuurlik die salaris.

Hoe past uw boek binnen de bestaande VOC-geschiedenissen? Veel is toch erg goed gedocumenteerd in de koloniale admininstratie.

In my navorsingsboek Buiteposte skryf ek dat die VOC twee eeue lank die pilaar van die Verenigde Provinsies van die Vrye Nederlanders was. Daar was ’n spreekwoord: “De Caab verlooren, de Kompagnie verlooren.” Elkeen kon dit soos ’n kinderrympie opsê: die sleutel tot Nederland se ekonomie was die Kompanjie, die sleutel tot die Kompanjie se sukses was die besit van Oos-Indië, die sleutel tot Oos-Indië was die Kaapse verversingstasie. Ek skryf in die boek: “Dekades later het hy [Grevenbroek] self uitgevind wat in daardie wankelrige kaartehuis nog ontbreek het, dat die sleutel tot die Kaapse verversingstasie sy buiteposte is. En selfs dié kennis was nie volledig nie. Die buiteposte was lewende mense.” Dit is ook die verhaal van my eie ontdekkingsreis. Toe ek begin skryf het, probeer ek nog die waarheid van die geskiedenis agterkom. Eers later het dit deurgedring dat ek meer belangstel in Grevenbroek se perspektief. Of dalk was dit omdat ek gevoel het dat daar nie rêrig ’n ander moontlikheid vir my was nie. Ag, op die ou end is Eilande maar net my indruk van Grevenbroek se storie oor die Kaap.

Eilande is vertaald in het Nederlands en Engels, en later apart voor de Amerikaanse markt, en het is meermalen bekroond in binnen- en buitenland. Wat kunt u zeggen over de belangstelling voor het boek?

Daar is in Suid-Afrika meer skrywers as lesers, of byna net soveel. Dit is nie ’n gesonde situasie nie. Die uitgewerye bestaan, maar hulle floreer nie. Ek dink die boek het oorsee meer impak gehad. Daar is ook ’n ander geskiedenis en politieke klimaat, wat dalk mag verklaar hoekom die boek daar baie goed ontvang is. André Brink het die Engelse vertaling gedoen, en toe kom daar nog ’n ekstra Amerikaanse vertaling, wat trouens nogal meer vloekwoorde in het. Maar dit is rêrig ’n mooi uitgawe; die boek voel luuks en outyds. Die oorsese resensente was baie positief. Stef Bos het vanjaar nog ses kopieë gevra.

Kunnen we nog meer romans van u verwachten?

Ek gaan nie nog romans skryf nie – ek is klaar met hulle – maar ek sal aanhou geskiedenis skryf. Ek doen nou navorsing op Bokbaai, ’n ou plaas op die Weskus. Die Engelse het daar kalk gewin. Die Groenpunt-vuurtoring en die regering se Tuinhuis en die nuwe Slawehuis is almal van Bokbaaikalk gebou. Die Hollanders het eerder skulpe van Robbeneiland gebruik, maar dié het opgeraak en toe is daar twee oonde op Bokbaai gebou, wat in die Engelse tyd gefunksioneer het. Die Hollandse skip Rygersdael is daar gestrand, en 50 matrose is by die riviermond begrawe. Dit is meer ’n argeologiese geskiedenis – ek het besluit ek gaan nie ’n roman daaroor skryf nie. Ek hoop net ek sal die navorsing nog by lewe en gesondheid kan klaarmaak!

Eilande
Dan Sleigh
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624041184

  • 2

Kommentaar

  • Ek deel Sleigh se belangstelling in en bewondering vir Grevenboek. As ek reg onthou het G ook 'n woordelys van Khoi/Nederlands opgestel waarvan helaas geen eksemplare bewaar gebly het nie.

  • Ferdie le Roux

    Tog jammer dat Sleigh nie ‘n vervolg op sy boek 1795 skryf nie. 1795 het die vae geskiedenis van die eerste Engelse besetting van die Kaap as ‘n lewende werklikheid voorgestel en daardeur die leser in staat gestel om die tydperk intiem meelewend te ervaar. Iets soortgelyks oor die tydperk daarna met die tweede en permanente besetting deur Engeland (en hoe die plaaslike bevolking daarop ingestel was) sou baie welkom wees.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top